SA veroordeel skietdood van 17 Palestyne

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Die Suid-Afrikaanse regering het die dood van minstens 17 Palestynse burgers veroordeel en dit beskryf as die “jongste daad van gewelddadige aggressie wat deur Israeliese gewapende magte in Gaza uitgevoer is”.

“Suid-Afrika herhaal sy standpunt dat die Israeliese weermag uit die Gaza-strook moet onttrek en ʼn einde bring aan die geweld en vernietigende invalle in Palestynse gebiede,” het Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Woensdag gesê.

Sy het ook die standpunt herhaal dat verdere geweld in die Gaza-strook in die pad sal staan om Palestynse instellings en infrastrukture te herbou.

“Die optrede van die Israeliese magte is net nog ʼn versperring in die pad om ʼn permanente oplossing vir die konflik te vind. Die twee state, Palestinië en Israel, moet sy-aan-sy en in vrede kan bestaan.”

Sisulu het gesê Suid-Afrika ondersteun lede van die Verenigde Nasies wat ʼn onafhanklike ondersoek na die skietvoorval aanvra met die doel om diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aanspreeklik te hou.

Duisende Palestyne het Vrydag na die grens tussen die oostelike gedeelte van die Gaza-strook en Israel opgeruk en daarmee die eerste in ʼn reeks van ses week lange beplande protesaksies begin. Minstens 17 betogers is glo op die grens deur Israeliese magte doodgeskiet en meer as 1 400 mense is beseer. Die Israeliese weermag het gesê onluste het in verskeie plekke uitgebreek.

Vrydag se protesaksie was deel van die jaarlikse “Land Day” of “The Great March of Return” wat in 1976 ʼn aanvang geneem het om te betoog teen die Israeliese besetting van Palestynse grond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ray

Veroordeel eerder die duisende boere wat vermoor is deur deudniet moordenaars.

Michael Barnard

Sy is meer gepla wat in anderlande aan gaan as haar eie land waar boere vermoor word.

Gemaskerde Sopbeen

Dis walglik om die minste te sê hoe Lindiwe die skietdood van 17 Isreali burgers “veroordeel”………maar nie ‘n word uiter oor honderde boere wat in Suid Afrika ook ‘n skietdood gesterf het nie? Waarom nie? Toemaar……….ons weet!!

Lana

Sisulu, los die Gaza-strook uit. Hier is nie vrede in jou eie land nie!!
Dis verregaande om die dood van Palistyne te veroordeel, maar jy’s “blind” vir die moord op blanke boere in jou eie land!!

ontnugter

Wat gan sa vee eers sy eie stoepie skoon voor hy ander lande wil teregwys. sisulu wanneer veroordeel jy die moorde in jou eie land?