SA verskerp ebola-skandering

Ebola-virus

Ebola-virus

Suid-Afrika het sy pogings verskerp om te verseker dat toeriste wat moontlik met die ebolavirus besmet is, verhoed sal word om die land binne te kom.

Jeff Radebe, minister van die presidensie, het die media by die parlement in Kaapstad toegespreek ná die kabinet se tweeweeklikse vergadering. Hy het die boodskap aan die media herhaal dat die regering alle nodige maatreëls in plek gestel het om die verspreiding van die siekte, wat tot dusver nagenoeg 5 000 mense se lewens in Wes-Afrika geëis het, te verhoed.

“Waarneming by alle plekke van aankoms is verskerp om moontlike ebolagevalle te identifiseer,” het Radebe gesê.

Volgens hom het die regering ʼn nasionale taakspan saamgestel indien ebola in die land sou uitbreek, en hy het bevestig 11 hospitale is op bystand as ebola-behandelingsentrums.

Klik hier om vorige berigte oor ebola te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Die gesondheids dienste kan probeer keer maar dit word bevraagteken. Hierdie mense van Wes- afrika is baie meer mobiel as wat besef word. Hul maak die minste gebruik van lugvaard. Met taxies en oorvol lorrievragte beweeg hulle oral. Ryloop die wereld vol. Veral na suid, en SA waar daar reeds oorbevolking is. Eers as hul in Namibie is, is dit maklik. Maklik beweeg hul deur grensposte sonder kontrole. Solank jy swart is, is jy n Afrika – burger. Instromings beheer is so goed as opgehef En SA se gesondheidsdienste is benede standaard. As mense in USA besmet kan raak hoeveel te meer nie hier nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.