SA verskyn voor Strafhof

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Verteenwoordigers van Suid-Afrika moes vandag voor die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland, verskyn.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê hulle moes verduidelik waarom die regering in Junie 2015 nie sy verpligting teenoor dié hof nagekom het deur Omar al-Basjir, omstrede Soedannese president, tydens sy besoek aan die land in hegtenis te neem nie.

“Kragtens die Statuut van Rome – waarvan Suid-Afrika ’n ondertekenaar is – hou die hof Suid-Afrika verantwoordelik vir die feit dat Al-Basjir toegelaat is om die land op 15 Junie 2015 ongehinderd te verlaat en dus steeds nie aanspreeklik gehou kan word vir die menseregteskendings waarvan hy beskuldig word nie,” het Bailey gesê.

Prof. Dire Tladi het namens die Suid-Afrikaanse regering aangevoer dat die Statuut van Rome geen verpligting op enige regering plaas om die immuniteit van ’n dienende staatshoof wat nie ’n ondertekenaar van die Statuut is, te skend deur hom in hegtenis te neem nie.

Hy het ook bygevoeg dat Al-Basjir nie alleen vir menseregteskendings verantwoordbaar gehou mag word nie. Hy het egter ontken dat Suid-Afrika se besluit oor ’n positiewe verhouding met Al-Basjir gegaan het – volgens hom was dit ’n objektiewe beginselbesluit sonder inagneming van die individu.

“Selfs al sou die hof bevind dat Suid-Afrika wel ’n verpligting oortree het, is dit nog geen rede om Suid-Afrika vir optrede na die VN se veiligheidsraad te verwys nie, het Tladi aangevoer. Hy het ook die belangrike rol beklemtoon wat Suid-Afrika in vredesoperasies in Afrika speel,” het Bailey gesê.

Volgens Bailey is die invalshoek van die regering geen verrassing nie, maar spreek dit wel van ’n gebrek aan respek vir die oppergesag van die reg en die kultuur van nie-aanspreeklikheid wat owerheidstrukture in Suid-Afrika toenemend kenmerk. “Argumente oor onduidelikheid van regsaspekte moes vroeër met die hof uitgeklaar gewees het – dit kan nie nou as skuiwergate gebruik word om die land se optrede in 2015 te verskoon nie,” sê sy.

“As ’n staatshoof nie vir sy regering se optrede verantwoordbaar gehou kan word nie, wie kan dan? Dit beteken nie dat hy alleen verantwoordbaar hoef te wees nie – in ’n verhoor kom skuld en die rol van ander aanspreeklikes wel ter sprake. Deur die Suid-Afrikaanse regering se weiering om Al-Basjir in hegtenis te neem en aan die Internasionale Strafhof uit te lewer, is sowel Al-Basjir as diegene wie se menseregte so ingrypend geskend is nou van ’n geleentheid tot geregtigheid ontneem.

“AfriForum hou die verdere verloop van die saak dop en hoop dat die slagoffers wel deur die gebeure van vandag nader aan afsluiting sal kom en die Suid-Afrikaanse regering herinner sal word dat niemand bo die gesag van die reg verhewe mag wees nie,” het Bailey laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Alana Baily laat dit klink (laaste paragraaf) asof sy hoop Suid Afrika word berispe. Ek weet nie watter tipe vonnis of straf kan uitgespreek word nie maar die ANC moet in die bek geruk word.

Basjan ·

Wat gaan nou met die Suid-Afrikaanse regering gebeur? Gaan hul almal in die tronk gegooi word? Ag nouja, ‘n mens kan mos maar droom nê?

John ·

Ja-nee om altyd skuiwergate in die reg te moet soek en gebruik om jou aksies te verdedig is pateties om die minste te se.

pieterdp ·

Die algemene burger an SA is geensins skildag aan die klag nie. Dit is die prisedend van Sa Zuma wat geen respek het vir die reg of selfs die burgers van SA nie. Ek moet eerlik wees dat daar eerder n internatoinale klag teen Zume hangende ge maak moet word wat maar geensins hom steer aan enige reg nie. Hy het hom met sy gardis vêr bo die reg geplaas.

WitBlits ·

Nogal interessant dat die regering argumenteer dat ‘n staatshoof nie alleen verantwoordbaar gehou kan word nie, maar skaars ‘n week terug was dit Numba1 se prerogratief om sy land se toekoms te verander deur kabinetskommeling soos hy wil.
Tipies wanneer die popo die “fan” tref dan is die staatshoof nie alleen te blameer, maar die res van die land moet saam die skuld dra.

Helene ·

Kan iemand dalk vir my se wie was die sluipskutter wat Brett Kebble geskiet het? Het die saak verder gevorder of is die saak uitgegooi? Het hulle die mens verantwoordelik vir sy dood voor die hof gebring?

johann ·

Hy kan gehuur word om ons te verlos van die Zuma karakter wat SA so afbreek

Cherokee ·

Mikey Schultz het erken dat hy Brett Keble geskiet het en hy het vry uit die hof gestap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.