Die Suid-Afrikaanse regering het die moord op die Iranse kernwetenskaplike, dr. Mohsen Fakhrizadeh ten sterkste veroordeel.
Fakhrizadeh (59) is Vrydag in Teheran, die hoofstad van Iran, ernstig beseer toe aanvallers sy motor geteiken en in ʼn skietgeveg met sy lyfwagte betrokke geraak het. Hy het later aan sy beserings beswyk.
Die Iranse regering beskuldig Israel vir die aanval en het gewaarsku oor “ernstige weerwraak”. Die moord bedreig die verhouding tussen Iran en die VSA en sy nabye vennoot Israel en sommige waarsku oor ʼn risiko vir ʼn groot konflik in die Midde-Ooste.
Naledi Pandor, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die moord veroordeel en gesê dit is die tweede Iranse burger wat op só manier in 2020 dood is. Sy het bygevoeg geteikende aanvalle op Iranse burgers sal nie tot vrede lei nie, maar spanning in die streek verhoog.
“Ons loof die selfbeheersing van die Iranse regering, ondanks voortgesette onregverdige inmenging in die land se sake,” het Pandor bygevoeg.
Sy benadruk Suid-Afrika se toewyding tot die basiese beginsel dat vrede en sekuriteit in die Midde-Ooste bereik en volhou moet word in volle respek vir internasionale reg en die VN-verdrag.
Sy doen ʼn beroep op lande om saam te werk om vrede en sekuriteit in die Midde-Ooste te bereik deur dialoog, en nie konfrontasie nie, en dat Suid-Afrika gereed is om op só manier te help.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
Wie gee om wat Pandor se? Sekerlik nie Iran of Israel nie ????
Ag asseblief…hierdie land van ons is n oorlogsone van moord en geweld 24/7…Its in the worst taste possible, for anyone in this government to lecture another country about peaceful relations or murder. Kyk n bietjie eerder na wat elke dag in die slagveld genaamd SA aangaan danksy die ANC. Hierdie land se moordsyfer en daaglikse afbrand en geweld laat die Midde Ooste lyk na die rustigste plek op aarde.
Ek wonder altyd of enige iemand luister of reageer op enigeiets wat die ANC se of vra? Hier in SA luister ons nie eers na die ANC nie. Weet enigeiemand in die wereld ooit van die ANC? Ek kan sien daar in die Israeli parlement waar hulle die ANC versoek bespreek…..nie!
Moet alewig hulle neus indruk waar dit nie hoort nie. Soek net aandag.
Muggie van die mishoop .