SA verteenwoordiger kap Afrikaans by VN

alana-bailey-afriforum-featured

Alana Bailey, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof van internasionale skakeling. (Foto: Reint Dykema)

ʼn Verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering het Donderdag by die 12de sitting van die VN-Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, met ʼn aanval op die burgerregte-organisasie AfriForum se voorlegging oor minderheidstale in Suid-Afrika gereageer.

Die aanval het gevolg op Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, se voorlegging waarin sy haar kommer uitgespreek het oor die Grondwet wat nie minderheidstale in Suid-Afrika beskerm nie, weens politieke ideologieë. Sy het ook klem gelê op die howe wat meermale ten gunste van eentalige Engelse taalbeleidstellings bevind wanneer daar oor die taalregte van nie-Engelssprekende Suid-Afrikaners beslis word.

 ʼn Ongeïdentifiseerde verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering het met ’n aanval op Bailey se voorlegging gereageer. “Hy het begin deur te noem dat die Suid-Afrikaanse Grondwet beskou word as een van die beste grondwette ter wêreld. Hy het niks gesê oor die gebrek aan politieke wil om dit uit te voer nie. Hy het wel aangevoer dat Afrikaans ’n minderheidstaal is wat jare lank op leerders afgedwing is en dat die regering sedert 1994 die taak het om dit te probeer regstel,” lui ’n verklaring uitgereik deur AfriForum.

Dié regeringsverteenwoordiger, wie se identiteit nie bekend is nie, het voorts beweer Afrikaans word steeds in byna elke skool in die land aangebied. Hy het ook gesê die hofsake waarna Bailey verwys, het betrekking op eentalige Afrikaanse skole. “Die hofsake waarna AfriForum verwys het, was egter onder meer dié teen die taalbeleid van die Universiteite van die Vrystaat, Suid-Afrika en Stellenbosch, waar alle kursusse ewe toeganklik vir Engelssprekende studente was,” sê AfriForum.

Volgens Bailey is dié growwe misleiding van teenwoordiges op ’n internasionale forum ’n verdere bewys van die regering se vyandige houding jeens Afrikaans. “Verskeie van die teenwoordige taalkundiges op die VN se paneel ken gelukkig die feite en neem kennis van die ooglopende poging om die regering se taalregteskendings te verdoesel. Indien AfriForum nog ’n geleentheid vir verdere insette gebied word, sal dit ook onder die meer as 300 ander internasionale afgevaardigdes se aandag gebring word,” het Bailey gesê.

Die tema van vanjaar se byeenkoms was “Onderwys, taal en die menseregte van minderhede”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

DS ·

Ongeidentifiseerd verteenwoordiger…. Sekerlik moes hy tog begin het met ek is Sipho Nkosi en Suid-Afrika se verteenwoordiger anders sou hy seker nie ‘n spreekbeurt gekry het nie. Seker dit wat Lefusi of Malema gewees.

André-Chris ·

Genade, dit kan mos nou waarlik nie reg wees nie dat die VN iemand uit die gehoor toelaat, sonder dat daardie persoon hom/haar identifiseer om op ‘n ander persoon se voorlegging te reageer. Dan ook verséker sal dit ook nie reg wees nie, as die persoon wat die voorlegging gedoen het, nie kans kry om te reageer nie.

Alana Bailey ·

By hierdie forum het regeringsverteenwoordigers by die VN klaring om by te woon. Nadat jy klaring gekry het en deur sekuriteit is, hoef jy nie jouself te identifiseer nie, maar moet bloot die instelling of regering wat jy verteenwoordig noem. Jy doen aansoek om namens die instelling te praat, kry ‘n plek op die program en jou spreekbeurt is streng tot 2 minute beperk. En nee, nie-regeringsorganisasies kry net een spreekbeurt elk, regerings wat daardeur geraak word mag daarop reageer, maar die nie-regeringsinstelling kry nie weer ‘n kans vir repliek nie. Meer as 300 organisasies moet binne twee dae hulle voorleggings doen. tyd is dus baie beperk.

Philippus Janse van Rensburg ·

Toenemend vra mens jouself af: Wat staan ons te doen?
Saam met dié wat die land verlaat, en Afrikaans dan die rug keer, is daar die ander wat gelate buig en”ja, my heer” sê vir die skynbaar onvermydelike,teenoor die heethoofde wat bloed en stof en krygskrete uitskreeu!
Watter pad moet ons volg?
Die stem van versigtigheid, ook die stem van waagmoed, die stem van wysheid, dit is so nodig. Baie kan gesê word, maar dade van oortuiging is die belangrikste.

Kallie ·

Afstigting. Om te help bou aan die ANC se SA is tydmors en wendsdenkery.

Pieter ·

Maklik broer die probleem is die wil van ons blankes is nie daar nie ek het al baie gese en ek sal dit bly se ons blankes moet gaan leer by die mense van hong kong hulle het ook verskilinde party maar hulle het dit op sy gesit en as n volk op gestaan teen carry lam en haar regering ons blankes wil nie standpunt in neem nie die ANC is terroriste is ons blanke volk blind of net hard koppig

Andre ·

“…een van die beste grondwette in die wêreld” – miskien op skrif ja. Met die uitvoering en toepassing daarvan veral soos waar minderhede se regte hier plaaslik aangetas word beteken daardie stukkie papier minder as niks en beteken sogenaamde “demokrasie” nog minder. Lagwekkend.

HAB ·

Dis lankal verby vir ons. 94 was ons einde.
Ons moes geveg het toe ons kon maar
ons eie volk het ons uitverkoop.

Petrus ·

Dis die kruks van die saak HAB. Ons kan nou net kerm en kla.

Dewie ·

Afriforum moes beter voor berei het.Kanse verbrou en geld gemors

Walter ·

Dis die probleem. Solidariteit/Afriforum is nie politici nie. Hulle verwag ander partye veg met fluweelhandskoene.

Alana Bailey ·

Julle kommentaar bewys dat julle nie die proses verstaan nie. By die forum moet nie-regeringsorganisasies hulle kommer oor probleme in die land voorlê met ‘n 2 minuut mondelinge voorlegging en ‘n meer volledige skriftelike inset. Enige regeringsverteenwoordigers kan dan reageer daarop soos ek bo verduidelik. Al die nie-regeringsorganisasies (ook AfriForum) lê konkrete voorbeelde van probleme voor en die regerings wat wil, verontskuldig daarna almal hulleself. Die VN-deskundiges weet dit baie goed: hulle aanvaar nie een van die twee kante se argumente bloot op gesigswaarde nie, maar ondersoek die sake verder na afloop van die forum. Of hulle weet reeds van die probleme en die voorlegging verleen verdere bevestiging daarvan aan hulle. Regerings wat niks weg te steek het nie, reageer bloot nie of woon nie eers by nie, of erken wat hulle kan verbeter. Regerings wat slegte menseregte-rekords het, soos Iran, Sirië, Rusland en ander, gaan heftig tekere oor hoe onskuldig hulle is. Die diplomaat van die SA-regering het presies dieselfde gedoen, wat die beste is waarop ons kon hoop. As ons geïgnoreer is, het dit beteken hulle het niks om oor skuldig te voel nie. Dis ook presies wat ons geweet het gaan gebeur en die mense op die deskundige panele ook. Dit het ironies genoeg gewig aan ons voorlegging verleen. Suid-Afrika se naam is baie swak onder menseregte-aktiviste by die forum – die wêreld neem toenemend kennis van vergrype weens deelname aan die soort platforms.

Sê-maar-net ·

Ons hoop Alana kry ‘n tweede spreekbeurt waarin sy hierdie stellings met feite kan weerlê, bv hoeveel Afrikaanstalige skole reeds verengels is ten koste van moedertaalonderrig. Sy moet dit ook noem dat daar baie Engelstalige skole in die townships was onder die vorige bedeling en dat daar ‘n keuse was in watter taal hulle onderrig wou word. (My swaer was ‘n skoolhoof in Soweto; hy kan daarvan getuig.) Laastens moet ‘n mens seker dankbaar wees teenoor die “spook”, want nou kon elkeen wat ore het om te hoor, die gif raakluister wat dié slang gespoeg het.!

B ·

Dis die beste ding wat kon gebeur het, en tel heel moontlik in Afrikaans se guns.

(Die ander verteenwoordigers kan heel moontlik deur die regering se rookskerm nou die ware toedrag van sake insien)

JohanR ·

Het iemand gekyk of Lefusi in Johannesburg is, of in Geneve?

Sven ·

Net ‘n kwessie van tyd dan gaan die regering die paspoorte van Solidariteit en Afriforum se bestuur terugtrek.

jaco ·

opvallend dat swart Suid-Afrikaners NOOIT kla oor diskriminasie teen hulle tale nie. Afrikaanssprekende kleurlinge kla ook NOOIT oor diskriminasie teen Afrikaans nie. Dis net ‘n Klein groepie wit mense, basies n minderheid van die wit minderheid, wat aanhou kla en hulle gekla verander ook niks nie.
Oppas, more oormore besluit die ANC finaal “ons het nou genoeg gehad van AL die wit mense wat reaksioner en rassisties en teen transformasie is”. En dan begin hulle ons regtig te onderdruk met goed VEEL erger as bietjie taaldiskriminasie.
verengelsing het nie dieselfde nare gevolge as plaasaanvalle, plaasmoorde en selfs regstellende aksie nie.
Engels is ook nie n moeilike onverstaanbare taal nie. Al hierdie wit afrikaanssprekendes wat so oor verengelsing kla maak my eintlik skaam: verstaan hulle dan nie engels nie, terwyl dit reeds in die ou SA n amptelike taal was?
dis ook n wit taal uit Europa en was n taal van onderdrukking dwarsoor die british empire. lag dus eerder vir die ANC wat een wit taal van sogenaamde onderdrukking met n ander wit taal van veel meer onderdrukking wil vervang.
so ja, kla eerder oor goed wat veel erger gevolge het

Frik ·

Ek staan vir afstigting. Dan kan die ANC met SA doen wat hulle wil. Hulle kan selfs Engels afskaf, alle eiendom vat, wittes se geld konfiskeer, en kommunisties word.

Fanie ·

Taaldiskriminasie moet nie in afsondering gesien word, maar as deel van ‘n Regering se beleid wat ‘n minderheid vir benadeling op alle gebiede. Daarom kla swart sprekers van ander tale nie. Bruin Afrikaanssprekendes kla meestal ook nie, omdat hul nie so openlik as groep uitgesonder word nie. Ander tale se sprekers besef nie altyd die waarde van bv moedertaal skole nie, en dat hul armoede agv swak onderwys oa uit taal spruit nie. Plaasmoorde ens is wel erger, en is deels die deel van aanvalle op ‘n groep en sy identiteit, waaronder taal. Taaldiskriminasie moet dus beveg word.

Peet ·

Dis nie dalk Buang vir niks? Tussen Fear F……L en die ander diesulkes, lag die wêreld nie net nie, hulle maak hulleself nat.
Sirkus.
ANC skaf kommandos af – op gaan plaasmoorde
Skaf onderwys kolleges af – 30%

Maljan ·

Het die vermoeë om Afrikaans te praat, lees en skryf enige mens leed aangedoen? Ek het nog nooit ondervind dat Afrikaans sprekendes die vermoeë om Engels as n onreg sien nie. Ook nie toe ons die plaaslike swart taal van die distrik op skool as derde taal MOES neem nie. Die vermoë kom my goed ter pas in die tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.