‘SA vertrou steeds op die ANC’

Argieffoto

Argieffoto

Die voorlopige uitslae van die 2016 munisipale verkiesing dui daarop dat Suid-Afrikaners steeds die regerende party vertrou, het Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, Vrydag gesê.

“Ons is geëerd en baie bly dat die mense van Suid-Afrika steeds die ANC vertrou. Natuurlik het ons terugslae in gebiede soos Nelson Mandelabaai gehad, maar ons is grootmoedig in oorwinning en grootmoedig in nederlaag omdat ons demokrate is,” het Mthembu vanaf die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.

“Op nasionale vlak het die mense van Suid-Afrika steeds in hul meerderheid vir die ANC gestem. Soos jy kan sien, staan ons op meer as 50% van die stemme. Ons is nou 54% nasionaal en dit is 13 miljoen stemme uit die 26 miljoen kiesers wat die mense van Suid-Afrika vir die ANC gegee het.”

Teen 08:00 het die OVK se uitslagborde in die uitslagsentrum aangedui dat die ANC 54,22% van die stemme nasionaal op hom gevestig het. Die DA het gevolg met 26,48% van die stemme met die EFF in die derde plek met 7,96% van die stemme.

Hierdie persentasies is gegrond op die stemme van 20 713 van die 22 612 kiesstasies se stemme wat reeds getel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
m

Ja daar sal ma altyd die paar bitttereinders wees wat vasklou aan die ANC. Hoop net meer mense se oe gaan oop voor die volgende verkiesing. SA het leierskap bitter nodig…

Anoniem

Moet nou nie dat ek n lelike woord hier se nie…..Gaan kyk eerder wie stem vir julle ANC!!!!!!!!!!!!!…dis die mense wat swaar kry wat nie beter ken nie…….Hel man word wakker……Julle ANC se dae is getel…ons is besig om jul uit te werk……..

Anti DA

Dit is so die mense wat alles wil afbrand en afbreek oor swak dienste maar by die stembus staan hulle 100% agter die anc dit is net onkunde en vrees en dit is die rede dat plakkerskampe en swak onderwys altyd met ons sal wees

ERICA

Ek .ees dir kommentaar en al wat ek kan dink dat hoeveel blankes en hoeveel swartes in ons land is!! Die mense word geviktimiseer, vertel hul ancestors sal hul jaag, hul wors so negatief beinvloed en volg maar die massas! Ek haat politiek! Maar wie ook aan bewind is, hou op julself verreik en doen iets!!!! Hou op ure in vergaderings sit en strooi prt en beplan waarvan daar niks kom nie!!!! Kom werk slag saa op grond vlak dn gaan doen da wat jul so maklik bdlowe!!

E

Stem saam. Die ou tokelosh en voor pappa word mos nou uitgehaal en mee gedreig, maar wat hul vergeet is dat mense nou almal deur die bank opgevoed en geskool word. Die mense se oë begin oopgaan.
Ongelukkig is dit so dat daar nog baie baie mense is wat nie verder kan sien nie.
ń baie goeie teken is egter dat die DA in die metros vorder en dit is waar die breins is oom.Die ANC se steun blyk nou by die platteland te wees.