SA verval in tegniese resessie

Grafika: StatsSA.

Suid-Afrika se ekonomiese groei het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,7% gekrimp en daarmee die land in ’n tegniese resessie gedompel. ’n Tegniese resessie gebeur wanneer twee agtereenvolgende kwartale negatiewe groei toon.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het Suid-Afrika laas ʼn resessie beleef tydens die 2008-2009 wêreldwye finansiële krisis met drie agtereenvolgende kwartale van ekonomiese inkrimping.

Dié slegte nuus is grootliks deur ’n meerderheid van ekonome en ontleders verwag.

Dit beteken dat pres. Cyril Ramaphosa net soos sy voorganger, Jacob Zuma, sy presidentskap met ’n resessie begin het.

Die markte het ’n verbetering van 0,6% verwag nadat die groeikoers in die eerste kwartaal met 2,2% geval het.

StatsSA sê die grootste negatiewe bydraer tot die teleurstellende syfer was die landbou-, bosbou- en visseryesektor. Dié sektor het met 29,2% gedaal en sy bydrae tot die groeikoers was minus 0,8%.

Nog ’n staatmaker – vervoer en kommunikasie – het met 4,9% verswak. Een sektor wat uitgestaan het, was finansies, eiendom en sakedienste wat met 1,9% op ’n seisoenale grondslag verbeter het.

Daar was egter blydskap oor die mynbousektor wat met 4,9% gestyg het. Dié sektor het egter net 0,4% tot die algehele groeikoers bygedra.

Ontleders sê dat die swakker BBP-gegewens waarskynlik die dryfveer was waarom die regering met brandstofpryse ingegryp het.

Die ekonomiese maatskappy NKC Research sê dat die brandstofprysverhogings sedert April een te veel vir vuisvoosverbruikers geword het en dat dit ’n negatiewe effek op sake-, verbruikers- en beleggingsvertroue begin hê het.

Volgens die prysaanpassing vir September sal petrol met 4,9c per liter styg. Dit is om voorsiening te maak vir petroljoggies en ander werkers se jaarlikse verhogings.

Grafika: StatsSA.

Volgens NKC Research het die volgehoue prysverhogings verbruikers uitgemergel en kan die ekonomie negatief beïnvloed.

Intussen het die rand swakker verhandel ná die BBP-syfer uitgereik is. Die geldeenheid het die week op ’n swak noot begin en deur die R15-vlak teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Slegte nuus uit Turkye en Argentinië het ook op die geldeenheid geweeg.

’n Valuta-kenner sê die geldeenheid word gestonk deur die swakker markstemming wat op ontluikende markte heers. Boonop voeg sy by dat die grondkwessie nou die rand begin inhaal.

Sy sê beleggers en handelaars begin nou bekommerd raak oor die langtermyngevolge van die regering se beplande grondhervormingplanne.

Volgens handelaars is daar veral kommer oor hoe grondhervorming die ekonomie en grondsekerheid kan raak. Die rand het sedert die begin van Augustus met meer as 10% teenoor die dollar verswak. Ontleders sê dit is moeilik om te sien wanneer die rand sal herstel.

Een ontleder het gesê die gronddebat het verreikende gevolge en dat die kwessie met baie min besonderhede aangepak word en eiendomsregte kan ondermyn.

Beverly Schäfer, die DA se woordvoerder vir ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou in die Wes-Kaap, het intussen gesê dat sy in die lig van die aankondiging met Alan Winde, die provinsiale LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landbou, sal vergader om vas te stel watter maatreëls hy sal instel om die impak wat dié resessie op werksgeleenthede en groei in die Wes-Kaap sal hê te bekamp.

Grafika:StatsSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Rasper ·

Dit was verwag. Verder verwag die meeste mense met wie ek skakel dat dit verder sal verswak. Die ANC verwag ook dat dit sal verswak, maar het die besluit geneem dat hulle dit sal kan absorbeer, en glo hulle, regtig hulle doen, dat hulle weer sal opbou na alles verwoes is. Hulle glo dit is maar ‘n “bullet” wat hulle moet byt. M.a.w, grondonteiening gaan deurgevoer word. Cyril sê mos, dat hulle oor hierdie sal kom, nes hulle oor apartheid gekom het. Afriforum is van die min organisasies wat wel almal bymekaar kan kry. Wat is die konsentrasie planne? Waar en hoe? Vertel asb.

Eish ·

Daar begin die grondkwessie sy pond vleis eis.
Beleggers raak nie betrokke by debatte nie. Hul skuif eenvoudig beleggings na waar winsgewendheid haalbaar is.

Se maar net ·

Binnekort trap ons almal fiets werktoe en terug en kar gaan net gebruik word vir noodgevalle, wonder hoe gaan die petrol joggies dan betaal word en verhogings kry. SA verarm by die dag, want nie net gaan petrol op nie maar kos pryse ook. En laat loop jy jou huiswerker omdat jy haar nie meer kan bekostig nie ter wille van oorlewing en om elke sent om te draai word jy aangegee by hul unies. Duidelik dink die regering nie ver nie. Dis soos Boer se…die afgrond is nie ver nie.

Andre ·

Ek wil net weer baie dankie se vir Cyril dat hy die land nog verder in die afgrond in bestuur.
Via ANC, julle patetiese regering.

Johan ·

As petrol en diesel wat uit Suid-Afrike kom in Botswana vir R10 per liter MINDER as in SA verkoop word sê dit sekerlik dat die regering besig is om ons land en ons ekonomie uit te mergel met sy heffings en belastings

Buddy ·

ANC en EFF (SEB, regstellende aksie, korrupsie en grondonteiening) = ekonomiese resessie. Dit is die logiese resultaat.

Swartwolf ·

Hoe sou mens anders verwag het. Onthou die woorde van Margaret Thatcher oor die ANC ? Hulle het fees gevier toe sy oorlede is maar sy het die laaste se. Gaan lees ‘n artikel genoem IQ and the wealth of nations. Dis op Google te lees. Skielik maak als sin.

Marinda ·

En wie moet ons bedank vir hierdie gemors waarin ons land is?
Tyd om die handdoek in te gooi.

Prakties ·

Ek dink nie Suid-Afrika is bloot “in ‘n tegniese resessie” nie. Ek dink Suid-Afrika is in ‘n werklike knouende resessie – dit is net nou eers tegnies bewys.

christa ·

alles is vervalle in die eens mooi SA. Kyk hoe lyk die omgewing, water, diens ens. Daar het niks oor gebly van die eens goeie land van ons nie. wie moet ons bedank???????????

Anoniem ·

Cyril, gaan jy die ruggraat hê om by jou eie woorde staan? Dat die ANC nie onteiening sonder vergoeding op so ‘n manier sal doen dat dit nie die ekonomie en voedselsekerheid gaan knou nie.

Slegte nuus vir jou, ou gabba, die ekonomie word alreeds geknou.

Mey ·

Ag THERESA MAY en die CHINESE gaan seker maar weer vir Ramaphosa kom uithelp. Hoekom dan nou nie? SA raak nou ‘up for grabs’ ENIGEEN wat wil kom gryp kan vir hom kom kry. Daar is net een ding wat AFRIKA nog nie verstaan nie en ook nie geleer het uit die geskiedenis nie .. dit wat hulle doen WERK NIE!

Frikkie ·

Daardie is alles geleende geld, dit moet op een of ander manier terugbetaal word met rente. Dus ons is nou weer slawe van die Britse en (ons nuwe base) Chines ryke!

IK ·

Daar word meer en meer en stadig maar seker agtergekom dat daar ‘n verskil is tussen ‘n struggler en ‘n landsregeerder. Ons oues wat dateer uit die oorlewing gedurende- en ná die tweede wêreldoorlog sal maar vir die jonges moet probeer wysmaak hoe jy ‘n pennie (sent) kan laat werk vir jou. Selfs ek stop nog al die jare my kouse, broeksakke ens. My klere is ook in twee groepe: vir tuis en kuier. My oorlede vrou het ook krae van hemde omgedraai en stukkende lakens aanmekaar gewerk. Alles is gebruik en reggemaak tot die uiterste. Lag maar en skud kop, wat ek hier sê is ons almal se voorland. Ek ry nog altyd fiets in my onmiddellike omgewing maar nou gaan dit ook nie oor saamryklubs maar eerder saamloopklubs agv die misdaad in Rama-land. Kaalvoet of skoene, loop sál ons.

Hm ·

My man sê ook ons gaan terug na die tye van ons oupas en oumas wat tydens en na die depressie geleef het. Oom moet nog wenke gee, ons sal dit moet opteken iewers.

Hanna Hoekom ·

Altyd gewonder hoe grond sommer gegryp gaan word en die ekonomie nie negatief daardeur beinvloed gaan word nie? Kon nooit die kloutjie by die oor bring nie… Blyk nou dat die kloutjie nie by die oor pas nie! Het CR regtig gedink die res v die wereld het die mentaliteit v die deurslag ANC kieser? Nice try.

DearCyril ·

Dear Cyril. Your job was so simple. To satisfy the needs of land claimants and the Eff all you had to do was to rapidly release land from the 70%+ the state already owns and enforce an on the job training program for people that want to farm.
Secondly you should have simply privatized SAA, SABC, Transnet, and all the other failed government enterprizes and kept some shares for government.
Lastly just be honest, dont steal, dont sell us out to China or Russia, root out corruption.
I would have expected that you would have learned from Botswana and Mozambique.
But no. You will not be satisfied until the entire country is at the same level as a squatter camp and nothing works.
You can expect that sooner or later soneone will remove you from power like Mbeki and Zuma were removed.

Swartwolf ·

Well said and a simple executable plan. However this thinking is beyond CR and the whole government. I honestly do not think they have the cognitive capacity to grasp economics secondly the political will is lacking it will be populist politics till the next election since for these politicians and the broader ANC it is not about the wellbeing of a nation it is about staying in power to continue stealing and looting for the foreseeable future. Self enrichment is ALL they care about. Sick minds and rotten values.

Rynhardt ·

SA verval in tegniese resessie??Vir 24 jaar word SA volgens die kommunistiese dokument,The Freedom Charter regeer wat SA met stakings,betogings,radikale transformasie,streng arbeidswetgewing,misdaad,korrupsie en grondonteiening sonder vergoeding vernietig het! Anc kon met al die goud,diamante en minerale rykdom nie 10% ekonomiese groei behaal nie!As land op 10%groei gestaan het,sou land nie ressesie voel waaragter geskuil word nie! Die ressesie het nou n maklike verskoning geword vir die SAKP/Anc-regering om hul grootskaalse mislukking van regeer te verbloem, wat ekonome nie vir jou uitspel nie!Die 17miljoen op welsyn wys die Anc se groot mislukking uit met SA! Anc kon in 24 jaar nog nooit n plan van visie vir 25-30jaar uitspel vir land en sy mense nie!Mense van SA jul word liederlik gespeel!!!

Joshua ·

Als te danke aan die vrotste en korrupste en onbevoegde BEE ANC.

Sardientjie ·

Visserye het die swakste gevaar en ek en die gemiddelde Afrikaner eet alreeds meer blikkiesvis!…Hoe dan nou, swem selfs die visse weg???

Codesa ·

Ek wonder of de klerk en roelfie nou baie gelukkig is.hulle moet wees want dit was waarvoor hulle by codesa was.

Spike ·

Kyk hoe lyk al die plekke wat deur die staat en munisipaliteite probeer bestuur word. Bouvalle. Voor 1994 was dit trotse plekke. Was vandag in die OK op die dorp en bee werkers sit en chappies kou laat dit skiet. Wil sommer braak oor nuwe sa. Kannie eens meer sa in hoofletters skryf nie.

Johanna Botha ·

100 % en PRESIES wat mens verwag met die anc en eff met hulle slim uitlatings wat almal wegjaag …lekker zim !

Thinus Erasmus ·

Al wil ons hoe graag, kan niemand raad gee vir ANC/regering/ CR wat die sinkinde skip NSA kan red nie. Net soos die Titanic is daar nogsteeds baie mense wat glo dit kan nie gebeur nie, nie SA met al sy “mense” potensiaal en minerale rykdomme nie!
Wel al wat ek vir jul kan se is: soek ‘n boei of baadjie of tjoep, hierdie skip gloeg-gloeg al.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.