SA vervoerstelsel: ‘Gebruik SA kundigheid’

Argieffoto.

ʼn Sogenaamde ministeriële oorlogskamer gaan op die been gebring word om die doeltreffendheid van Suid-Afrika se spoorvervoerstelsel te begin regruk.

“Spesifieke doelwitte moet binne die volgende 100 dae behaal word. Dit sluit in dat Metrorail se treine 85% van die tyd betyds moet wees, ʼn verbetering van die huidige 73,3%,” het Fikile Mbalula, minister van vervoer, aan parlementslede gesê.

Mbalula het die departement se begroting aan die parlement voorgelê.

“Wat die Shosholoza Meyl betref, moet treine meer as 50% van die tyd betyds wees, ʼn verbetering van 13%.”

Die Shosholoza Meyl is die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se afdeling wat langafstandpassasierpendeldienste bedryf.

Ander teikens sluit in om die getal treine wat beskikbaar is te vermeerder van 200 tot 291.

Die VF Plus sê intussen Suid-Afrika hét die kundigheid om sy openbare vervoerstelsel te laat werk en dat die regering moet ophou om dié kennis te minag. Piet Mey, VF Plus-LP en woordvoerder oor vervoer, sê ander lande spog met moderne, stiptelike vervoerstelsels wat onder meer onderhou word deur Suid-Afrikaanse ingenieurs wat weens regstellende aksie nie hier welkom is nie.

“ʼn Vervoerstelsel is die slagaar van ʼn land se ekonomie. Daarsonder kan die ekonomie nie groei nie. ʼn Goeie bewys is ʼn land soos Singapoer wat een van die modernste vervoerstelsels ter wêreld het. Dit word weerspieël in sy moderne en sterk ekonomie,” het Mey gesê,

“Benewens kundigheid is nog ʼn groot rede vir Suid-Afrika se sukkelende vervoerstelsel dissipline en misdaad. Polisiëring moet drasties opgeknap word, soos blyk uit die groot aantal voorvalle in die Wes-Kaap waar treine aan die brand gesteek is.”

Mey sê sonder taxi’s sou daar in Suid-Afrika boonop nie sprake gewees het van enige funksionerende, openbare vervoerstelsel nie.

Na raming gaan sowat 70% van alle Suid-Afrikaners in die afsienbare toekoms in en om stede woon. Van hulle besit sowat 70% nie hulle eie vervoer nie. Die groei van informele nedersettings om stede gaan toeneem en dit gaan weens ʼn gebrek aan ruimte al hoe verder van stedelike gebiede plaasvind. ʼn Goeie openbare vervoerstelsel raak daarom al hoe belangriker, sê Mey.

“Daar is oplossings vir die probleem en daar is die nodige kundigheid in die land. Gebruik dit. Werk vir mekaar en nie teen mekaar nie. Dan sal Suid-Afrika suksesvol wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Diefie ·

Nogal SA kundigheid, mooi man, so kan ons gewone mense sien wat afhanklik is van die treine. Hier in ons mooi Kaapstad, moet ons meer as een keer urbar of die bus neem, want die treine se wiele word “pap” so in die ry. Dan moet daar maar geurbar word. Of die treine verdwyn op die stasie, dan hardloop jy maar die vir die bus en hoop dit is nie oorvol nie. Ai die kundiges van ons mooi Suid Afrika

Andre Coetzee ·

Nee wat julle mors julle tyd.Om die stelsel reg te ruk gaan julle eers julle eie mense moet opvoed en reg ruk.Gaan nie in die leeftyd gebeur nie.Kennis en bevoegdheid is kritiek om enige vervoer stelsel te laat werk.Dit ontbreek geheel en al by die ministers in beheer.

Leon ·

Kom ons kyk na die feite. Treinvervoer is ‘n koloniale ding wat deur witmense uitgevind is. So dit is taboe in die nuwe Suid Afrika. So hoe verwag julle moet die ANC dit weer op die been kry. Hulle ondersteuners probeer so hard om dit te ontspoor deur dit aan die brand te steek en om die spore te saboteur. Mac Maharasj het so hard probeer om die spoorstelsel te verwyder sodat hy en sy pelle kan padvervoer laat heers. Nou wil julle sy werk ongedaan maak. A nee a, dit is teen die ANC se beleid.

Müller ·

As ons besef dat die gebruik van Afrikaner kundigheid veroorsaak ‘n eksistensiële identiteitskrisis vir ‘n anti-Afrikaner swart regering en populis, sal ons dalk met meer empatie ons kundigheid aanbied terwyl ons gespanne kyk hoe ons gemarginaliseer word en ons eie eksistensiële bestaanskrisis probeer verwerk. Dit is ‘n vernederende skande vir elke Afrikaner ook!

Frm ·

Ja dit gaan nog interresant wees om die werkshede van die oorlogskamer dop te hou.

Barries ·

Transnet Freight Rail gaan die volgende ESKOM wees. Onvoldoende spandering op onderhoud gaan hard byt. Net ‘n kwessie van tyd.

jean ·

Whahahahaha!……..Too little too late!. Besef die manne in watter toestand die spoorlyne deur die land is?. Besef hulle dat geeneen van die manne tyd kan lees nie….net etenstyd en tjailatyd!! Agge nee wat…die kamtige oorlogskamer se deur kan maar gesluit word

Wonder net ·

Is die mense wat moet toesien dat dinge reggeruk word ooit betyds op hulle poste?
Die minister en sy personeel moet mos toesien dat stelsel reg funksioneer en almal betyds is. Waarom nou nog ‘n kommittee wat daarna moet omsien?
Of verstaan ek nou weer verkeerd? Dit is nou werkskepping. Nog ‘n paar kaders wat ontplooi word om te kyk dat die wat moet toesien dat die werk gedoen word wel hulle werk doen.
As dit tyd is vir die trein om te vertrek moet dit gebeur. As passasiers agterbly omdat hulle nie betyds is nie kan die trein nie wag nie. O tog dan word die wa weer afgebrand.

emily ·

Andre Coetzee jy slaan die spyker op die kop.
Kyk hoe lyk daai treine, Hoekom altyd die goed oorlaai, almal hang by deure en vensters uit. Dan praat ek nie eers van die vuilheid nie. Sies, O en wat van Brand die trein want hy is laat of wat ookal.
Dit sal nooit regkom nie, Nooit nie. Praat met julle president en ministers en kry die land reg en stel mense aan wat weet wat hulle doen.

Gert van Wierdapark ·

Die sogenaamde “Oorlogs-kamer” is seker goed ingerig. Hopelik is daar darem ook goeie ontspannings en kombuis geriewe! Niemand kan op n Lee maag funksioneer nie!

Blomster ·

Wat van die treinspoor tussen Bloemfontein en kimberley wat nou al hoe lank nie in gebruik is nie,dit was harde handewerk wat dit tot stand gebring het.mbalula moet ‘n ander bril opsit en reg na sake kyk.

Ben Potgieter ·

So ploeter die arme vryheids vegters voort van die een krisis bestuur poging tot die ander een.Name wat hul die pogings gee word word intresanter by die dag.Hulle gaan regeer tot Liewe Jesus kom is daar te vertelle.Hulle gaan ook sukkel tot Liewe Jesus kom met respek gese.

jaco ·

ons het die kundigheid ja, maar die meeste van dié kundiges het die “verkeerde” velkleur”. Die dag wat hulle glad nie mag werk nie NET omdat hulle wit is, is seker ook reeds naby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.