SA-vlag het Zuma vervang

'n Groot Suid-Afrikaanse vlag pryk nou op die Overbeek-woonstelblok in Kaapstad Foto: Maroela Media

‘n Groot Suid-Afrikaanse vlag pryk nou op die Overbeek-woonstelblok in Kaapstad Foto: Maroela Media

ʼn Reusagtige Suid-Afrikaanse vlag pryk nou op die gebou waar ʼn plakkaat met die woorde “Zuma must fall” ‘n bohaai veroorsaak het.

Maroela Media het vroeër berig die plakkaat is op 15 Januarie onwettig teen die Overbeek-woonstelblok, wat geleë is op die besige kruising waar Lang-, Kloof- en Oranjestraat bymekaarkom, aangebring. Ontstoke ANC-lede het die volgende dag die plakkaat afgeskeur.

Kort daarna het sosiale media begin gons oor soortgelyke plakkate wat kwansuis skielik wêreldwyd in bekende openbare plekke soos New York en Londen opgesit is.

Dit is nie duidelik wie die vlag op die gebou opgerig het nie.

Lees alle vorige berigte oor “Zuma must Fall” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Karolis ·

En is dit dan nou wettig? Iemand of iets onbekend mag ‘n vlag teen jou gebou ophang!

Berhalet Beukes ·

Ek dink dis uiters kinderagtig dat gille dit doen! So, ek hoop dit word ook afgeruk endadat daar natuurlik stappe geneem word! Die vlag is in elk geval ANC se idee van ‘n landsvlag…

MJL ·

“SA-vlag het Zuma vervang”. Dankie tog. Uiteindelik is daar bietjie intelligensie!

Berhalet Beukes ·

Ek sien dit weer as uiters onoorspronklik en ‘n patetiese poging om op ‘n ander ou se uiters treffende idee te kapitaliseer.

Henri ·

Ou nuus, hierdie vlag is al op die 19de berig in ander media. Lyk my party mense lees net Maroela. Geen wonfer ek soek vergeefs hier vir enigiets oor uitslae van munisipale verkiesings wat al op die 20ste in ander media was nie. Laat nuus is dieselfde as geen nuus.

Piet Snot ·

Henri
As jy nie met Maroela tevrede is nie, kanselleer jou R500pm bydrae.

Dee ·

Waarom lees jy steeds hier, Henri? Wat soek jy steeds hier? Gaan onsersteun die 19 berigte in die ander koerant.

Chris W ·

Daar moes eerder gepryk het “anc must fall”.Daai vlag is nie my vlag nie gelukkig.Dis die anc se vlag!Nou wonder ek wat sou gebeur indien iemad ‘n reuse Vierkleur op ‘n ander gebou sou hang??Die valke sou seker ingeroep word om dit te ondersoek.

Kaspaas ·

Die ANC vlag is ‘n toonbeeld van ‘n demokrasie wat op ras gebasseer is = wettige rassisme

Berhalet Beukes ·

Haal af! As the Zuma must Falla plakkaat moet af moet die vlag ook maar af! Wie probeer nou om op die idee te kapitaliseer? Het hulle toestemming, Indië nie, haal al! Dis onwettig! ;-)

Jan Blignault ·

Ai dit is al ou nuus.het al seker n week terug gebeur.Lyk my Maroela raak soos Rapport.Al hoe minder regte nuus.

Jacoba ·

Ek is TROTS op Die wat op dié 2de herhaalde berig gereageer het, praat net die waarheid. Hoewel doel van herhaaling net herhaler weet. Reageerders is al baie slim en sal hulself nie laat uitlok.

Jean ·

Hoe kan ek daai vlag aanvaar as my landsvlag terwyl dit vir my lyk soos n spies wat deur die ou Oranje banje blou se middel, sy hart gedruk word en die lyk of dit die wit Afrikaner nasie verdeel?Was die ou anc se millitere beweging nie juis verteenwoorig deur n spies nie, hul ou tradisionele wapen.
Die ou Mk’s dieselfe lot wat onskuldiges opgeblaas het? Die Oranje banje blou dateer lank voor apartheid en is nie spesiaal geontwerp om apartheid te vier nie. Die het te doene met my as Blanke Suid Afrikaner se kultuur en geskiednis wat die anc probeer en klaar gewen het om dit onder almal se oe te brandmerk as n apartheids vlag at dit nie was nie!!
Nes alles sinspeel die anc op elke vlak van die Afrikaner se geskiednis n kultuur en probeer om dit boos te maak….wie is nou eintlik die onderdrukkers? Die reenboog nasie vlag is in elk geval net n illusie, waar is die versoening.
Haal af !! Ek stem.
Nes die oranje banje blou die anc pla so pla daai sogenaamde reenboog vlag my!!

lilipit ·

Dit is alles ‘n besondere briljante stukkie werk… ‘n loeriewenner in die kleine.
Zuma het letterlik “geval” is in werlikheid afgeskeur deur.. en vervang deur die reenboogvlag wat (veronderstel is om) een nasie te versinnebeeld.

Henry ·

Lilipit
Stem saam. Dink ook dat dit die boodskap is wat wie-ookal wil oordra

Henri ·

So gaan dit maar, dit is so maklik om te aanvaar en dan stamp jy jou kop en besef al het ek hierdie reënboognasie snert aanvaar, gaan ek as Blanke steeds nie aanvaar word nie. Die Blanke boer word vermoor, ons blanke vroue verkrag en vermoor, ons kinders word die grootste klomp snert op skool geleer en nie een ouer wat ek van weet help sy kind of kleinkind reg nie. Ons het soos ‘n klomp moeë slaansakke geword, lam in die kniee, rugraatloos. Die Afrikaner/Boer is leierloos en het ‘n klomp ja broers geraak, te bang om sy mening te gee en sy rug styf te maak. Ek praat nog nie eens van die groot klomp verraaiers in ons midde nie. Hoe pateties het ons volkie nie geraak nie.

EMK ·

Al wat ek kan sê is dat daar mense is wat nogals geld het om sulke dinge te doen… En ja, ek sem slim truuk om te wys Zuma het letterlik geval – al is dit dan net met behulp van ‘n banier haha!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.