SA-vlag oor paar jaar van ruimte te sien

'n Voorstelling van hoe die vlag gaan lyk

‘n Voorstelling van hoe die vlag gaan lyk

Die Karoo gaan oor ʼn paar jaar spog met ʼn reuse- Suid-Afrikaanse vlag wat uit die ruimte sigbaar sal wees.

Die sogenaamde Giant Flag-projek samel tans geld in vir die vlag wat met voltooiing sowat 66 ha sal beslaan. Die yslike “lewende” vlag sal bestaan uit nagenoeg 2,5 miljoen vetplante en ʼn sonkragstasie van 4 MW. Die verskillende kleure van die landsvlag sal deur verskillende kleure vetplante uitgebeeld word.

Die swart driehoek-gedeelte van die vlag sal deur swart sonpanele in die sonkragstasie uitgebeeld word terwyl die wit Y-gedeelte van die vlag paaie sal wees waar besoekers kan stap om die verskillende dele van die vlag van nader te beskou.

Die vlag, so groot soos 66 sokkervelde, sal in die Camdeboo-streek geplant word. Volgens die organiseerders van die projek sal die vlag ʼn beduidende rol speel in die stryd teen klimaatsverandering, ʼn diverse plantlewe tot gevolg hê in die dorre gebied, talle werksgeleenthede skep en sal die sonkragstasie meer as 4 000 huise van elektrisiteit kan voorsien.

Vir meer inligting, besoek www.giantflag.co.za.

Die video gee meer inligting oor die projek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

Wow…kom ons klap almal hande…wat ‘n Groot prestasie is dit nie…(sarkasties)!

Francois ·

As daar geld insameling betrokke is is ek klaar skepties,,,WIE kry die geld????

Dave ·

Mooi…!! (gaan dit die vierkleur wees? :-) … of daai ene op jul skets doer bo? :-( )

Peet Smit ·

Daar gaan algemeen van uitheemse plante gebruik gemaak word wat kaktusse en garingbome insluit soos wat gesien kan word op die video en op TV berig is. Kaktusse en garingbome is van die belangrikste indringerplante in die Oos-Kaap. Met die aanplant van hierdie plante op so ‘n groot skaal sal die hele ekologie van die omgewing opgefoeter word en die risiko vir die verspreiding van moontlike indringer-spesies aansienlik verhoog word. Dit het geen positiewe rol in die ekologie, bewaring of voedselverbouing nie. Die persoon wat die meeste gaan baat is die verkoper van die plante. Is daar al ‘n omgewing-inpakstudie gedoen?
‘n Mens kan net sowel lande maak in die vorm van die landsvlag. Kos en veevoer kan geproduseer word. Dit sal ook werk verskaf en dan het die gewasse/plante darm ‘n goeie doel. Probleem is net dat die persoon wat die kaktusse verkoop geen geld gaan maak nie.

Johan ·

Wow, en dit staan vir so baie suksesverhale dat dit net goed is dat dit geassosieer sal word met sonkragpanele wat ‘n klomp subsidiegeld nodig het om ekonomies sin te maak en net werk wanneer die son skyn – eintlik dem goeie simboliek… Kry egter die arme ruimtemanne jammer wat die spul moet gadeslaan…

Jannie ·

Dave stem saam jou die vier kleur sal baie better lyk.
Peet as jy reg is met dat hulle net uitheemse plante gaan gebruik, is dit net n geld maak storie. Mens moet gereeld hoor hoe hulle die uithemse bome en plante wil uit roei. Dit se my net weer een ding erens word klomp geld agter afbetaal vir die goed keuring van die projek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.