SA-vlag wapper hoog in Birmingham

Springbokke teen Samoa tydens die 2015 Wêreldbekerrugby in Birmingham, Verenigde Koninkryk Foto: @Springboks, Twitter

Springbokke teen Samoa tydens die 2015 Wêreldbekerrugby in Birmingham, Verenigde Koninkryk Foto: @Springboks, Twitter

Handelsmerk Suid-Afrika (Brand South Africa) het Saterdag ook die Springbokke gelukgewens met hul “uitstekende sportmanskap op die veld” in Birmingham in die Verenigde Koninkryk, nadat hulle Samoa tydens hul tweede wedstryd van die 2015 Wêreldrugbybeker geklop het.

“Dit was ʼn groot inspirasie om te sien hoe ons nasionale span met wilskrag, waagmoed en trots speel,” het Kingsley Makhubela, uitvoerende hoof van die organisasie, uit Suid-Afrika gesê. “Die eindtelling getuig van hul passie en vaardigheid.”

Makhubela het gesê die Suid-Afrikaanse vlag wapper hoog en die nasie is trots op die span se vernuf op die veld. “Die prestasie van ons nasionale sportspanne op ʼn plaaslike en internasionale vlak, bevorder ons nasionale trots en patriotisme. Dit dra by tot die land se reputasie en mededingendheid in sport. Ons sien uit na die volgende wedstryd en verseker julle [die Springbokke] van die ondersteuning van alle Suid-Afrikaners.”

Die Springbokke het Samoa 46-6 geklop. Lees ‘n volledige verslag oor die wedstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

Sjoooooeeeiiiieeee……slaak die direkteure van Sportsman’s ‘n sug van verligting. Amper het hulle opgeskeep gesit met 10 miljoen ondersteuner’s hempde wat niemand wil koop nie??

Genis ·

Wat nou van al die plaasmoorde. Daar was weer ‘n paar gevalle. Of sit dit ‘n demper op die sportjolyt.

Johan ·

My eerlike gevoel is dat Samoa geheel uit die wêreld beker gegooi word, hulle het darem regtig daar op uit gegaan om moedswillig beserings te bewerkstellig deur met tye ‘n geweldige gevaarlike wedstryd te speel, net jammer die skeidsregter sien nie altyd die haakplekke raak nie. Kyk bietjie op die TV skerm hoe is ons kaptein se kakebeen weereens beseer

Sollie ·

Laat die ou suurknolle maar hul negatiewe kommentaar vir hulself hou. Wonder altyd of hul in die werksplek en tuis en orals anders ook so negatiewe uitkyk in die lewe het. Gee eer waar dit toekom, ongeag jou persoonlike opinie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.