SA vlieënier, nog twee sterf in ongeluk

Shaun Barendsen. Foto: HDS

Shaun Barendsen. Foto: HDS

ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier en nog twee mense is dood nadat die helikopter waarin hulle was Dinsdagaand in die Sentraal-Afrikaanse Republiek neergestort het.

Peter Fearnhead, hoof van African Parks, het gesê die helikopter is gehuur vir wetstoepassing in die Chinko-reservaat. Die reservaat word deur African Parks bestuur en behels onder meer bewaring van die tropiese reënwoud.

Volgens Fearnhead was Shaun Barendsen van National Airways Corporation die vlieënier. Twee van African Parks se werknemers is ook in die ongeluk dood. David Fine was hoof van wetstoepassing en Mbenga-Nzongomblo Ponce Pilate was Fine se adjunk.

“Die helikopter het neergestort terwyl hulle die aanloopbaan genader het en ons probeer nog vasstel wat die ongeluk veroorsaak het.”

Fearnhead het gesê hulle is platgeslaan deur die tragiese voorval. “Hulle was drie toegewyde en passievolle mense. Ons wil graag ons innige meegevoel betuig met die drie se geliefdes.”

Barendsen was ʼn bekende Suid-Afrikaanse sakeman en vlieënier. Barendsen laat sy vrou en vier kinders agter.

Die nasionaliteite van die ander twee oorledenes was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lettie ·

Dis baie hartseer dat goeie mense hul lewe so vroeg verloor. Sterkte aan die families.

Liza ·

Ai dis darm hartseer, sterkte aan die familie en vriende…..

Liza ·

Ai dis so hartseer ek het my man vandag 20 maande terug verloor in ‘n microlight ongeluk… die ‘n vreeslike seer… ek bid dat ons Hemelse Vader julle sal omvou met sy liefde en genade….Sterkte en ek dra julle op in my gebede….

Elmien ·

My man is op 4 Oktober 2015 in sweeftuig-ongeluk oorlede… Ek verstaan ook die skok…die seer…die hoekoms…die ” Wat as…?” Sterkte…

Jennifer ·

Ek wonder hoeveel pa,s moet in Afrika die pot aan die kook hou?

Donovan ·

Jennefer nie net in Afrika nie maar reg oor die wereld werk ons mans want hier is daar geen hoop meer vir ons blanke hardwerkende mans nie… die regering gee mos ons werk vir buitelanders… hulle voel n veer vir hulle eie mense hoe nog vir die oppesisie… Sterkte aan die gesinne wat hulle geliefdes aan die buite wyke van RSA moet deel…

Elmien ·

Dis só bitterlik hartseer… Sterkte aan almal se families…

Wendy Bean ·

Goodbye, Shaunie. I will miss your sweet nature and quick, cheeky smile! It’s not the same without you. RIP You’re not forgotten x

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.