SA vlieënier, nog vier sterf in Namibië-vliegongeluk

Die area waar die vliegtuig neergestort het (Foto: Namibian/Twitter)

ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier en ʼn Duitse gesin van vier is Dinsdag in ʼn vliegtuigongeluk in Namibië dood.

Volgens die polisie het hulle in ʼn gehuurde Cessna 210 gevlieg en het die vliegtuig kort nadat dit opgestyg het, in die Zambezirivier neergestort.

“Daar was ʼn vlieënier en vier insittendes en almal is op slag dood,” het hoofinspekteur Elifas Kuwinga gesê.

Die vliegtuig het by Impalila-eiland opgestyg en minute daarna neergestort.

Die Namibiese nuusplatform Informanté berig die vlieënier is ʼn jong Suid-Afrikaanse vrou terwyl die ander oorledenes ʼn man en ʼn vrou, albei in hul 50’s, en hul twee dogters, is. Een van die dogters was glo 17 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Di ·

Tragies! Dis kommerwekkend dat daar deesdae so BAIE vliegongelukke plaasvind

Hennie Biebouw ·

Die vlieënier se naam was Nicole Mienie. Die vliegtuig was ‘n Cessna 210 , V5-LMK en het behoort aan Scenic Air. Nicole het haar C210 rating in Nov 2021 voltooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.