SA vloot nog ʼn jaar in Mosambiek-kanaal ontplooi

Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Cyril Ramaphosa het die parlement in kennis gestel dat die ontplooiing van 200 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om seerowery in die Mosambiek-kanaal te bekamp met nog ʼn jaar verleng is.

Hy het ʼn amptelike brief daaroor aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, gerig, en dit is as deel van die parlement se openbare kennisgewings gepubliseer.

Die weermaglede sal tot 31 Maart volgende jaar daar aan diens bly, teen ʼn koste van R127 miljoen vir die Suid-Afrikaanse belastingbetaler.

Seerowery is ʼn groot en gewelddadige probleem aan die ooskus van Afrika. Dit het in sy huidige vorm veral rondom die Horing van Afrika toegeneem in die afwesigheid van ʼn algemeen erkende regering in Somalië. Hierna het dit met verloop van tyd ten suide uitgekring, tot in die omgewing van lande wat aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) behoort. Suid-Afrika is ook ʼn SAOG-lid.

Die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse weermagpersoneel vind juis onder die vaandel van die SAOG plaas, het Ramaphosa aan die parlement geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Coenie ·

Seerowers aan die mosambiek kus , terroriste aanvalle op sa plaase toe kies die bee opertunis weer verkeerd en daar is van die volg wat hom verafgot??

L ·

Terwyl hulle wag vir seerowers, kan hulle asb die kuslyn ook bietjie skoon maak van alle plastiek en rommel? Hulle doen min genoeg.

Gerrit ·

Ek was nogal verlig toe hy vir zuma vervang en gedink dinge sal beter wees hoe verkeerd was ek nie , hy is bietjie slimmer as zuma maar selfde stoffasie ??

Manie Strydom ·

Die grense le oop vir almal om te kom en gaan maar hy is bekommer oor pirates of the mosambiek ??

Potties ·

Dink net R127 M om ons boere te beskerm dit sal mooi loop……..

Onnie ·

SA help mosambiek terwyl ons polisie niks wil doen omtrent plaasaanvalle nie?? Skokkend!!! So word ons verraai. Ons word net misbruik vir ons belastinggeld en freebies en hand outs agv white guilt ( ingeprogrammeer deur die government, anc en EFF)

Conrad ·

Dit is die rede vir die australiese vlag protes teen die diskriminasie.

Gerrit ·

Ek dink ons weet almal sie regering en polisie voel vere vir ons die boere gaan net slimmer moet werk hulself beter organiseer en seker maak as jy aangeval word in n posisie is om terug en hard te baklei nie in jou bed oorval word terwyl jy slaap nie.En die Australiese vlag is my manier van n betoging teen die rasistiese regime.??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.