SA volgens peiling minder gelukkig as in 2015

vlag suid-afrika

Argieffoto

Suid-Afrikaners is nou 116de op die lys van gelukkigste mense ter wêreld. Dis nou volgens die jongste World Happiness Report wat saamgestel word deur die Earth Institute van die Amerikaanse Columbia-universiteit. Verlede jaar was Suid-Afrika 113de op dié lys.

Die jongste verslag is verlede week in Rome bekendgemaak.

Die eerste World Happiness Report is in 2012 gepubliseer en dié verslag word saamgestel uit data van die Gallup World Poll wat gegrond is op ʼn meningspeiling.

Faktore soos die lande se bruto nasionale produk (BNP), maatskaplike dienste, lewensverwagting, keusevryhede, vrygewigheid en persepsies van korrupsie is gemeet om die indeks op te stel.

Die verslag sluit 156 lande in en wêreldkenners in velde soos ekonomie, sielkunde, nasionale statistieke, gesondheid en openbare beleid was betrokke by die peiling.

Volgens die World Happiness Report is Denemarke nou die gelukkigste land ter wêreld – dis nou nadat Switserland onttroon is. Switserland is nou in die tweede plek en Ierland derde.

Volgens die World Happiness Report is die 20 gelukkigste lande:

  1. Denemarke
  2. Switserland
  3. Ysland
  4. Noorweë
  5. Finland
  6. Kanada
  7. Nederland
  8. Nieu-Zeeland
  9. Australië
  10. Swede
  11. Israel
  12. Austria
  13. VSA
  14. Costa Rica
  15. Puerto Rico
  16. Duitsland
  17. Brasilië
  18. België
  19. Ierland
  20. Luxembourg

Bron: World Happiness Report

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jef ·

Die regering van SA is nou baie happy hulle se ons staan op die EERSTE plek van happiness van ONDERAF.
Wow dit moet gevier word.

Vaalpiet ·

Wonder net wie is in beoordeeling geken is seker ook omgekoop

Anoniem ·

Maroela julle meen seker Ysland is derde op die lys? Wow 116de is amper soos ons sokker ranglys.. lyk vir my ons regering verstaan nie mooi hoe ‘n lys werk nie…

Leeukuil ·

Nommer 12 moet seker Oostenryk wees. Of dan ten minste Österreich. Dis spanne beter as Austria.

jaco ·

onthou net dat petrol tot R25 per liter in baie van daardie gelukkige lande kos. En ek het al met mense van daar gepraat: selfs hulle kla dat dit buitensporig duur is. So as die gras groener aan die anderkant van die draad is, is dit oor daar ook maar klomp bollie op daardie gras lê…

Veronica ·

Our petrol in Switzerland is 25 Rand a liter but our salaries is also far higher than in SA. The minimum wage here is 4 ‘000.– Swiss Frank’s = 68’000.–Rand, so you can’t compare .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.