SA voor Strafhof gedaag

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Suid-Afrikaanse verteenwoordigers moet volgende Vrydag in die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland, verskyn.

Dit is in verband met die regering se versuim om Omar al-Bashir, president van die Soedan, in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Junie 2015 in Johannesburg bygewoon het.

ʼn Lasbrief is deur die Strafhof uitgereik vir Al-Bashir se inhegtenisneming. Al-Bashir word van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord aangekla.

Volgens die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) moet verteenwoordigers van Suid-Afrika op 7 April in die voorverhoorkamers van die Strafhof verskyn om te verduidelik waarom dié hof nie moet beslis téén Suid-Afrika nie. Suid-Afrika het nou ʼn kans om geskrewe en gesproke getuienis in te handig.

Maroela Media het vroeër berig die SALC het aangevoer Suid-Afrika, as ʼn ondertekenaar van die Statuut van Rome, wat die Internasionale Strafhof tot stand gebring het, was verplig om Al-Bashir in hegtenis te neem.

Die hooggeregshof in Pretoria het verlede maand gelas die regering se kennisgewing om te begin met sy onttrekking aan die Strafhof sonder die parlement se goedkeuring, is ongrondwetlik en ongeldig. Die regering is beveel om dié kennisgewing terug te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

lw ·

Die Strafhof moet sommer kennis neem van die die insidente in die Parlement waar daar gelag word en haatuitspraak gemaak is teenoor boere en gesinne wie wreed vermoor word.

Ouma ·

Aaag foeitog die lot het seker vergeet om dit aantemeld! En dat ons ietsie geteken het! Het teveel ander tjol op onse gedagtes! Shame

Wouter ·

Nommer 1 is in beheer, hy moet pa staan vir sy besluite. Sluit hom sommer toe daar vêr.

Koos1 ·

Die een wat die opdrag gegee het dat hy nie gearresteer moet word nie, moet gaan verduidelik!
Aai hoe droom ek nou.
Hulle sal seker ‘n agterbanker of laags betaalde klerk stuur om daar te gaan verduidelik. ‘n Persoon wat nog nooit oorsee was nie en die geleendheid met beide hande aangryp.

AL ·

Lekker lag ek nou! N Dom klerk wie nie van beter sal weet deur siek te speel wanneer sy oorsese trip begin nie!

AL ·

Dalk n politieke komedie daarvan maak. Waar is die creative juices.

Johann ·

AS Zuma ej sy handpoppe enigsins hulle steur aan n hof uitspraak…AS…sal Zuma seker maar een van sy meer.onderdanige Zumaikies moet stuur soos….FAIT….of DLAMINIE…siende nie een van hulle iets ooit as nn krises beleef nie? PLUS dis n gulde geleentheid.om NIMBA WHONE se HUUT vliegtuig vol goud en geld te.pak vir sy Guptariese pelle oor die see!

My tweesent bydrae ·

Suid Afrikaners is meesters in vertragingstaktiek . Ek sou voorstel die verteenwoordiger kry vaste verblyf in Den Haag in stede van om heen en weer te vlieg . Dit sal kostes bespaar .

Johann ·

Daar word ongelukkig nie ‘n rat voor almal se oë gedraai nie

Cherokee ·

Gaan Suid Afrika met $150 beboet word? Of dalk berispe word? Watter tipe straf kan toegepas word? Heeeeeyyyyy…….. lyfstraf dalk? Ek is nogal nuuskierig oor wat gedoen kan word. Sanksies? Kyk, skuldig is hulle skuldig. Laat ons sien wat gedoen gaan word.

Lizzy ·

Daar gaan seker weer ‘n boete wees wat met ons tax geld gaan betaal word.

GUS ·

Dink die strafhof rerig dat ons regeering hulle eenigsins sal steur aan n koloniaale hof en hulle “stappe” En wat sal die straf nou uintlik wees, n boette? of “suspended membership” van die strafhof? Laas wat ek gehoor het wou SA in elkgeval hulle lidmaatskap laat vaar omdat hulle solank wil skoonkom met wat moontlik oppad is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.