SA vra Strafhof vir meer tyd

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die Suid-Afrikaanse regering het die Internasionale Strafhof vir meer tyd gevra om te reageer op die hof se versoek vir ʼn verduideliking oor hoekom die president van Soedan, Omar al-Basjir, nie tydens sy besoek aan die land in hegtenis geneem is nie.

Die regering het die Strafhof van ʼn “ernstige oortreding” beskuldig omdat Suid-Afrika nie voor Al-Basjir se besoek toegelaat is om regsargumente voor te lê oor waarom hy toegelaat moes word om die beraad van die Afrika-unie in Johannesburg by te woon nie.

Die Strafhof het die Suid-Afrikaanse regering tot Maandag gegee om te antwoord, maar Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê die regering het die hof genader vir meer tyd om te antwoord.

“Dit is gedoen in die lig van die komplekse en teenstrydige regsbeginsels wat betrokke is, in sowel die internasionale en Suid-Afrikaanse reg, en die feit dat die Suid-Afrikaanse howe steeds besig is met die saak,” het sy in ’n verklaring gesê.

Volgens Nkoana-Mashabane sal die regering ook die sekretariaat, die politieke liggaam wat die Strafhof beheer, nader om die reëls en prosedures rakende konsultasie tussen die Strafhof en sy lidstate te bespreek.

Al-Basjir het in Junie vanjaar vir ʼn opskudding gesorg toe hy Suid-Afrika besoek het om die Afrika-unie se beraad by te woon. Die Pretoriase hooggeregshof het toe gelas hy moet in hegtenis geneem word, net voordat hulle gehoor het hy het reeds die land verlaat.

Al-Basjir word beskuldig van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord in Soedan se westelike Darfoer-gebied. Twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik. As lid van die Internasionale Strafhof is Suid-Afrika verplig om Al-Basjir aan die hof uit te lewer.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

wil se ·

Hul speel altyd vir tyd. Maar dink nie die wereld se tyd gaan hul uit die een kry nie. Skuldig is hul skuldig!!!!!

GES ·

Die anc verstaan dinge net op hulle manier en net hulle is reg. Die anc steur hulle ook nie eens aan ons eie howe nie. Ek sal nie verbaas wees as hulle ontrek uit die wêreldhofgesag nie. Die tyd is meer as ryp dat ons as Afrikaners maar omsien na onsself en ons eie ding doen.

Frans Eloff ·

As ek iets kan by las. Die anc. Gaan hulle moses tee kom. Die dag as ons begin opstaan teen hulle. En mag ons Here met ons wees daie dag

Sonneblom ·

Frans jy het die woorde so uit my mond gevat. What goes around, comes around. Ek bly ek is nie die enigste een wat so voel nie. Die Here sal ons help as ons ons nederig voor Hom kom maak.

Winston ·

As jy iets wil omseil, kompliseer dit net om jou storie geloofwaardig te laat klink. Dit was alles voor die hand liggende intruksies. Die regering het hulle plig en opdrag deur die howe versuim, soos hulle dit daagliks doen, en klaar. Wil sien wat word volgende opgedis. En die ergste is dat hulle dink hulle is reg.

Griki ·

Ek glo nie die regering is hier gepla oor reg of verkeerd nie, eerder dat die Internasionale Strafhof die voorbarigheid het om die magtige ANC-regering te “query”. Hulle arrogansie laat hulle glo dat hulle wil, sal en mag doen wat hulle wil, nie wat die wet of enigiemand anders voorskryf nie.

P. Buizer ·

Dit is nou die nuwe ding in S.A. : “Stel uit, stel uit, stel uit !” Vind enige skuiwergat. Dit is een van die redene waarom strawwe nie meer ‘n afskrikmiddel is nie. En later almal wegkom met wat hulle gedoen het. Nkandla, Prasa, Eskom, nou het Denel weer bygekom. Die regsberoep is nou seker ook een van die besbetaalde beroepe, net soos medies is.
“Doen dinge NOU !”

neelsie ·

“Nog n bietjie slaap, nog n bietjie sluimer,………….”
Iemand anders sal mos die werk doen.
More is mos nog n dag!

christine ·

Ja wat ons Afrikaaners loop maar so rond met onse skulle op ons oe. So sal dit aangaan kyk nou net Oscar sesaak ons val mekaar aan oordeel mekaar verskillende menings. Feit bly dis nou sy tyd om uitekom hof besluite. Maar skielik moet ou Oscar vrot in tronk moenie wette gehoorsaam. Red die Afrikaner aikona ons kan nie. Oordeel aan orde van die dag.

Ray ·

Absurde idee dat Suid-Afrika iemand moet uitlewer vir oorlogsmisdade terwyl die grootste oorlogsmisdadigers wat verantwoordelik is vir die dood van honderde duisende in die midde ooste in diens van die Anglo-Zionistiese geldmag vrylik rondloop.

Johan ·

Ek moet saam stem hier. Gedeeltlik. Die geld reus kan doen wat hy wil. Maar net hier en daar is daar manne wat vasgevat word ( Kyk maar mooi. Die olie manne) As jy olie het dompel die klomp illuminates jou in oorlog. Dankie tog ons het nie olie nie.

Dan ·

Waarvoor vra hulle nou vir meer tyd om daarom te antwoord, wat daarvan hulle gee dieselfde halfhartige antwoord wat hulle vir ons gegee het ( wat hulle gedink het hulle mee sal weg kom ) in die parlement, of weet hulle dit was n flou verskoning. Ja-nee dit sal beslis n ander raadgewer moet wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.