SA vra wéér vir nog maatreëls teen Israel

Die Internasionale Geregshof in Den Haag. (Foto: Internasionale Geregshof)

Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof in Den Haag versoek om nuwe noodmaatreëls teen Israel in te stel oor die “wydverspreide hongersnood” wat uit sy Gaza-offensief voortspruit.

Dit is die tweede keer dat Suid-Afrika die hof om bykomende maatreëls vra, die eerste versoek in Februarie is geweier.

Volgens die Suid-Afrikaaanse regering is hy gedwing om terug te keer na die hof in die lig van die nuwe feite en veranderinge in die situasie in Gaza – veral die situasie van wydverspreide hongersnood.

“Dit is dalk die laaste geleentheid wat hierdie hof sal hê om die Palestynse mense in Gaza te red wat reeds van honger sterf, en nou een stap weg van hongersnood is.” Dit kom nadat die Verenigde Nasies gewaarsku het dat hongersnood dreig en dat voedselhulpvragmotors voorgekeer en geplunder word.

“Palestynse kinders sterf van die honger as ʼn direkte gevolg van die doelbewuste dade en versuim van Israel – in stryd met die Volksmoordkonvensie en die hof se bevel,” voer Suid-Afrika aan. Die regering het ʼn beroep op die hof gedoen om te gelas dat gevegte onmiddellik gestaak word, alle gyselaars vrygelaat word, Israel se besetting van Gaza tot ʼn einde kom, en om die verskaffing van noodhulp te beveel.”

Die hof het in Januarie gelas dat Israel alles in sy vermoë moet doen om volksmoord tydens sy offensief in Gaza te voorkom. Die hof het ook beslis dat Israel hulp in Gaza moet toelaat om die desperate humanitêre situasie daar te verlig.

Dit was sogenaamde voorlopige maatreëls, noodstappe wat Israel moes doen terwyl die hof die breër kwessie beoordeel of Israel besig is om volksmoord in Gaza te pleeg, ʼn beoordeling wat jare kan neem om te maak.

Suid-Afrika het Israel daarvan beskuldig dat hy die VN-volksmoordkonvensie van 1948 tydens sy militêre veldtog in Gaza oortree het.

Israel het tydens die verhore beklemtoon dat hy uit selfverdediging optree ná die Hamas-aanvalle van 7 Oktober en alles in sy vermoë doen om die lot van burgerlikes te verlig.

Die Gaza-oorlog het uitgebreek nadat Hamas ʼn aanval op die suide van Israel van stapel gestuur het wat gelei het tot ongeveer 1 160 sterftes, die meeste van hulle burgerlikes. Die militante het ook sowat 250 gyselaars geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

agnes ·

Beslis nie alle Suidadrikaners stem daarmee saam nie. Ons staan vir Israël en bid dat die Antichrist Hamas en kornuiten uitgeroeid Sal word

Republikein in die Wes Kaap ·

En by die huis krepeer hul eie mense. Dis duidelik dat die regime vanuit die buiteland beheer word. Waarskynlik Iran. Maar dis goed so. Indien ons begin afstig sal die regime se vermoë om militêr in te gryp aan bande gelê word.

Manie ·

Ek sal enige organisasie steun wat die ANC regering by die Wêreldhof verkla vir misdaad teen die mense van SA.

Laeik ·

Sjoe, maar die klomp word darem behoorlik befonds vanuit Iran.

Die ANC en sy bedmaats…

Hendrik ·

Dit is lankal tyd dat die anc regering met Israel in gesprek moet tree om sodoende ingelig te word waarom Israel nie kan ontrek nie. Die rede is dat daar ander magte is wat Hamas daartoe dwing om nie hul aanvalle tes taak nie.

Chris ·

Die huidige regime in die land is tans besig om ‘n baie gevaarlike speletjie te begin speel. Ek weet nie wie en wat het hulle as die moraliteitspolisie aangestel nie. Een ding moet die mense begin besef jy moet jouself nooit oorskat nie. As jy wil boks doen dit in jou gewigsgrens. Onthou ook die wiel draai en draai stadig maar seker. Die mense/oganisasies wat hulle aan bewind gestel het kan dit ook van hulle ontneem, weg neem.

Christine ·

Ag foeitog nou moet Isreal hulle dadelik gehoorsaam
Die anc het hul greep verloor op realiteit en waarheid

Dup ·

Is die regering bewus daarvan dat daar ook groot hongersnood in SA is? Duisende mense in SA het nie toegang tot skoon drinkwater nie,het nie elektrisiteit nie,sit sonder ander basiese geriewe en die lys gaan aan.Het iemand dit al by die VN aangemeld en wat was hulle reaksie daarop?

miraclealigner ·

En die belastingbetaler hoes maar net al die pad – ons moet tog seker ‘n sê gegee word oor wat wie met ons belasting geld doen, ek vir een steun Israël…

Marthinus Johannes ·

Ja, ons veroordeel dit wat die Hamas in die begin gedoen het en n teen aanval is gedoen. Maar dit is nie meer n kwessie van verdediging nie, nou is dit ” extermination” Israel het dit immers gesê ” ons sal nie rus voor hulle almal uitgewis is nie”

Oosieoos ·

Anc sê niks oor die gyselaars wat hammas aanhou onder gruwelike omstandighede nie. Kan geld hul gewete stil maak

annie ·

Die ANC bemoei hom met ander se sake in die hoop dat iemand hom uit sy swak bestuur wat die land vernietig, sal kom red. Logika? Hoeveel gaan binnekort hier van die honger sterf? Ons swart werklose ouers kan nie eers hul eie kinders onderhou nie en skole moet etes ook voorsien… Die infrastruktuur is ook kaput. Stakings kook orals.

Susan ·

Agnes jou wens is amper bewaarheid maar hoe voel jy oor die onskuldige vroue en kinders?

hpven ·

Ag asseblief, hier gaan hulle alweer. Israel vee hulle daaraan af en niemand kan iets daaraan doen nie. Hamas het die oorlog begin, so Hamas moet dit stop deur oor te gee, so maklik soos dit! Feite!

trotsNAMSA ·

Dankie aan die SA Regering wat die saak van die Palestyne prioriteit een maak. Israel kon die aanval “gereël” het en waarom wys Israel nie foto’s van die oorlede Hamas lede wat 7 Oktober alles begin het nie ?
Israel kan na 5 maande, met die hulp van die US en andere, nie ‘n groep Hamas lede oorwin nie ?
Weereens Israel is nie onskuldig nie. Gaan kyk self, nie met ‘n toergroep nie, wat elke dag in Palestina gebeur. Dan praat ons weer. SA’e apartheid kom nie naby wat Israel doen nie.

Adriaan ·

The US exploited a “loophole” to sell weapons to Israel, The Washington Post revealed.

The US has reportedly made more than 100 “quiet” weapons sales to Israel, including thousands of bombs, since the beginning of the war between Israel and Hamas. Despite half baked calls from the administration for Israel to spare civilian lives, the US has continued to restock their supply of weapons, helping to create one of the most intense bombing campaigns in military history.

The sales were reportedly made in silence – as they escaped congressional oversight – meaning they were processed without any public debate because they each fell under a specific dollar amount that requires the executive branch to notify Congress, the paper said.

Public sales to Israel already included: $320 million in precision bomb kits in November and 14,000 tank shells costing $106 million and $147.5 million of fuses and other components needed to make 155mm artillery shells in December. The deliveries made in December were made under an emergency authority.

“That’s an extraordinary number of sales over the course of a pretty short amount of time, which really strongly suggests that the Israeli campaign would not be sustainable without this level of U.S. support,” said Jeremy Konyndyk, a former senior Biden administration official and current president of Refugees International.

tweeling ·

Dankie Adriaan en NAMSA, julle stellings beteken niks sonder die feite nie, gee die regte verwysings waarna mens kan kyk en verifieer

piet ·

Selfs al verslaan hulle Hasmas, sal die Palestyne bly veg vir hulle vryheid. Israel moet wegkom daar waar hulle nie hoort nie. Hulle het niks te make op Palestynse grondgebied nie.

Althes ·

Watter land steek vir SA regering op om dit te doen? Dis baie verdag.

Jan Jacobs ·

Tweeling, gaan kyk wat het gebeur met Jazmine Hughes, sy is n gewese,’ isreali intelligence agent’. New York times, nuus agentskap het haar afgedank oor haar vals nuus oor Hammas se beweerde seks dade op 7 oktober. En die new york tines is n groot nuus agentskap.

Catherina ·

Look after your own country and shocking things that happen here…..not that ANC will ever do that….their own involved

piper ·

die anc kyk verby wat in sudan aangaan en ook die noorde van mosambiek. tweegesigte.

Jan Jacobs ·

Samuel, dis honger mense wat die voedsel storm.,nie hamas nie. Jy sien die selfde het in 1900’s gebeur in suid afrika toe die vrouens en kinders in die konsentrasie geplaas was, deur die magsbehepte britte wat deur raai wie gefinansier is.

Fubar ·

In plaas daarvan dat die ANC regering ons potholes regmaak, is hulle besig om die Fillistyne te ondersteun. Terroriste wat terroriste ondersteun. Wat ‘n spul narre!

Ina ·

Jan gaan kyk bietjie na TBN Isreal na ware video’s dan sien jy waar daardie kos heengaan. Na dieselfde plek waar al die geld wat vir Gasa gegee word.

domheks ·

Hamas is ‘n terreurorganisasie net soos wat cANCer terroriste is!

Mariana ·

Nie SA nie, ANC. Almal is nie deel van die ANC nie. Die ANC is nie SA nie. Hulle het hul eie agenda en plaas daar gekonsentreer word op wat hier aangaan, druk hulle hul neuse in goed wat hulle nie aangaan nie. Maar soort soek soort en hulle ondersteun altyd die terroriste. Oorlog is lelik in al sy fasette. Huidiglik is SA se mense ook in hul eie daaglikse oorlog vasgevang. Die regering se prioriteite is nie reg…….soos gewoonlik.

Papsak ·

Ja ek stem ons staan vir Irael nie vir die anc nie stem vir enige ander party om net die anc uit te kry regtighulle moet Irael liewers uitlos en bepaal hulle by SA met potholes vrot drinkwater en loadshedding wat alles onwettig is maar vir hulle wettig is ek staan vir Irael !!!!?!!

Hennie ·

In die Sowetan is daar ‘n berig oor die voedsel nood in Sudan. Miljoene wat geteiken word as gevolg van die oorlog daar. Ek hoor of sien nie dat daar deur die regering vermeld word nie. Etlike jare terug was daar dan ‘n versoek dat die president van Sudan , Omar Hassan Ahmad Al Bashir, inhegtenis geneem moes word spesifiek tov dit wat Israel beskuldig word en indien nie meer nie.

Wat was die regering se standpunt toe? Was dit nie, ons kan dit nie doen nie aan ‘n staathoof nie?

Vra maar net. Ek ken nie al die feite nie.

popsa ·

Ja, Klaas moet nou Baas se vuilwerk vir hom doen. Absoluut belaglik as jy na SA se eie binnelandse situasie kyk. Piet en trotsNAMSA, julle praat twak. Kry julle feite reg. Een uiters betroubare bron van feite is Amir Tsarfati; die ware Amir, nie die namaaksels nie. En ja, trotsNAMSA, dáár sal jy beslis foto’s kry van Hamas-lede wat die aanval op 7 Okt in Israel begin het en intussen self gesneuwel het. Maar vir jou om te sê dat Israel self die aanval teen hulle eie mense gereël het, is onmenslik laakbaar, vermetel en siek verby. In Israel bestaan daar dapperheid en integriteit waarvan party ander mense slegs kan droom. En sê asb vir ons, slimpiete, WAT van die ontvoerde gevangenis…???

annie ·

Piet as mens die Bybel sou lees en die Israelse geskiedenis, sal die leuen dat die Palestyne eintlik die ou Filistyne is en Hamas mense op dié wyse verwar, duidelik word. Die enklave is nie ‘n onafhanklike gebied nie en nog minder die Wesoewer. Plakkers wat grond gryp is ‘n eeue oue storie. Israel was te ‘nice’ met die inkommers wat op aalmoese uit Europa teer en self nie die massas Midde-Oosterlinge op eie grondgebied wil toelaat nie.

kragaap ·

Israel vir die jode. Palestina en die res van die arabiese grondgebied vir die Palestyne.

AREND1 ·

Kan die anc nie nou vir Israel uitlos nie.Daar is mense wat honger ly in suid afrika,maar hulle gaan aan oor Israel.

Casper ·

Hierdie agterbakse ministers het nog nooit honger gaan slaap,riool in hulle drinkwater en strate gesien nie,en nie ‘n duit omgee vir werkloosheid nie.Hoekom oorreed hulle nie Hamas om die gyselaars vry te laat nie.Wie plunder die voedselhulp vragmotors.Ek het ook iewers gelees dat gyselaars verkrag word deur Hamas.

tweeling ·

Weskaap, jy kan afstig op jou maag skryf en by Bakoven in die koue water gaan afwas. Afstig sal nie gebeur nie selfs met ander regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.