SA vriendinne sterf in botsing in Nieu-Seeland

Jani (links) en Natasha. Foto: Facebook

Jani (links) en Natasha. Foto: Facebook

Twee Suid-Afrikaanse vroue, albei 20 jaar oud, is in ʼn ongeluk in Nieu-Seeland dood.

Die New Zealand Herald berig dat Natasha Strydom en Jani von Wielligh sedert vierjarige ouderdom saam in Suid-Afrika skoolgegaan het en sedertdien beste vriende was. Volgens die berig was Natasha en Jani Dinsdag in ʼn trompop botsing betrokke en is albei in die ongeluk dood. Die bestuurder van die ander motor is ernstig beseer.

Natasha se ouers het in 2004 van Suid-Afrika na Nieu-Seeland geëmigreer. Jani se ouers het in dieselfde jaar van Suid-Afrika na Australië geëmigreer. Jani het by Natasha in Nieu-Seeland gekuier toe die ongeluk plaasgevind het.

Fanie Strydom, Natasha se pa, het aan die New Zealand Herald gesê sy dogter het ʼn borrelende en aansteeklike persoonlikheid gehad. Jani se ouers het intussen in Nieu-Seeland aangekom en gaan by die Strydoms in Auckland tuis. Erich von Wielligh, Jani se pa, het aan die koerant gesê sy dogter was baie opgewonde oor haar kuier in Nieu-Seeland en sou Maandag teruggekeer het huis toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sproetjies ·

Dis nou hartseer dat twee boesemvriendinne so saam in die buiteland moes sterf.
Sterkte aan albei die families met hulle groot verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.