SA vrou doodstraf opgelê: Ma bly hoop

Letitia Bosman. Foto: Facebook

ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat die doodstraf opgelê is nadat sy op die Senai Internasionale Lughawe in Maleisië met dwelms betrap is, het vandeesweek weer in die Maleisiese federale hof verskyn in ʼn laaste desperate poging om haar vonnis na gevangenisstraf te laat omkeer.

Letitia Bosman (27) is in 2015 die doodstraf opgelê nadat sy in September 2013 op die lughawe in hegtenis geneem is. Daar is 1,9 kg metamfetamien, ook bekend as tik, in haar besit gevind. Die dwelms was in ʼn sak versteek wat sy by haar gehad het.

Bosman het Dinsdag in die federale hof in Maleisië verskyn vir haar appèlsaak waardeur sy probeer om haar doodsvonnis na gevangenisstraf te laat omskakel. Die saak is tot 11 Oktober uitgestel omdat haar regsverteenwoordiger siek was.

Elsie Bosman, Letitia se ma wat in Pretoria woon, het aan Maroela Media gesê sy het ná die hofverskyning vlugtig met haar dogter oor die foon gepraat. “Sy het goed geklink. Sy is positief en hou moed,” het Elsie gesê.

Sy weet nie regtig in watter omstandighede Bosman in die tronk in Malakka aangehou word nie. “Ek praat omtrent so een keer elke twee maande met haar wanneer sy my vanuit die tronk bel. Ek kan haar nie bel nie en moet wag totdat sy geld het om my te bel. Sy klink dan altyd positief en sê dat dit goed gaan, maar ek weet nie of sy dit net sê sodat ek my nie oor haar hoef te bekommer nie.”

Volgens Elsie het sy onlangs met ʼn vrou kontak gemaak wat saam met Bosman in die gevangenis aangehou en sedertdien vrygelaat is. “Sy het vir my gesê Letitia verdien nie wat sy daar moet deurgaan nie.”

Haar grootste wens is dat Bosman se vonnis na gevangenisstraf omgeskakel word en dat die Maleisiese owerhede instem dat sy haar tronkstraf in Suid-Afrika kan kom uitdien. “Dan kan ek haar darem gereeld sien en met haar praat. Sy bly my baba. Niks kan dit verander nie.”

Volgens Elsie is sy nie finansieel in staat om by Bosman te gaan kuier nie en stuur sy deur ʼn kontakpersoon in Maleisië vir haar geld. “Sy gebruik die geld maar om kitsnoedels te koop, want sy is allergies vir die vis wat hulle daar vir haar gee. Dalk is dit beter dat ek nie by haar kan gaan kuier nie, want ek weet nie hoe ek dit sal regkry om haar daar te los en weer terug te vlieg nie,” sê sy.

Intussen hou sy moed dat Letitia wel binnekort terug in Suid-Afrika sal wees. Volgens Elsie is daar mense van oor die wêreld heen wat Letitia se saak volg en boodskappe van bemoediging stuur. “Die saak is nou wel hierdie week uitgestel, maar dit gee my net meer tyd om te bid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Manies ·

Ek het simpatie met die ma. Dit moet verskiriklik wees. MAAR. Die hoeveelheid ouers wat hulle kinders verloor het agv dwelm misbruik se punt sien ek ook in. Sy het geweet die doodstraf wag op jou as jy gevang word, en sy het geweet wat dwelms mense se lewens verwoes. As hulle haar vonnis verlaag na tronkstraf, moet sy dit daar uitdien, die land wat sy die dwelms ingebring het.

JJ ·

Ek het baie simpatie met haar ma. Dit moet verskriklik wees vir n ouer om te weet daai vonnis hang oor jou kind se kop, MAAR ……
Daai kind verdien daardie straf deur en deur. Sy wou (het dalk alreeds vantevore) andere se lewens verwoes, ter wille van haar eie gewin.
Laat sy haar vonnis daar uitdien, nie in SA nie.

Gerhard ·

Die wat dwelms gebruik is net so skuldig as die wat dit verkoop en ek kan geen rede sien waarom iemand die doodstraf moet kry vir ‘n ander dodelike gewoonte nie. As iemand homself dood drink of doodgaan a.g.v tabak rook is dit die winkel se skuld?

Die hond ·

Letitia Bosman verdien nie die doodstraf nie !!. Geen mens verdien dit nie. Daar is meer gepaste straf beskikbaar wat so n persoon kan laat rehabiliteer !, en ook vergoed vir sy dade. Hier in Suid Afrika word jy slegs op die vingers getik en vrygelaat na n geringe tydperk agter tralies. Oortreders hier doen dit oor en oor omdat dinge so lekker in die tronke plaaslik is. Letitia word in haglike omstandighede aangehou. Feit is egter dat Maleisie en ander oosblok lande geen simpatie het met oortreders nie, omdat dit hulle samelewing verlam, en daadwerklik optree. Die 2 moes vooraf geweet het dat Maleisie se polisie nie dom is nie, en jare al oortreders vasvat, hoe slim jou tegniek ookal mag wees. Om as n vreemdeling in n ander land te gaan oortree is mindblowing !!. Ons gebede is met haar.

DieWaarheid ·

As daar geen werk is vir jong mense nie dat sal hulle n kans vat. Dwelms is absoluut verkeerd, maar ek dink ook nie doodstraf is die gepaste straf nie. Wat meeste mense nie besef nie is dat as jy die wet verander sodat dwelmsmokkelaars tot die dood veroordeel word , dan word die dwelms op straat baie duurder. As jy n “contact” het in die politicy kan jy jou dwelms nog steeds goedkoop inbring, maar duur verkoop. “Scapegoats” soos Letitia hier is propaganda dat die staat hulle werk doen.

LB S ·

JJ. Ek stem 100% met jou. Hoeveel jong kinders se lewens en/of toekoms is daarmee heen deur hierdie geldgierige nikswerd goed wat niks voel vir ‘n ander nie. Glo my, ons is ook geraak hierdeur en ek weet presies waarvan ek praat.

hartseer ·

Dis so jammer om te sien hoe onbesonne optrede ‘n ouer en kind se lewens onherroeplik kan beinvloed. Ek voel bitter jammer vir die ma, haar dogter en ander familielede.

Dink mense, DINK voordat hulle sulke dinge doen wat jul lewens kan vernietig. Dit kan mos nie die moeite en geld werd wees nie?

Realis ·

So hartseer as wat dit mag wees vir die familie, sy het die bedoeling gehad om ander mense se lewens te help vernietig. Soveel as wat hier gewoonlik geskree word om die doodstraf vir plaas moordenaars terug te bring, soveel moet daar nou geskree word om die doodstraf vir dwelmhandelaars terug te bring.

Laurika ·

Ons SA’ners is gou om die buitelanders by ons te blameer vir als wat hier skeefloop, van dwelms na mensehandel ensovoorts. So voel Maleisië en sy mense ook seker maar oor ons SA’ners. Ek voel dat ons hulle regsstelsel moet respekteer – hulle doen als in hulle vermoë om hulle land se burgers te beskerm. Ons kan inteendeel iets leer by hulle.

Shaun ·

Ek bly in Thailand…….Jy bring nie dwelms na i Asiatiese land toe nie!!!…….Jy kry die doodstraf!……….Hier speel hulle nie…

Duncan Potgieter ·

As SA owerhede net die probleem van dwelms wat absoluut buite beheer is, finaal wil oplos en onder beheer wil bring, moet die voorbeeld van Maleisie gevolg word met persone wat met dwelms smokkel. Duisende mense en veral die jeug in SA se lewens word daagliks verwoes en niemand “worry” daaroor – bring die doodstraf ook in SA vir mense wat met dwelms smokkel terug en moet nie sulke mense wat in die buiteland vasgetrek word en die doodstraf kry, nou skielik jammer kry.

Nettie ·

@Shaun – ek stem: as jy in Rome is, maak jy soos die Romeine maak. Almal wéét dat dwelmhandelary met die doodstraf strafbaar is in seker Asiatiese lande. En dat die doodstraf dáár DOODstraf beteken. Tensy dié dame ‘n onskuldige “drug mule” was (jy kry gevalle waar dwelms op onskuldige reisigers ‘geplant’ word), kan ek nie sien wat haar pleidooi sal wees, hoekom haar lewe gespaar moet word nie. 1,9kg tik is nie ‘n kléín ou bietjie dwelms wat sy by haar gedra het nie; dit is nogal ‘n taamlike hoeveelheid.

Sloet ·

Geen regering kan die dwelmprobleem “oplos” nie, dis ‘n wêreldwye probleem. En die doodstraf help nie daarteen nie.
Waar kom al die dwelms vandaan wat in lande soos Thailand en Maleisië daagliks gebruik word? Ingesmokkel of plaaslik verbou en gemaak, ten spyte van die doodstraf.

GM ·

Hier in S.A. word moordenaars versorg in tronke, daar kry jy die doodstraf as jy smokkel met dwelms. Die vraag is, waar trek mens die lyn? Dwelms verwoes lewens, smokkelaars sien net $$$-tekens. (Daar is natuurlik gevalle ook waar mense gedreig word dat hul kinders/familielede skade berokken sal word indien die man/vrou nie saamwerk nie).
Op 22 moes die dogter al van beter geweet het, nogtans hoop ek dat sy doodstraf sal vryspring en eerder sal inspring om sulke dinge te probeer bekamp. Dit moet vreeslik wees vir die ouers. (Maar netso ook vir ouers wie se kinders dwelms gebruik wat verkry is van mense soos Letitia).

HPV ·

“Dadah is death” staan groot geskryf op kennisgewings op lughawens in Malaysia, so voor jy aanmeld het jy nog ‘n keuse om om te draai, om te draai om dwelms daar in te neem of om te draai om ander se lewens te verwoes met dwelms! Sou jy dan gevang word, word die doodstraf summier opgelê. Die kans is egter skraal dat die vonnis gewysig sal word. Die land is bekend dat geen genade betoon aan dwelm smouse nie. Google “Dadah is Death” Jammer vir haar familie, sterkte want julle gaan dit nodig kry.

christa ·

elke ma wil die beste vir haar kind he. Ek het baie simpatie met haar ma maar nie met haar nie. Sy is nie meer ‘n kind nie en het geweet waarvoor sy haar inlaat . Dwelms verwoes mense se lewens. Ek het geen simpatie met die vrou nie. Sy het geweet wat om te verwag.

Ekke ·

Die mense wat so vinnig oordeel en vingers wys weet nie hoe dit voel vir n ma om sulke comments te lees en sien nie en respekteer ander se gevoelens elke een het n reg op n 2 de kans en sy het wel n fout gemaak en sy berou vir wat sy gedoen het maar kom aan mense wees bietjie genadig en sy het geleer uit haar foute en seker sy sal nie weer so fout maak nie ??

Jacobus ·

@Ekke, u sê die dame moet ‘n tweede kans kry; moet ‘n moordenaar ook ‘n tweede kans kry en wat van ‘n verkragter?

Indien u ja antwoord op bogenoemde, sal u ook saamstem dat die slagoffers van misdaad ook ‘n tweede kans moet kry.

Maar hoe gee u aan ‘n vermoorde persoon ‘n tweede kans op die lewe, hoe gee u ‘n verkragtings slagoffer haar menswaardigheid, onskuld, selfrespek en vertroue in die manlike geslag terug en hoe gee u die verlore jare wat ‘n dwelmverslaafde verloor het terug.

Ek het simpatie met die dame se moeder, maar daar moet besef word deur u, ander wat soos u dink en die dame se familie dat die uitsprake en kommentaar teen die dame wat die misdaad gepleeg het gemik is en nie teen die familie nie.

Ek is ‘n groot voorstander van die doodstraf vir alle misdade en nie net halsmisdade nie.

As u misdaad wil pleeg moet u die gevolge kan dra van u dade.

Swart Piet ·

Ja nou hou die Asiatiese land hulle so heilig, maar hulle regerings is ook so korrup dis nie eens snaaks nie.

WitBlits ·

Dan moet SA seker die doodstraf vir rhinosterstropers, ens uitdeel want die Asiate vernietig ons wildlewe en hoekom mag ons nie so ernstig daaroor wees soos wat hulle is op die impak wat dwelms op hulle mense het nie!!

Cherokee ·

WitBlits, jy het hier iets gesê wat nie net ligtelik gelees moet word nie. Dit is woorde wat debatwaardig is. Iets wat jy meer kere behoort te herhaal.

Gilla ·

Goeie hemel, maar julle is onverdraagsaam. Moet sy nou boet vir al die kinders wat SELF besluit het om dwelms te gebruik? Dit was hulle eie keuse om dit te gebruik. Sy maak dit nie, gee die doodstraf vir die mense wat dit maak. Genade tog, geen wonder ons land is waar dit is nie, want julle is absoluut onverdraagsaam en oordeel te veel oor ander mense. Soos ‘n slang wat net regstaan om te pik by die geringste dingetjie wat verkeerd gedoen word.

Piet ·

Ek stem nogal saam met jou Gilla, ek hou van geregtigheid, dit lyk vir my egter of die kommentators nogal oordrewe is met hulle soekke na vergelding. Die klomp wat drugs in hulle neuse op snort sal hulself vergryp aan drank as hulle daardie goed nie kry nie. Mense is baie desperaat vandag en dan val hulle soms uit die bus uit. Die vrou moet haar tyd doen, maar dis nie nodig om n mens wat reeds le te skop nie.

manies ·

Nee, sy moet nie boet vir eindgebruiker se verslawing nie. Sy moet boet vir keuse wat sy gemaak het om die dwelms te smokkel na n land waar die doodstraf toegedien word wanneer jy gevang word.

Stuiwer ·

Die deler is net so goed soos die steler. As jy dit verkoop, is jy net so skuldig soos die een wat dit gemaak het. En dis ‘n feit, geen onverdraagsaamheid bedoel nie.

Andre ·

Gilla en Piet, stem saam dat dit die verbruiker se keuse is, maar as mense soos sy dalk sal ophou om dit die wereld deur te versprei sal niemand dit gebruik nie. Haar straf is haar straf en sy sal moet boet daarvoor. Ten minste word net een lewe verloor hier in plaas van baie ander.

Kari ·

Nes jy sê, sy het self die keuse gemaak, so dan moet sy boet.

Ria ·

Dis so hartseer ek weet wat daardie ma deur maak ek wens mense wat so vinnig vingers wys en se dit kan nooit met hulle gebeur nie hoe moet die ma voel as sy sulke negatiewe comments lees.Dit gee die ma ook nou nie meer lus vir niks nie wys bietjie simpatie en sterke Elsie en Letitia daar sal n uit koms wees ?

Gilla ·

Het die gebruikers van dwelms gedink aan hoe verwoes hulle hul eie lewe. Sy hou nie ‘n pistool teen hulle kop om dit te gebruik nie. Gee dan eerder die ouers die doodstraf wat hulle kinders so verkeerd opvoed om dit te gebruik.

Andrea ·

Ek stem saam. As dit jóú kind was? My groot vrees is dat dwelms sekerlik ook geplant kan word op n mens? Want kan mense nog só dom wees om willens en wetens as muile op te tree?

marco polo ·

Hoe plant jy 1,9kg se dwelms? Sy wou vinnig geld maak. In die Ooste speel jy nie met dwelms nie, punt. SAners het te gewoond geraak aan wetteloosheid, dit mag werk in SA, maar nie in baie plekke elders nie.

Stella ·

Almal maak foute, ons moet bid dat God haar daar sal uit red soos Hy ons ook gered het. Ek bid sonder ophou, sy is nog so jonk, baie hartseer saam met julle.

Feit bly! ·

Feite bly ,korrup of nie..jy voer dwelms in, hul vang jou, hul hang jou….verstaan???
So eenvoudig soos dit …kry dit in jul koppe!!L

Antoinette ·

Ek stem saam Laurika. Ons is almal net moeg vir die misdaad in SA. Wat het sy gedink gaan gebeur as sy gevang word met die dwelms, hulle gaan haar oor die vingers tik, nee wat in Thailand speel jy nie met die owerheid nie en beslis nie as dit by dwelms kom nie. Ek stem verander die dood straf na lewenslank tronkstraf en laat sy daar by. Ons tronke is te gemaklik en hier sal sy uit wees oor n paar maande en dan doen sy weer dieselfde.

Laurika ·

Net so Antoinette – hier in SA se tronke is daar meer dwelms as daar buite! Jy kry 3 gebalanseerde maaltye per dag, behou elk van jou menseregte (al het jy iemand anders van hulle sin ontneem), en word vroeg uitgelaat (asof jy nie reeds die ligste vonnis denkbaar gekry het nie) omdat die tronk oorvol is. In Engels sal hulle sê: You do the crime, you do the time. Klaar.

christa ·

Gilla ek glo daaraan as jy ander kan verhoed van seerkry, sal jy. Nie die gevaar nog na hulle aandra nie. Hulle gebruik dit uit eie wil, so ook het sy dit gedoen uit eie wil, net om gou ryk te word. Nie om gegee wie daaronder gaan lei nie. Sy verdien haar straf.

Francois le Cochon ·

Ek het nogal empatie met Letitia en kry haar eintlik jammer. Dit moet erg wees om te weet jy gaan op ‘n dag jou laaste maal he^, na die galg begelei word, voor gebid word, ‘n tou om jou nek kry, en jy weet jy is oor ‘n rukkie dood van jy nek wat gebreek word.

Piet ·

Francois ons verskil soos dag en nag van mekaar en tog stem ons weer saam op die hierdie punt. Ek verstom my soms aan mense se totale afwesigheid van empatie. Ek reken ek word seker maar sag, maar ek sou mense net hang vir moord en verkragting as ek n regter was.

Ek vra ·

Is sy skuldig? Was sy bewus van die smokkel of het sy ook in die boewe se storie net n karkater gespeel?
Kan SuidAfrika se hopelose regering nie uitvind en as sy onskuldig in n slagyster getrap het, haar help nie.

treurgrond ·

Dis net sad sad vir ‘n ma – baie baie sad want sy weet haar kind lewe maar kan haar nie sien nie – in ‘n tronk in Suid Afrika sal sy haar kind kan sien. Sy weet haar kind het die verkeerde besluite geneem – dit mag dit wel wees dat sy haar straf verdien want dwelms is beslis nie ‘n goeie ding nie glad en geheel al nie, Maar stuur haar Suid Afrika toe – Elsie bid vir jou kind want jy love haar to the moon and back en glo in jou hart jy gaan haar sien.

Viss ·

Sy het geweet wat sy doen, ek voel baie jammer vir haar ma……….maar geen genade vir smokkelaars.

Anita ·

Almal verdien n 2de kans. Ons het al almal nonsens aangejaag en net daarmee weggekom – sy ongelukkig nie. Laat elkeen wat sonder sonde is, die eerste klip gooi. Soos ons judge sal ons gejudge word. Bid liewer vir die arme kind en ma.

Jacobus ·

@Anita, u is reg, ons almal het al nonsens aangejaag, maar bitter min van ons nonsens het verband gehou met die pleeg van ‘n misdaad.

Indien enige persoon op AVBOB se stoep wil speel, moet die betrokke persoon die gevolge kan dra van sy of haar dade.

Stuiwer ·

Anita, ek stem saam dat ons almal sonde het, maar ons kan nie net doen wat ons wil nie. Daar is gevolge. Ongelukkig het sy die verkeerde land gekies om in dwelms te smokkel en nou gaan sy die gevolge dra.

Pendoring ·

Anita, dis waar dat elkeen ‘n tweede kans gegun word, mits die eerste kans ‘n ongeluk was. Op 22 het sy GEWEET die plaat is warm, dit was nie nodig vir haar om daaraan te raak nie. Nou is die vingers verbrand. Jammer! Te laat vir ‘n tweede kans.

Gesiggie ·

Ek voel bitter jammer vir die Ma… vir als wat sy moet deurmaak agv dat haar dogter met dwelms smokkel? wat het haar besiel sy moes geweet het hul sal haar uitvang? maar ook Regtig doodstraf vir Dwelms… hier in SA Moor hul ons boere , dit is baie erger as dwelms.. hoekom nie vir hul die doodstraf gee… hierdie Ma moet elke dag sit en warry of haar kind ok is…ek Bid dat hul haar genadig sal wees en dat sy vry gelaat sal word… hoop sy het haar les geleer…en jammer as ek verkeerd is, ek oordeel nie ( as iemand dit in haar sak geplant het??) maar ek dink aan die Ma wat soveel hartseer moet ervaar en wonder… is my kind ok. Sterkte hoop regtig als werk goed uit.

Anoniem ·

Ek is nie vertroud met die feite nie, maar indien sy in die situasie beland het met die doel om dwelms in te smokkel, het ek geen simpatie met haar nie. Sy moes vooraf geweet het dat dit in die Ooste die doodstraf beteken. Indien sy dit egter onbewustelik gedoen het en dit in haar tas “geplant” is, hoop ek sy kan hulp kry.

Stuiwer ·

Ek het gemengde gevoelens hieroor. Dis aan die een kant erg dat doodstraf geld vir so ‘n misdaad, maar as jy dwelms smokkel, moet jy ook weet wat met jou gaan gebeur as jy gevang word. Nietemin hoop ek sy mag in SA haar vonnis uitdien en dat sy nie finaal die doodstraf sal kry nie.

Mickey ·

N moeder hart bly maar n moeder hart maar wat besiel mense om dwelms te gebruik. My ouers het my so bang gepraat vir die goed dat ek ver weg gebly het van mense wat die goed gebruik. En wette bly wette. Dit is hoekom hulle daar is. As hulle mense gaan begin oorsien gaan al hoe meer mense begin dink hulle kan wegkom daarmee. Ons land is n baie goeie voorbeeld. Jy kan maar moord pleeg maar moet asb nie in n publieke plek rook nie.

Anita ·

My hart gaan uit na die tannie en haar dogter. My broer is Januarie in Malaysia ook die doodstraf op gele, ons wag nou nog op n apel datum. En ek moet daagliks sien hoe my ouers agteruit gaan van stres oor hom en wat gaan gebeur. As julle nog nie in die posisie waa nie moet aab nie oordeel nie mense, dis hel. Ons almal mis hom ay kinders en my ouera die meeste. N mens kan net op GOD se genade staat maak want die SA regering doen niks vir ons mense daai kant nie. Hulle wil ook nie die uitruil ooreenkoms teken nie want hulle se wat van die buite landers in ons tronke, wat as hulle na hulle land terug gestuur word en doodgemaam word dis onmenslik, maar dis niks as ons mense in n ander land dood gemaak word nie.

Jacobus ·

@Anita, as u broer wetend die misdaad gepleeg het, dan het ek geen genade of simpatie met hom.

U kan nie die wat die doodstraf voorstaan blameer vir u broer se dade nie.

Met u ouers en sy kinders het ek simpatie, maar u kan nie die blaam verskuif vir sy besluit nie.

Mag sy straf tog ‘n les bring en wees vir die wat moontlik daaraan dink om ook wetend ‘n misdaad te pleeg in ander lande.

Dalk moet die SA Regering meer fokus verskaf op sulke sake in die SA media om sodoende Suid Afrikaners te ontmoedig om misdade in ander lande te pleeg en die SA Regering se besluit om dalk die minimum te doen het dalk daarmee te doen dat hulle moontlik Suid Afrikaners wil ontmoedig.

U moet ook onthou dat buitelandse betrekkinge tussen lande’n groot demper plaas op watter hulp verleen kan word want lande kan nie gesien word dat hulle misdaad aanmoedig.

Elke land het sy eie wette en pas menseregte toe soos hulle goeddink.

Omdat Suid Afrika nie die doodstraf voorstaan nie, beteken dit nie dat ander lande ons voorbeeld moet volg nie; dit is elke land se eie besluit hoe misdadigers gestraf gaan en sal word.

Cherokee ·

Jacobus, dat jý geen simpatie het met Anita se broer, is tog nie ‘n faktor nie. Dit dra geen gewig nie. Die mense wie se simpatie enigsins tel is is in posisies waar dit ‘n rol sou speel.

Omgee ·

[Prediker 7:20]
want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie….
Here hou asb U hand oor die kind. Ek glo ons almal het sonde maak nie saak hoe groot of hoe klein dit is nie. Wie gee ons die reg om haar te judge. Ek glo syt haar les geleer. Ja ons almal as ouers is bekommerd oor die drugs wat ons kinders se lewe so verwoes. Maar ek glo sy verdien n kans… sterkte ek hoop en bid jy kry n 2 de kans om as n getuiene vir Jesus te wees..

MTSteyn ·

Amen! Dit wil voorkom of hier baie outjies en vroutjies sou wees wat eerste die klip sou opneem na Jesus se uitnodiging vir die sondeloses om met die oordeel voort te gaan. Julle wat so skree, maak seker jou saak met jou Skepper is reg, binnekort gaan Hy jou Regter wees

Danie ·

Lees tog daarmee saam Eksodus en Levitikus om te sien hoe groot God se genade eintlik is. En moenie vergeet nie: Jesus is die doodstraf opgelê, Hy het ‘n baie wrede dood gesterf, Hy moes die skuld tot in die hel dra. Eers daarna het ons ‘n twee kans gekry. Het hy uit die dood (let wel) opgestaan. Moenie hierdie genade goedkoop maak nie. Dit bly genade. Dit kom God toe om te besluit aan wie Hy dit wil bewys. Jy kan nie namens God besluit wie genade moet verdien nie. Bid daarvoor. Laat dit aan God oor.

Niklaas ·

Geen simpatie met dwelm verspreiders. Ek het soveel van hul slagoffers, die verslaafdes, al gesien. As hierdie muil net kan sien hoe dwelms lewens en loopbane vernietig sal hulle skrik . Met die smag na onwettige inkomste is groter as gewetens kwellings. Daardie swaar Maleisiese strawwe laat die muile tog baie besin en verspreiding het baie afgeneem.

Anoniem ·

Hulle moet hier in SA ook die wetgewing verander na doodstraf vir dwelms dan sal 99% van alle Nigeriers en ander buurlande se mense terug wees in hul eie land om hul eie mense te vergiftig. Dit is n groot problem en ek glo ook tydens oproer is daar n grtoot getal van die mense wat een of ander narkotiese middle gebruik dit is hoekom hulle so vernielsigtig en moordadig word.

Riaan ·

Dit is die beste ding wat kan gebeur,jammer vir die ma.Was daar nie dalk n tekort aan dissipline met die opleiding nie.Die smokkelaars dink net aan hulle self en die geld wat hulle kan maak met die smokkel,Hulle voel niks vir die gesinne wie se lewens hulle opneuk nie.Dankie aan die Maleisie se Regeering

Essa ·

Al hierdie genadelose verdoemende oordele!? Sy het aangevoer dat ‘n sak vir haar geskenk is deur ‘n man op ‘n lughawe. Naief en dom om dit te neem ja, maar dan ‘n slagoffer van slinkse smokkelaars. So almal van julle wat so hatig te kere gaan – wat as haar verweer waar is? Tragies.

Andrea ·

Ek stem saam met jou! Daar bestaan tog seker n kans, dalk bitter klein, dat sy die waarheid praat oor die sak wat sy gekry het?

James ·

Die feit dat hul die muile ter dood veroordeel jaag die dwelmpryse op en lei tot verwoesting van dikwels relatief onskuldige individue wat in geldnood verkeer.

Die regerings moet meer doen om die mense wat die muile stuur te vang en elke muil gee só ‘n geleentheid.

Andre ·

Dalk sal doodstraf vir dwelm smokkelaars in Suid Afrika n goeie ding wees. Dink net hoeveel Nigeriaanse burgers sal moet boet.

Cherokee ·

Daar is mense wat elke immigrant, asielsoeker of insypelaar uit Afrika aansien vir Nigeriërs. Ek het elke dag te doen met mense vanuit die Kongo, Ethiopië, Uganda, Zambië, Zimbabwe, Liberië en ander lande. Vir vele mense is hulle Nigeriërs as hulle swart is en ooglopend nie lokaal.

CAROL ·

Karl – Ek stem saam jou. Ek meen sy is mos al mooi groot. Behoort mos te weet wat reg en verkeerd is!!!

LORRIE ·

Het Jesus dan verniet gesterf. Jesaja 52 se dat Hy so verbrysel was dat Hy nie meer as n mens kon gesien word nie. Hy het die beker gedrink, vir elke dwel verkoper, dwelm verslaafde, moordenaar, verkragter….. wat tans in beweging is en wat nog gaan kom. Sy Genade is genoeg vir Elke mens op hierdie aarder, maak nie saak n groot jou SONDE is nie. LOOF HOM!!!!

Feit bly! ·

Liewe Jesus het nie ander mense se lewens verwoes met dwelms nie.
Sy alleenlik sal moet bid en om vergifnis vra…..sy het haar eie lot bepaal net die Here se genade kan haar nou red… hoe dit ookal eindig die dame gaan n groot prys betaal vir haar domheid….

Grotman ·

Goeie genade mense. Waar is julle genade? Almal gooi te maklik klippe. Is dit wat ons sogenaamde volk geword het?. Niemand is sonder voute en niemand het nog nie sond gepleeg nie. Waar is die saam staan, die gebede as een. Onthou dat die mens veroordeel maar net God eendag gaan oordeel.

MTSteyn ·

@Danie,

Jesus het vrywillig Sy lewe afgele; net soos Hy vrywillig sy woning verlaat het om tussen sondaars te kom woon. Daar was geen hofsaak, skuldigbevinding of vonnis nie; Pilatus was geen (regverdige) regter nie, maar bloot ‘n swak leier wat ‘n opstand gevrees het.

Jesus se opdrag oor die toon van genade, selfs aan jou vyande!, is duidelik in Sy Woord, nog lank voordat Hy gesterf het. Hy het Sy genade lank voor Sy dood getoon, immers vanaf Adam & Eva.

Lees die hele Woord, en gebruik die hele Woord in jou geloofsgesprekke en sekulere lewe.

VDT ·

Maggies mense, lees bietjie oor Vanessa Goosen. ‘n Doodeerlike, onskuldige mej SA-finalis wat ‘n vriend ‘n guns wou doen deur boeke vir hom saam te neem. Min het sy geweet van die dwelms wat in die rugkante van hierdie boeke versteek was. Toe sy op die lughawe vasgetrek word, het sy nie eens geweet wat aangaan nie. Haar kerel, wie se kind sy verwag het, het haar gelos. Sy moes haar dogtertjie na Suid-Afrika stuur waar ‘n vriendin haar grootgemaak het. Haar vriendin is oorlede voor sy haar kon bedank daarvoor. Sy het 16 jaar in Thailand deurgebring.
Sy is slegter behandel as die grootste misdadigers in Suid-Afrika en julle dink julle het die reg om te oordeel?! Wie se dis nie dieselfde geval nie? Die Bosman-meisie was dalk ook ‘n onskuldige slagoffer van dwelmhandel – het julle wat so baie weet, enige bewyse dat syself ook dwelms gebruik het? Skaam vir julle!!!!!!!!!

Pietertjie ·

SY het geweet wat die straf sal wees as sy gevang word. Dit is hulle land en hulle wet en almal moet dit nou maar aanvaar. En as jy nie bereid is om pa te staan vir hou dade nie, bly dan liewer weg. Ek haal my hoed af vir lande wat so streng is. Gaan maak maar n draai daar. Jy lewe nie in vrees soos wat jy hier doen. In SA skiet mense perongeluk hul geliefdes dood uit vrees vir die nonsens wat hier aangaan. Sterkte vroutjie vir wat vir jou voorle en sterkte aan die familie

Faan Bothma ·

Ek steun doodstraf vir dwelmhandelaars / smokkelaars. Hulle is indirekte moordenaars.

Essa ·

VDT ek is bly jy noem die Vanessa Goosen geval – ek kon die verhaal maar nie haar naam onthou. Goeie voorbeeld hoe mense onwetend as muile gebruik word.

Moggy ·

My hart bloei vir hierdie meisie en haar ma maar sy moes van beter geweet het. Waar is die smokkelbase wat haar dilemma veroorsaak het? Sy moes dit in opdrag van iemand gedoen het en die 1.9kg dwelms tog iewers vandaan gekry het of dit iewers gaan aflewer het. Word dit nie ondersoek nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.