SA vrou in hof na moord op kinders

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: The Telegraph

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: The Telegraph

ʼn Suid-Afrikaanse vrou is formeel aangekla van die moord op haar drie gestremde kinders nadat hulle dood aangetref is in ʼn huis in Londen.

“Mev. Tania Clarence (42) sal Vrydag 25 April in die Wimbledon-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord,” het Scotland Yard, in ʼn verklaring gesê. Clarence is in hegtenis geneem nadat die liggame van haar driejarige tweelingseuns, Ben en Max, en haar vierjarige dogter, Olivia, Dinsdagaand gevind is.

Die polisie is omstreeks 21:30 na die huis in New Malden, suid van die hoofstad, ontbied. Die polisie het toe op die kinders se liggame afgekom. Volgens ʼn buurvrou, wat anoniem wou bly, was daar vier kinders in die gesin, waarvan drie aan spinale spierdistrofie gely het. Clarence is ʼn grafiese ontwerper en haar man, Gary, werk vir Investec in Londen.

Dit is in die stadium steeds nie bekend hoe die kinders vermoor is nie en is die polisie steeds besig met die nadoodse ondersoeke.

Volgens die Telegraph was Gary en die egpaar se oudste dogter in Suid-Afrika toe die kinders vermoor is. Gary en sy dogter het intussen teruggekeer na Londen.

Lees ook:
SA’ner ma vas vir moord op drie kinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Vir geen oomblik kan ek myself voorstel in hierdie vrou se skoene nie. Ek sal dus ook nie oordeel nie.

Tragiese, hartseer gebeure.

anell fourie ·

Ria ek stem so saam met jou. Alhoewel sy verkeerd was,dink ek nie ons kan onsself begin voorstel wat sy moes deurgaan nie. My gebede is by die kindertjies wat nou is waar hul vrylik kan beweeg en geen pyn en ongemak ken nie, maar ook by die vrou en familie

Ria Maritz ·

Absoluut Anell, en dan natuurlik by die pappa en die enigste kindjie wat nou oor is. Ons kan elkeen net opdra in gebed !

Elize ·

Ja,so tragies,maar stem saam,ons sal nie weet,hoe moeilik die grootmaak van die 3 kindertjies,wat so hulpeloos was,aan daardie vrou gevat het nie.Nooit kan n mens haar oordeel nie.Want ek glo,dat geen Mamma haar kinders sommer net sal dood maak nie.Ek glo,sy was moedeloos verby,en baie depresief.
Sterkte aan haar man en dogter,en aan alle familie.Dit was vreeslik om so n tyding te kry.
My hart gaan uit na haar en haar familie.

Lucretia ·

Ek is jammer vir die vrou want ek is ook n moeder van 3 gesonde kinders wat sy moes deurmaak dit veg baie krag en moed

Shirley Wassenaar ·

Stem. Mens kan nie oordeel nie voordat jy al die feite ken nie. Ek kry haar in elk geval jammer want sy moet die res van haar lewe met haar gewete saamleef. Ek wonder hoe sy hulle vermoor het hoekom het sy ook wonde op haar gehad want hulle se sy is in die hospitaal behandel of was dit vir skok?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.