SA-vrou in Israel aangekeer

Leigh-Ann Naidoo

Leigh-Ann Naidoo

Leigh-Ann Naidoo, ʼn voormalige Suid-Afrikaanse atleet en akademikus aan die Universiteit van die Witwatersrand, is deur die Israeliese owerhede in hegtenis geneem.

Naidoo en 12 ander vroue is in internasionale vaarwater in hegtenis geneem deur ʼn Israeliese vlootkommando. ʼn Woordvoerder van Womens Boat to Gaza (WBG) het Donderdag gesê hulle was op pad na Gasa om die Israeliese beleg in Gasa te probeer beëindig.

Die 13 vroue wat tans in Israeliese aanhouding is, sluit die 1976 Nobelpryswenner Mairead Maquire van Noord-Ierland, Fauziah Hasan, ʼn dokter van Maleisië, ʼn paar parlementslede en ʼn voormalige Amerikaanse weermag-kolonel, Ann Wright, in. Naidoo is enige kontak met die buitewêreld ontsê.

WBG wat deel uitmaak van die internasionale Freedom Flotilla-koalisie, is 36 seemyl van Gasa onderskep. Die koalisie het by verskeie geleenthede die Israeliese vlootblokkade van Gasa probeer onderskep deur na die kusgebiede te seil.

Zeenat Adam, ʼn woordvoerder vir WBG, het gesê hulle is ongelooflik bekommerd oor Naidoo en die ander vroue se welstand aangesien sommige van hulle al in hul 70’s is. “Die boot is in internasionale vaarwater onderskep, dit was nêrens naby Israel nie en het geen bedoeling gehad om daarheen te gaan nie. Wat die Israeli’s gedoen het, is onwettig en teenstrydig met die maritieme wette”.

Die Suid-Afrikaanse ambassades in Tel Aviv en Ramallah is betrokke en het gesê hulle voorsien Naidoo van die nodige konsulêre bystand.

Adam het bygevoeg hulle het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gemaan om dringend in te gryp.

Freedom Flotilla Coalition. Foto: Facebook.

Freedom Flotilla Coalition. Foto: Facebook.

Adam sê hulle glo egter nie dat die departement of die ambassades genoeg druk op Israel plaas om die vroue vry te laat en hul veiligheid te verseker nie.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, het gesê hulle is bewus van die geval en dat dit by die ambassade in Tel Aviv aangemeld is. “Die ambassade skakel met die owerhede en versoek konsulêre bystand vir die vroue,” het Kgwete gesê.

Volgens die Israeliese Haaretz-nuuswebtuiste het ʼn senior Israeliese beampte gesê die vroue het geen weerstand gebied toe die Israeliese kommando’s die boot by hulle oorgeneem en na Ashod in Israel gevaar het nie. Die plaaslike owerhede het gesê die nodige administratiewe prosesse sal eers afgehandel word voordat die vroue gedeporteer sal word.

Sommige pro-Palesteinse aktiviste beskuldig Israel van sabotasie en meen vorige pogings deur die Freedom Flotilla om bote na Gasa te stuur is deur onderwateraanvalle gesaboteer.

In 2010 is tien Turkse burgers en een Turks-Amerikaanse burger doodgeskiet toe hulle die vaartuig Mavi Marmara bestorm het in internasionale vaarwater lank voordat hulle naby aan Gasa was.

Die mans was nie gewapen nie en het die kommando’s met ysters en stoele beveg terwyl hulle die Mavi Marmara beset het. Daar is as gevolg daarvan ʼn verbod van ses jaar op handel tussen Turkye en Israel ingestel.

Die twee lande het in Junie ʼn ooreenkoms onderteken wat volle diplomatiese bande herstel het nadat Israel sowat R275 miljoen aan die Turkse families van die mans wat doodgeskiet is uitbetaal het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JC ·

MOOI SO ISRAEL!!!!
Die Israeli’s vat darem nie nonsens nie, soos SA in die verlede.
Dit wil vir my voorkom asof dinge weer aan die draai is, en die polities korrekte nou hul nadraai en zenith bereik het!! PASOP, een van die dae is julle diktatuur iets van die verlede!!
Van hier af kan dit net beter gaan, met ‘n goeie skoot Afrikaner nasionalisme!!

Columbiana ·

In jou drome JC. Waar gaan die “Afrikaner nasionalisme” sy huis vind? Orania?

Gerhard ·

Meng jou met die varke …dan sal die wind jou soos semels wegwaai…

John ·

Die vrou is ‘n moeilikheidmaker en sensasiesoeker. As sy ‘n lektor is, hoekom is sy nie hier waar die lesings moet aangaan nie. Is Wits is nou ‘n Indiese universiteit… lekker naby die Gupta-paleis?

JC ·

Afrikaner nasionalisme gaan sy tuiste vind in Suid-Afrika Columbiana, want ons as Afrikaners is die ware kinders van Suid-Afrika.
Jou kommentaar het nou net jou bevooroordeeldheid bewys. Maar sterkte vir hou hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.