SA vrou in Nieu-Seeland vas oor dwelms

Laura Elizabeth Cilliers. Foto: Stuff.co.nz

Laura Elizabeth Cilliers. Foto: Stuff.co.nz

‘n Suid-Afrikaanse vrou is in Nieu-Seeland in hegtenis geneem en moes geopereer word nadat daar heroïen in haar ingewande gevind is.

Stuff.co.nz berig dat Laura Elizabeth Cilliers (32) op 15 Junie met heroïen ter waarde van $1,2 miljoen is haar besit gevind by die Christchurch-lughawe na ‘n vlug vanuit Singapoer.

Volgens die berig is daar heroïen in haar bagasie en in haar ingewande gevind. Cilliers moes glo 13 dae in ‘n hospitaal in Christchurch spandeer nadat van die heroïen onder meer sjirurgies verwyder moes word.

Volgens die berig het Cilliers tydens haar eerste hofverskyning skuldig gepleit op die aanklag teen haar. Sy bly in aanhouding en sal weer op 20 Augustus in die hof verskyn.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Genade, op die foto lyk sy self of sy onder die invloed van dwelms is. Wat besiel die mense!!!???

EMK ·

@tom – tel jou woorde! Daar is in elk geval BAIE meer keuses oor hoe om geld WETTIGLIK te maak, maar smokkel van verdowingsmiddels is mos net makliker! Jy probeer net uitlokkende kommentaar skryf – terwyl jy nie eers kan spel nie, maar ek het jou klaar gerapporteer, so hopelik verwyder Maroela jou gou!

Belinda ·

Ek stem Amy…………….maar vir my part kan hulle haar maar hou sy is geen loss hier nie…………….wil net onskuldige lewens verwoes sy en haar gespuis………………en hulle lees elke dag hulle gaan gevang word maar ja dom bly dom!

nicolene ·

Hoe kan hulle Laura so behandel ek sal sorg dat sy uitkom maak nie saak hoe nie ons almal in Suid-Afrika mis haar bja sy moet terug kom huis toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.