SA vrou sterf glo in Suid-Korea

Seoul, Suid-Korea. Foto: https://pixabay.com

Seoul, Suid-Korea. Foto: https://pixabay.com

ʼn Suid-Afrikaanse vrou en haar kêrel is glo in Seoul, Suid-Korea dood nadat hulle drie verdiepings ver van die dak van ʼn gebou af geval het.

The Korea Herald berig die 26-jarige vrou en haar 31-jarige Amerikaanse kêrel het mekaar glo op die dak van die gebou in Itaewon gesoen toe hulle geval het. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, waar albei dood is.

Volgens die nuuswebtuiste vermoed die polisie nie enige vuilspel nie.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO), het op navraag van Maroela Media gesê hy dra nie kennis van die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gesiggie ·

Ag nee wie gaan nou op n dak wil staan om te soen? dit is nou regtig so onnodig, wou seker maar n beter uitsig geniet… net jammer dit het skeef geloop.. Jammer aan die Familie wat jul geliefdes verloor het. wat n rare storie” Liefde laat n mens snaakse dinge doen?

fred ·

Jammer, maar dit klink nie vir my na “n gesoenery nie” What a sad way to go.

Barno ·

Ons ken die familie van die oorlede meisie.

Dit is baie hartseer. Tot dusver klink dit of dit regtig ‘n ongeluk was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.