SA-vrou vas in Panama

Die Tocumen Internasionale Lughawe. Foto: https://en.wikipedia.org

Die Tocumen Internasionale Lughawe. Foto: https://en.wikipedia.org

ʼn 42-jarige vrou van Suid-Afrika is Woensdag op ʼn lughawe in Panama in hegtenis geneem.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die vrou is by die Tocumen Internasionale Lughawe in Panama-stad vasgetrek nadat daar glo dwelms in haar besit gevind is. Sy was op pad om via São José en Madrid na Lissabon in Portugal te vlieg.

“Die vrou is deursoek en 5 kg kokaïen ter waarde van R4,5 miljoen is glo in haar besit gevind. Van die dwelms was in ʼn rugsak versteek, terwyl die res in ʼn baadjie se kappie vasgestik was,” het Netshiunda gesê.

Hy het gesê die vrou sal binnekort in ʼn hof in Panama verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pops ·

Nee regtig!!!! Jy weet mos deesdae gaan hulle jou vastrek!! Dink jy regtig jy gaan daarmee wegkom. Jy moet nou maar in die tronk gaan sit as jy wil dom wees.

Bloues ·

Sluit haar toe en moet nie inmeng met die land se vonnis nie.

Voorlaaier ·

Hulle tronke is ni S.A. nie!!….Daar kou jy klippe !!

Scalla ·

Laat sy die dwelms met een slag voor die polisie opgebruik en mag sy dan die emmer skop, hoe dom kan mens wees.

JUDITH ·

James: ek stem saam met jou! STUPID VERBY!!!!!!!!! DAAR IS NIE PILLE VIR ” DOM MENSE NIE!”

Jannie ·

Ja dit altyd n gevoelige ding vir my as n vroumense betrap word wat met dewels vir smokkel. Jul weet daar so baie dinge wat haar kon gedryf het tot dit. Mense handel, kry nie werk nie, verkeerde vriende, skuld dwelem smokkelaars geld en dalk net vir die geld wie weet. Statestiek wys dat meeste van hul wel gevang word so as jy dit doen moet jy moessse rede he.

Arne ·

@Pops – Ek stem saam, n mens sien en lees die elke dag in die nuus.

neelsie ·

Gierigheid het haar ook gekelder.
Wanneer jy reis ,wees net versigtig dat daar nie dwelms in jou tasse ‘geplant’ word nie.
Dit gebeur gereeld in Suid Amerika.

LO ·

Haar dae is getel. Dit maak nie saak hoe gretig jy is nie, daai “triek” trek jy na ‘n land oorsee nie. VERAL nie Panama nie, wat sekerlik ‘n hool van die goed is, al was sy oppad iewers anders.
Verseker het sy geweet daarvan , want versteek in haar baadjie se kappie. Onnosel verby. Maar nou ja, onse Buitelandse Sake sal nou seker weer inmeng.

TTh ·

Is sy dalk ‘n regeringsamptenaar wat vir die ANC regering werk? Hulle kom basies met alles weg.

Marianne ·

Dit Kom daarvan as mense sukkel. Dan vang hulle onnoselle goed aan om geld te kry.
Sy gaan jare sit en haar arme familie hier sal seker min van haar hoor…
Arme desperate vrou.
Of was sy gebruik as lok was en die Groot Handellaar is deur met talked meer kilogramme as sy????

Bloues ·

Jannie. Daar is GEEN aanvaarbare rede vir dwelmsmokkel nie. Geen, maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Ek sien dwelmsmokkel as erger dan moord.

Lance ·

Ag poplap jy weet dis verkeerd so sit maar daar in n tronk en leer jouself skilder intussen

Frans ·

Sy gaan nou gou agter kom almal buite die tronk gaan kfc èet en ni sy ni da ni medesyne vir onosels wees ni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.