SA vrou vas in Thailand oor dwelms

Argieffoto van kokaïen

Argieffoto van kokaïen

ʼn Suid-Afrikaanse vrou is by die Suvarnabhumi-lughawe in Bangkok, Thailand in hegtenis geneem vir dwelmsmokkelary.

Die Bangkok Post berig dat die Suid-Afrikaanse vrou Donderdagaand in hegtenis geneem is nadat daar 7kg kokaïne met ʼn straatwaarde van 24,5 miljoen baht (R7,9 miljoen) in haar besit gevind is. Die vrou is geïdentifiseer as die 34-jarige Monica Meere. Volgens die berig het Thaise owerhede inligting ontvang dat ʼn buitelander beplan om dwelms by die lughawe in te smokkel.

Meere het glo verdag gelyk waarna sy deursoek is. Daar is glo drie plastieksakkies in sjokoladebokse gevind met die kokaïen in. Meere het ontken dat sy enigiets van die dwelms geweet het en sê sy het van Johannesburg na Thailand gevlieg om klere te koop en dit weer in Suid-Afrika te gaan verkoop. Sy beweer die sjokoladebokse behoort aan haar vriend wat haar versoek het om dit vir ʼn Suid-Afrikaner in Thailand te gee.

Nolubabalo Nobanda (23), van Grahamstad in die Oos-Kaap, is in Junie 2012 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis in Thailand nadat daar 1,5kg kokaïne in haar besit gevind is. Nog ʼn Suid-Afrikaner Shani Krebs het 18 jaar tronkstraf in Thailand uitgedien nadat hy in 1994 vir dwelmhandel in hegtenis geneem is. Volgens berigte is daar meer as 600 Suid-Afrikaners in buitelandse tronke weens dwelmsmokkelary.

Lees ook:
SA-dwelmmuil tot 15 jaar gevonnis
Tuis na 18 jaar in Thai-tronk
Drie SA vroue vas in buiteland oor dwelmhandel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.