SA vrou verskyn in Botswana-hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaanse vrou het in ʼn hof in Botswana verskyn in verband met die onwettige besit van ivoor, het die Ngami Times berig.

Thandie Kelekgetetse (33) van KwaZulu-Natal het Donderdag saam met Kganetso Chapi (33) van Botswana in die Mauk-landdroshof verskyn.

Volgens die berig is Kelekgetetse en Chapi glo op 19 Desember met 52,4 kg se ivoor in hul besit betrap. Kelekgetetse word ook aangekla van die onwettige besit van diamante. Daar is glo op 10 Desember 2,10 karaat se ongeslypte diamante in haar besit gevind. Sy het onskuldig gepleit op die aanklag.

Kelekgetetse word verder daarvan beskuldig dat sy Botswana in Januarie 2002 by ʼn ingangspunt, wat nie geproklameer is nie, binnegekom het. Sy het aangevoer dat sy die land saam met haar ouers binnegekom het en nie geweet het die ingangspunt is nie geproklameer nie.

Die staat het versoek dat Kelekgetetse in aanhouding moet bly, aangesien sy ʼn buitelander en ʼn vlugrisiko is. Die hof het die versoek toegestaan. Chapi is op borgtog vrygelaat. Die verhoor sal na verwagting op 5 Maart begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

In botswana is daar nog wet en orde, diamante en ivoor het seker uit die lig geval, nie geweet of gesien nie gaan hul nie red nie.

CHRISTA ·

Is Thandie ‘n gewoontemisdadiger? Eers gaan sy Botswana onwettig binne, later vang hulle haar met ongeslypte diamante en nou smokkel sy met ivoor? Ek hoop nie Botswana behandel misdadigers asof hulle “royalty” is, soos hier in Suid-Afrika nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.