SA vrou wen Twee Oseane-ultramarathon

Wöstmann steek die wenstreep oor. Foto: Twitter

Wöstmann steek die wenstreep oor. Foto: Twitter

Caroline Wöstmann het Saterdag die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om die Old Mutual Twee Oseane-ultramarathon te wen sedert 2001.

Wöstmann het die 56 km-marathon in 3 uur 41 minute en 25 sekondes voltooi. Suid-Afrika se Gwen van Lingen het die marathon in 2001 in ’n tyd van 3 uur 43 minute en 4 sekondes gewen. Die Rus Nina Podnebesnova moes vanjaar met die tweede plek tevrede wees nadat sy verlede jaar die vroue-afdeling gewen het. Suid-Afrika se Tanith Maxwell het derde geëindig.

Motlokoa Nkhabutlane van Lesotho was die eerste man om die wenstreep oor te steek. Hy het die wedloop in 3 uur 10 minute en 27 sekondes voltooi. Collen Makaza was tweede en Moeketsi Mosuhli moes met die derde plek tevrede wees. Nkhabutlane se landgenoot Lebenya Nkoka was verlede jaar die wenner in die mansafdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elsabe Franken-Jordaan ·

BAIE BAIE geluk Caroline! Dit wil gedoen wees!

Drieks ·

Vir almal wat deelneem, dit is absoluut fantasties wat jul doen..

Eliza-beth ·

Uithou en aanhou – dis wat marathons is! Baie geluk, trots op jou sowel as Taniht Maxwell wat derde gekom het. Ons is moeg daarvoor dat die Russe wen, so LEKKERRR!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.