SA vroue, dogters ‘leef in vrees’, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa aan die woord tydens Vrouedag. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het vandag in sy Vrouedag-toespraak in Vryburg in Noordwes gesê geslagsgebaseerde geweld is ʼn krisis in Suid-Afrika.

“Dit is die ergste vorm van ontheiliging van die Grondwet en die belofte van geslagsgelykheid,” het die president in sy toespraak gesê.

“Ten spyte van ons beste pogings en progressiewe wette leef die land se vroue en dogters in vrees. Op die strate, in skole en universiteite, in kerke en erger nog, in hulle huise.”

Volgens Ramaphosa noop die verskynsel van geweld die regering voortdurend om op te tree teen geweld teen vroue. Dié pogings sluit in wetgewing, die oprig van gespesialiseerde howe en polisie-eenhede asook die oprig van skuilings vir slagoffers.

Pres. Cyril Ramaphosa tydens vandag se Vrouedagvieringe. (Foto: GCIS)

“Ons moet erken, soos in die verlede, dat die hardnekkige volharding van patriargie daartoe lei dat mans dink hulle beter as hul moeders, hul vroue en hul dogters,” het Ramaphosa gesê.

Die president sê dit beteken dat baie mans glo hulle het die reg om te besluit hoe vroue moet optree en of dogters skool toe mag gaan of nie. Hy sê dat dié denke geweld teen vroue aandryf.

“As Suid-Afrikaners kan ons nie langer toekyk hoe hierdie boosheid al sterker in ons samelewing gedy nie,” het Ramaphosa gemaan.

Die president het in sy toespraak gesê ʼn komitee spesifiek vir geslagsgebaseerde geweld gaan binnekort begin met beplanning vir ʼn nasionale strategiese plan om dié vergrype te bekamp. Die departement van justisie is ook besig om die nasionale beleidsraamwerk vir die beheer van seksuele misdade aan te pas.

Die regering hersien ook die Wet op Gesinsgeweld om vroue en kinders in huishoudelike geweld beter te beskerm deur middel van beskermingsinterdikte.

Ramaphosa het benadruk dat Suid-Afrikaners moet afsien van die algemene houding dat seuns belangriker as meisies is. “Ons almal het ʼn verantwoordelikheid om ʼn einde aan geslagsgebaseerde geweld te bring,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

My kommentaar is: Sy Vrouedag boodskap is nou goed en wel, maar ons almal in SA leef in vrees mbt wat die Kakistokrasie NOG vir ons kan/gaan inhou, voordat Plan B (as hul een het), gaan in skop!!!

John ·

… en die mammies sit die saal vol, die werkplekke vol, die politieke saamtrekke vol, en die busse vol saans laat na werk en wie kyk na die kinders? Nou moet kleuters vanaf 4 jaar mekaar grootmaak, kinders wat skaars hul moeder- (wie is dit?) -taal verstaan, aansukkel in Engels en self van doeke verwissel… oei?.. Chaos wag vir hierdie vooruitstrewende dwase spul Suid-Afrikaners.

Antoon ·

Interessant hoe hulle praat asof hulle nie vanaf 1994 in charge was nie

Gert van Wierdapark ·

Hul was “in charge”, maar verpas toe die trein en haal toe die ander een = die sous-trein!

Piet parys ·

Voor die 94 verkiesing het vroue en dogters nie met vrees gelewe soos vandag nie. Wettelose regering regeringings amptenare kom WEG met verkragting vra vir Z net omdat hulle staats advokate het wat hulle op die belasting betalers onkoste vrygespreek word. Vroue soos Emily Hophouse en die wat gelei het in konsentrasie kampe is die vroue wat geeer moet word nie die lot wat getoi toi het oor pasboeke nie . En ek het nuus vir hulle die nuwe pasboek word die ID genoem.

Cherokee ·

As Ramapokker nou hier gelees het, sou ek hom daarop gewys het dat terwyl daar wel Louisa en Kobus Koekemoers bestaan, wat ‘n druppel in ‘n emmer is, dìt wat hy in die gesigs staar en aanspreek, is waarvoor hy hierdie land wil oorgee (oftewel reeds oorgegee het), en die vroue massa anc’s stem daarvoor. Daar is min verskil tussen hulle en die moslem wat op die strand loop met sandale en denims, terwyl sy vrou vyf treë agter hom volg, met ‘n sluier en (in hierdie warm son) ‘n rok wat selfs haar enkels bedek.

Adam ·

Wat sal dit kos om die man te laat besef dat bykans die hele SA in vrees en groter wordende armoede lewe.

Hanna Hoekom ·

Al wat n wetsgehoorsame burger is, leef daagliks in vrees in hierdie land! Nie net vrouens en kinders nie. En dit als met komplimente van die cANCer wat nou kastig so bekommerd is. Nice try!

Rubber ·

ANC planne kom tot niks. Oor 5 jaar is die misdaadvlakke nog hoër. Alles politieke grootboek praatjies. Onbruikbare lot.

Duifie ·

Daar word net elke jaar gepraat, gepraat, gepraat en gepraat en nogmaals gepraat!!!

Johanna Botha ·

Ja omdat julle nie julle werk reg doen nie …skrik tog net wakker !

Niks verander ná 'n toesprakie nie ·

Verstommend hoe die ANC staan en preek oor mislukte vroueregte, werkloosheid, die Eskom krisis, 9 verlore jare en ekonomiese verval, asof hulle nie die oorsaak is nie. Die organisasie ly aan ‘n gesplete persoonlikheid. So totaal en al onverantwoordbaar.
Ná al die toesprake, foto’s en geselsies met die bevoorregte vrouens, klim hy in sy duur, luukse motor, klop homself op die skouer vir sy goeie bemarking van die ANC en môre en al die dae daarna gaan die ellende en verval in SA voort, net soos gister.

Kobus ·

Bla bla bla en wie moet ons bedank? Julle swak regstelsel onder andere.

George in Bloem ·

Dalk tyd vir jou chief van polisie om sy hoedjie te vat en te waai en tyd vir jou om iemand wat bevoeg en gekwalifiseerd is in sy plek aan te stel president Groot Dromer. Maar nou ja,jy en jou ANC tjommies verstaan mos glad nie wat bevoeg en gekwalifiseer alles behels nie. Solank hy ‘n kader is,is als reg ne ou Cyril? Dis as gevolg van die spul onbevoegde narre laat die land lyk soos hy deesdae lyk.

Vonkprop ·

Dieselfde toespraak oor en oor, maar word net aangepas volgens die dag. Was dit jeugdag sou hy gesê het die jeug leef in vrees en die jeug moet grond besit. Is dit Werkersdag verander ons gou die woordjies en sê die werkers leef in vrees en werkers moet meer grond besit en ja so kan ons aangaan. Dit is so belaglik om elke jaar na dieselfde goed te luister maar die ANC doen niks. Dis makliker om apartheid elke keer die skuld te gee as om self die skuld te dra. Alles het tydens apartheid geweld. Dit wat nou stukkend is het die ANC gebreek.

Bekommerd ·

CR moet dit asb nie net sê nie, doen iets daaraan!!!! Of kan jy nie. Ek daag jou, STAAN OP ASB vir wat jy sê

rg ·

Nog n komitee wat ‘binnekort’ iets gaan doen. Alles is “binnekort”. Wat doen hulle “vandag”? O wag, hulle is almal in die hof besig om hulle gate uit korrupsie te probeer red. Net nog n partytjie RaRa VivaANCViva. You are a star a disastar

Michael P ·

Is die man nie skaam om te se vroue en kinders leef in vrees. Hulle het dit veroorsaak. Haai regtig geen skaamte.

Jerry ·

Vir solank as wat die meerderheid vrouens en dogters vir die ANC en die eff stem, vir solank sal hulle in vrees lewe, omrede hulle voed hulle kinders op om ook vir die ANCeff te stem terwyl vrouens weet dat n stem vir die ANC/eff, is n stem vir de-kolonisasie dmv “gangsterism”! Ou wolf in skaapsklere is anti-westers en net so gewetenloos soos sy voorganger, maar stem sal die vrouens en dogters van SA steeds vir die ANC stem, want hulle is ook anti-westers, behalwe vir westerse geld!.

Ep ·

Jaaa CR jy kan bollie praat maar in JOU kultuur is vroue niks Moenie met nonsens kom dis die waarheid Vroue is niks in die swart kultuur en moet as slaaf vir mans werk

Ja ons almal lewe in vrees en nie net vroue weens jou korrupte regering waarvan jy aan hoof staan … vrees finaal as jy wit is

Trojaanse Donkie ·

Onthou net hy skryf nie sy eie toesprake nie, volgens my praat hy net so om darem sy salaris te verdien. Nooit sal iemand hom ernstig opneem nie , dan praat ek nie eers van sy kadres nie.

Esso ·

‘n Wet beteken NIKS as daar GEEN WETSTOEPASSING is nie! Hoekom sal iemand hulself steur aan al jul “pregreaiewe wette” as hul nie eers stop by ‘n stop straat nie.

Joey ·

Blablabla….almal in SA leef in vrees want ons land is wetteloos, korrup en ñ misdaad paradys. Die man weet darem hoe om mense te bluf. Sy mooi woordjies is pateties gesien in die lig van sy dade.

Mario ·

Ek wil hulde bring aan n vrou van Brittanje wat 3 weke kom woon het tussen die boere wat geteister word deur plaas aanvalle en moorde.
Sy is nou verban agv uitsprake om haar voete in SA te sit. Die weste is in n krisis. Haar videos is op U-tube te kry.
Alle eer aan Katie Hopkins

hendrik ·

Maar…. hy is dan nou besig om homself uit te vreet. Ek verstaan dit nie.

Jo ·

Ongelukkig word die meeste man net deur een ding gelei! Geen integriteit, geen respek, geen waardes!! Pateties gemors!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.