SA weer tot VN-veiligheidsraad verkies

Die algemene vergadering van die Verenigde Nasies het Suid-Afrika Vrydag verkies om as ʼn nie-permanente lid te dien in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) vir die termyn 2019-2020.

Dit is die derde keer wat Suid-Afrika in die VN-veiligheidsraad sal dien sedert 1994.

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die regering voel geëerd deur die vertroue wat die internasionale gemeenskap in die land se vermoë plaas om ʼn bydrae te lewer tot die oplossing van wêreldwye uitdagings.

“Ons is dankbaar en waardeer die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se nominasie en die Afrika-Unie wat ons kandidaatskap bekragtig het,” het Ramaphosa in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Komaan, CR, begin sommer op eie bodem! Hier is baie “kwessies” reg onder jou neus!

VN ook Mugabe ·

Na die VN gesondheidssilo vir Mugabe as rolmodel verkies het het ek alle vertroue in die VN verloor.

humor ·

Kan einlik nie se of dit ons tot enige voordeel al gedien het nie.

Bul ·

Wat ‘n reuse grap watse bydrae kan die regering maak ivm wereld vrede en sekuriteit Kyk die gemors in ons eie agterplaas.

Leon ·

Klug! Nou wil hulle konsuis saamsing maar wil SA onttrek van ICC. SA is pro-Hamas, pro-Kommunisme en pro alles wat deel uitmaak van die sg. muishondlande.

Strafhof ·

Ja hulle is. Die internasionale strafhof het ook nou die Congolese diktator vrygespreek.

John ·

Daar is groepe wat duidelik hoop dat SA hul sake sal bevorder in die Veiligheidsraad. As ons belegings uit die Weste wil lok, sal ons mooi moet dink voor ons die handjie lig tydens stemming.

Reguit ·

‘n Kleiner sirkus is altyd welkom om deel van die groot sirkus te word…………

Koos ·

Kry die springmielies reg. Wonder watse blapse SA hierdie keer daar sal begaan? My geld is op die Palestynse kwessie.

Charles ·

Wat ‘n besonderse eer om genoem te word tot die Useless Nations nwo virtue signalling, terroriste ondersteunende anti Israelse witgewete straf-ons-vir – ons – prestasies en uitnememdheid en Westerse waardes asb kabaal!
Werklik wat ‘n eer!!

Ver links ·

It is a real honor for SA to have representation at the UN and can ve successful for SA in many ways of negotiations into the future. We must not be negative as not every country gets this opportunity and SA represents the whole of Africa and be a voice.

Peter ·

Die VN is die grootste grap ter wêreld. Hulle doen net mooi niks behalwe om partytjies by te woon in New York en vrede te verkondig. Klomp liberale wat in hulle eie droom wêreld woon. Ek verwag net mooi niks ernstig van hulle nie. Hoe weet ek dit? Ek het ‘n Nederlandse vriend wat by die VN werk. Julle wil nie weet hoe hierdie mense reis en partytjies hou nie. Dit is om van te skrik.

PJC ·

Ons weet mos almal wat se hopelose spul hierdie by die VN is. Hoekom enigiemand hulle nog aan die klomp steur is ń raaisel.

ChrisE ·

Om SA tot die veiligheidsraad toe te laat is om ‘n kind ‘n sak vol lemmetjies gee te gee om mee te speel. Iemand gaan bloei. As jy daar is maak jy soos die groot moondhede maak. Jy trek nie skeef en ontbloot jou onkunde oor wêreld tendense en onderstrominge nie. Jy trap in jou spoor. Jy is ‘n genooide deeltydse lid en tree so op. Jy is nie die veiligheidsraad nie. HKGK ons boks vêr bo ons gewigsklas. Ons gaan op een of ander manier weer pak kry.

Rupert Ashford ·

En dit, mense is hoekom mens uiters skepties moet wees oor elke inisiatief of beleid wat uit VN geledere gedryf word. Dit sluit alle uitsprake in waar die afkorting IPCC verskyn. Vra altyd “wie gaan hierby baat” en “follow the money”.

Bynes ·

Die VN is die ryperd van die superrykes wat wealth vannaf die middelklasse wil opslurp, en ons gaan vernietig. Die massamedia is hulle spreekbuis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.