‘Rafah laaste stap in die vernietiging van Gaza’ sê SA

Regsadviseur Cornelius Scholtz en die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, Vusimuzi Madonsela, Donderdag in die Internasionale Geregshof.
(Foto: Nick Gammon / AFP)

Die Suid-Afrikaanse regering is terug voor die Internasionale Geregshof waar hulle die Israeliese regering Donderdag daarvan beskuldig dat hulle hul “volksmoord” in Gaza verskerp het.

Dié hof het in Januarie in Suid-Afrika se guns beslis en ʼn versoek aan Israel gerig om alles in sy vermoë te doen om volksmoorddade te voorkom en humanitêre hulp aan Gaza moontlik te maak.

Die Suid-Afrikaanse regering is egter van mening dat Israel se inval van Rafah in die suide van Gaza nuwe optrede van die hof vereis. Suid-Afrika vra nou vir onder meer  ʼn bevel om Israel te dwing om sy inval van Rafah te staak.

“Suid-Afrika het gehoop, toe ons laas voor hierdie hof verskyn het, om ʼn einde aan hierdie volksmoordproses te maak ten einde Palestina en sy mense te beskerm,” het die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, Vusimuzi Madonsela, vandag in die Vredespaleis in Den Haag gesê.

“In plaas daarvan het Israel se volksmoord voortgegaan en dit het pas ’n nuwe en afgryslike punt bereik.”

Israel sal Vrydag die geleentheid gegun word om te reageer.

Vaughan Lowe, ’n prokureur vir Suid-Afrika, het vandag in die Vredespaleis aangevoer dat Israel se operasie in Rafah “die laaste stap in die vernietiging van Gaza en sy Palestynse mense” is.

“Dit was Rafah wat Suid-Afrika voor die hof gebring het. Maar dit is alle Palestyne as ’n nasionale, etniese en rassegroep wat die beskerming teen volksmoord nodig het wat die hof kan gelas,” het Lowe gesê.

Die Internasionale Geregshof lewer uitsprake in geskille tussen state en sy uitsprake is bindend, hoewel die hof min middele het om dit af te dwing.

Suid-Afrika vra hierdie keer vir drie noodbevele – voorlopige maatreëls – terwyl die hof beslis oor Suid-Afrika se aanvanklike beskuldiging dat Israel die VN-volksmoordkonvensie van 1948 oortree.

Die Suid-Afrikaanse regering wil eerstens hê dat die hof Israel gelas om onmiddellik te onttrek en sy militêre offensief in Rafah te staak.

Tweedens moet Israel “alle doeltreffende maatreëls” instel om “onbeperkte toegang” tot Gaza vir humanitêre hulpwerkers, sowel as joernaliste en ondersoekers, toe te laat.

Die Suid-Afrikaanse regering vra dan laastens van die hof om seker te maak Israel rapporteer terug oor die maatreëls wat getref is om die bevele na te kom.

Israel se minister van verdediging, Yoav Gallant, het egter vanoggend enkele minute voor vandag se verhoor begin het, gesê die operasie in Rafah “sal voortgaan soos bykomende magte die gebied binnekom”.

Benjamin Netanyahu, premier van Israel,  het Woensdag aangevoer dat “ons moet doen wat ons moet doen” en daarop aangedring dat massa-ontruimings daar ‘n baie gevreesde “humanitêre katastrofe” afgeweer het.

Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, het Woensdag gesê 600 000 mense het uit Rafah gevlug sedert militêre operasies te midde van gevegte en hewige Israeliese bombardement in die gebied verskerp is.

Suid-Afrika sê egter: “Deur Rafah aan te val, val Israel die ‘laaste toevlug’ in Gasa aan, en die enigste oorblywende gebied van die strook wat nog nie wesenlik deur Israel vernietig is nie.

“As die primêre humanitêre middelpunt vir humanitêre bystand in Gasa, as Rafah val, val Gaza ook,” het Suid-Afrika in sy aanvanklike voorlegging aan die hof gesê.

Suid-Afrika hou vol ‘n “permanente wapenstilstand in Gasa” is die enigste manier waarop die bestaande hofbevele geïmplementeer kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Michael ·

Ek ondersteun Israel 100% in wat hulle doen om die terroriste uit te wis.

Ore ·

Oplossing is heel eenvoudig. SA moet druk op Hamas plaas om alle gevangenes vry te laat en did dit. Maar Hamas is mos engeltjies, verwag ANC dat Israel net gaan sit en kyk hoe missiele op hulle reën ?

Johannes ·

Wens iemand wil die regering ook aan kla vir die volksmoorde hier in SA want dit gaan net so erg hier

annie ·

Gaza is ‘n onwettige migrante-hool wat deur Westerse lande onderhou word. Midde-Oosterse rubberboot-insypelaars word na enklawes langs Israel gepos omdat hul ongewenste assielsoekers is wat glo net onrus saai/skade aanrig waar hul aanland. Daar is gehoop dat Israel die ware redes sou miskyk. Ná 1948 het massas aangeland. Sommiges het soort van in Israel gaan werk. Daar was/is nie ‘n Palestynse nasie met ‘n eie gebied nie net opportuniste wat wag op manna en erkenning deur die VN. Palestina was ‘n term wat die destydse Romeine vir die hele streek gebruik het en nou slu aangewend word.

Israelse gebied so gedoop deur die destydse Romeine in die tyd van Christus op aarde.

Wendy ·

Blah blah blah SA. Vee voor julle eie stoep eers. Kan iemnd ni di VN naaldsteek oor SA se moorde nie.

Saartjievandiebosveld ·

Praat hulle ..wat besig om Volkmoord te pleeg sonder om ‘n enkel skoot te skiet

Pensionaris Sedgefield ·

Israel is in ‘n oorlog teen Hamas. Hamas is ‘n terroriste organisasie wat agter die inwoners van Gaza skuil en hulle keer om die gebied te verlaat. Hoe lank gee Israel nou al vir die Palestyne tyd om die gebied te verlaat? Wie se grondwet sê alle Jode moet doodgemaak word? Hamad! Onderwysers van die VN wat in die gebied was het aan die 7 Oktober slagting deelgeneem. Die VN en die hof is lankal nie meer onpartydig.

Casper ·

Hoe arrogant kan die regering en VN wees.In hierdie week sien ek VN voertuie in Gaza met gewapende soldate wat nie Israel se soldate is nie by die voertuie.Die SA regering moet Hamas beveel om missiel aanvalle op Israel te staak dan kan onderhandel word oor ‘n skietstilstand en ‘n Palestynse staat.Die geregshof het inelkgeval geen reg om uitsprake te lewer nie,hulle kan slegs aanbevelings maak,maar dan moet dit vir Hamas en Israel geld.

pestilensie ·

Maklike oplossing, laat die ontvoerde Israelis vry , maar nog nie die regering hoor verwys na hulle

Nico ·

Suid Afrika pleeg ook volksmoorde, dit wat besig is om te gebeur sal gebeur, SA moet sy neus uit hou uit Israel se sake.

Fran ·

Staan hierdie korrupte staatsamptenare altyd met hulle palistynse serpies voor ‘n mikrofoon en probeer belangrik lyk. Laat Hamas vernietig word!

Republikein in die Wes Kaap ·

Egipte behoort hul grens met Gazs oop te stel sodat burgerlikes kan vlug. Dan kan die IDF inklim en Hamas en die Jihad straf. Daarna is dit Hezbollah se beurt.

Grassie ·

Die regering maak ‘n oorlas van homself met die hofsake teen Israel. Niemand steur hulle daaraan nie en die hofbesluite is nie afdwingbaar nie., maar die ANC hou aan. Hulle is bloot net irriterend, soos ‘n gatvlieg.

Hussin ·

Alles goed en wel maar ons betaal vir die nutelose hof aansoeke…

Hussin ·

Porseleintjie, ek is bevrees dit beteken niks nie. Net so min as die belaglike Palestine betogings…

Anel ·

Ek staan ook vir Israel. Die spul gaan nou so tekere teen Israel, maar sien hulle nie wat gaan in hul eie land aan nie? As hulle nog hulle eie geld gebruik het om so rond te kuier, was dit ‘n ander saak.ONS LAND IS BANKROT!!! WAST KOM DIE GELD VANDAAN VIR SULKE ONNODIGHEDE????? Mense en kinders en armes gaan dood van hongersnood, hier, maar hulle kuier die wêreld vol. SKANDALIG!!!!

Theuns ·

Daar is meer mense in RSA VERMOOR sedert 7 Oktober as wat in OORLOG in Gaza dood is.!!!
Stem saam.met Malema … die vrou met die absent is werklik snaaks en cadres kan nie somme doen . sirkus

john ·

En almal het vergeet van 7 october. En hoekom nie hulle eie gemors in SA vasvat nie. Die ANC maak n mens naar

Cassie Carstens ·

Die regering moet eers voor sy eie deur vee, want hier word +-80 mense per dag vermoor en dis maar niks! Verder mors ons hofkostes oor sake wat ons nie aangaan nie. As Hamas die gevangenis vrylaat en Israel uitlos, sal daar vrede wees. Jammer ek steun Israel.

Althes ·

Oor Rusland se volksmoord op Oekranië (wie glad nie ñ agressor was nie), is onse regering dawerend stil.

Annelie ·

Die Bybel sê: Antwoord n dwaas nie na sy sotheid nie.
Vir n land met soveel korrupsie en moorde en n bankrot ekonomie behoort die ANC regering nie eers op n vliegtuig te klim nie wat nog die arrogansie te hê om n land soos Israel te beskuldig van als wat sleg is. Ons hier in Namibië bly op ons knieë vir julle in SA.

Marthinus W ·

Jesus het n nuwe hemel en n nuwe aarde beloof, waar die gebooie vervang is met twee, een waarvan: jy moet jou naaste liefhe soos jouself. Jy kannie die doodmaak van mense goedpraat, en jouself dan n Christen noem nie. In die Bybel, onder andere in Prediker, word duidelik gestel dat die Jode en nie-Jode oor dieselfde kam geskeer gaan word deur God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.