SA weermag deel van aanvalle op rebellemagte in DRK

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse weermag (SANW) se Rooivalk-aanvalshelikopters het Dinsdagmiddag talle aanvalle op Islamitiese rebellemagte in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) uitgevoer.

Die Ugandese separatistiese Allied Democratic Forces (ADF) is glo verantwoordelik vir ʼn vlaag massamoorde by skole, hospitale en dorpies in die gebied. SANW-troepe is in die gebied ontplooi as deel van ʼn Verenigde Nasies-vredesending om stabiliteit in die DRK te bewerkstellig.

Die aanvalle deur die SANW is uitgevoer ten spyte van die DRK-regering se pogings om optrede deur die VN te verbied. Volgens berigte het die helikopters aansienlike skade aan die ADF-rebellemagte se basisse veroorsaak, maar die presiese dodetal van ADF-lede is nie bekend nie.

Die aanvalle kom nadat die ADF-magte optogte na verskeie dorpies rondom die oostelike stad, Beni, gehou het. Die onmin tussen die DRK-regering en die VN kom nadat die ADF hul aanvalle op vredesmagte in die gebied verskerp het. ʼn Malawiese vredesoldaat en 31 burgers is dood en talle beseer, insluitend ander vredesoldate.

Die VN-brigade, wat vredesmagte van Suid-Afrika, Tanzanië en Malawi insluit, het die ADF die eerste keer gekonfronteer gedurende die geveg Sondag wat tien ure geduur het. Suid-Afrikaanse soldate is nie by die aanval betrek nie. Die brigade is in 2012 saamgestel om teenstand teen die rebellemagte in die oostelike DRK te bied, nadat duisende mense reeds doodgemaak en ontwortel is.

Die VN se vredesending is die grootste in die land, met 20 000 vredebewaarders wat na die land ontplooi is. Altesaam 1 400 van Suid-Afrika se soldate is deel van die sending, met die meerderheid in die oostelike gebied.

ʼn Anonieme diplomaat het gesê die DRK-regering eis die sending moet aansienlik verminder word. Volgens Suid-Afrikaanse diplomatiese bronne in Kinshasa, is daar spanning tussen die regering en die VN oor die regering se militêre bondgenote, onder meer verskeie van sy senior militêre bevelvoerders, wat deel vorm van die VN se optrede.

Volgens die bron is daar ook nog geen aanduiding wanneer die volgende verkiesing sal plaasvind nadat president Joseph Kabila se tweede termyn in November tot ʼn einde kom ht nie. “Plaaslike verkiesings was veronderstel om in Oktober gehou te word, maar dit het nooit gebeur nie, glo omdat dit ‘te duur’ was om te doen,” het die bron gesê.

Die Katolieke Kerk sal glo in Februarie ʼn massa-optog hou teen die uitstel van die verkiesing. Vorige massa-optogte in Januarie het gelei tot die dood van 40 mense wat deur regeringsmagte geskiet is.

ʼn Ander diplomaat het gesê die brigade se aksies word opsetlik gekniehalter deur die regering se weiering om toe te laat dat dit of enige ander VN-magte deel vorm van militêre operasies. “Die DRK se militêre ondersteuning is hier noodsaaklik vir vredesbewaring. As dit nie toegestaan word nie, sal die ADF en ander burgermagte oproer veroorsaak.”

Genl.maj. Barney Hlatshwayo, die SANDF se hoof uitvoerende direkteur, het gesê die DRK moet aanvaar dat die VN ʼn belangrike rol het om te speel. “Daar moet samewerking wees,” het Hlatshwayo gesê.

“Daar is verskeie rebellegroepe wat problematies is in die DRK. Dit is nie net die ADF nie. Dringende optrede teen die FDLR en ander soortgelyke groepe is ook nodig. Politieke ingryping is nodig. Die DRK-regering moet dit verstaan.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

TSHEPO ·

Wonder waanner stuur Zuma sy soldaate Syria toe almal baklei mos nou daar

Berhalet Beukes ·

Waarom krap ons regering waar dit nie jeuk nie…

Gerhard ·

Rooivalke? Dink daar is net 1 vlugvaardige Rooivalk in Suid Afrika oor.

Gjorg ·

Dis nou onnodig Gerhard, as jy feite of bronne het noem hulle maar net omdat jy inherent negatief is wil jy nou sulke snert kwyt te raak.

Jaco ·

Ons heli’s is iets om op trots te wees. Uit al die betrokke partye was daar ander keuses gewees maar die Rooivalk was gekies. 2 Rooivalke was gebruik teen die M28 rebelle, 2 of 3 sorties later en die rebelle is land uit. kyk na ons personel carriers, ons gebruik V-Hull’s van die 70’s af, lande soos die VSA het eers 20 jaar gelede ons designs begin copy. Jammer, ek gaan van my punt af. So al het ons net 1 werkende Rooivalk, ek glo dit is genoeg.

Loon ·

Hulle kan in die DRK gaan baklei maar op eie grond doen hulle niks om misdaad te voorkom of plaasmoorde te stop nie.

Matt Heyns ·

Ek is goed vertroud met die geografie van die DRK daarom lijk dit vir my as of die “vredespoging” nie die pijp rook nie. Dis ‘n reuse land met baie rebelle wat uitgewis moet word. As die plaaslike bevolking nie saam staan nie is dit myns insiens neusie verby vir die magte van die VN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.