SA weermagkontrakteur sterf in Nigerië

Leon Lotz (Foto: Almari Lotz, Facebook)

Leon Lotz (Foto: Almari Lotz, Facebook)

Leon Lotz, ʼn privaat militêre kontrakteur wat gesterf het toe sy tenk in Nigerië aangeval is, het geweet wat sy sending behels, het sy vrou Almari aan Beeld gesê.

“Hy is met oop oë soontoe,” het sy gesê. “Gelukkig is hy op slag dood; dit is iets wat elke soldaat wil hê, eerder as om te ly.”

Lotz en vyf Nigeriese soldate is Maandag dood toe daar by ʼn padblokkade naby Maiduguri op hulle gevuur is. Hy was tydens die Grensoorlog deel van die Koevoet-eenheid en sy bevelvoerder van destyds, Nangombe, is saam met hom in Nigerië dood.

Die Suid-Afrikaanse en Nigeriese regerings het ontken dat hulle enigiets weet van Suid-Afrikaanse soldate wat Nigeriese soldate teen die militante organisasie Boko Haram oplei.

Lotz is die tweede Suid-Afrikaner wat in Nigerië sterf ná ʼn man ses weke gelede dood is weens ʼn hartaanval.

Lotz se vrou het gesê hy het uit sy werk in Irak bedank om na Nigerië te gaan. Hy sou Maandag teruggekom het huis toe vir ʼn blaaskans. “Ek het vrede in my hart dat hy gedoen het wat in sy bloed is. Alles voel so onwerklik,” het Almari gesê. Sy het gesê hul 22-jarige seun Leon is trots op sy pa.

ʼn Gedenkdiens vir Leon Mare Lotz vind Saterdag om 11:00 in die Metodiste kerk in Port Edward, KwaZulu-Natal plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Neptunus ·

“Privaat militêre kontrakteur”, nuwe term vir huursoldaat? Hoop hy’t sommer baie Boko Watsenaams verdelg.

Boesman ·

Dis baie jammer. Hy is dood terwyl hy gedoen het wat hy wou. Ek wonder hoeveel ander mense kan dit se…

RIP.

lorayne ·

He wore GREEN BOOTS. . .
Ek salueer jou Leon Lotz! mag jy in vrede rus. . .
Aan almal wat vir wie hy lief en dierbaar was, mag God julle troos en versterk in hierdie hartseer tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.