SA weier versoek om Indiese staatshoof te arresteer

Narendra Modi, die Indiese eerste minister, lewer ʼn toespraak op 1 Junie 2018 in Singapoer. Foto: Yong Teck Lim/AP

Suid-Afrika se Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag gesê hy sal nie ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Narendra Modi, die Indiese eerste minister, versoek nie weens “onvoldoende bewyse om ʼn suksesvolle vervolging te ondersteun”.

Dit kom nadat die NVG op 22 Junie vertoë van die Muslim Lawyers Association en die South African Kashmiri Action Group ontvang het waarin hulle vra dat Modi in hegtenis geneem moet word by sy aankoms in Suid-Afrika.

Modi is van 25 tot 27 Julie in Suid-Afrika vir die tiende Brics-beraad wat in Johannesburg gehou word.

Die twee groepe voer aan die gronde vir Modi se inhegtenisneming is sy betrokkenheid as die Indiese eerste minister by die onluste in die Indies-beheerde Kasjmir- en Jammu-streek sedert Julie 2016.

Die groepe beweer Modi is skuldig aan oorlogmisdade en misdade teen die mensdom.

Die klaers het hul versoek gegrond op ʼn Junie 2018-verslag van die Verenigde Nasies se Mensregtekommissie oor die Kasjmir-streek waarin daar verskeie voorbeelde genoem word waarby die Indiese veiligheidsmagte betrokke was.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het Vrydag in ʼn verklaring gesê die versoek om Modi in hegtenis te neem is deur die Valke ondersoek. “Die Suid-Afrikaanse owerhede het ook met die Indiese owerhede in gesprek getree in ooreenstemming met ons wetlike verpligtinge,” het Mfaku gesê.

“Nadat ons die bewysmateriaal, die inligting wat ontvang is en die betrokke wetgewing oorweeg het, het die NVG bevind daar is tans nie genoegsame bewyse vir ʼn suksesvolle vervolging om die aansoek vir ʼn lasbrief vir inhegtenisneming te ondersteun nie. Die NVG wys dus die versoek om ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming vir die Indiese eerste minister te bekom van die hand.”

Yousha Tayob, regsverteenwoordiger van die Muslim Lawyers Association en die South African Kashmiri Action Group, het gesê hoewel sy kliënte besef daar is ʼn skraal moontlikheid dat die Suid-Afrikaanse owerhede gehoor sal gee aan ʼn versoek om ʼn staatshoof in hegtenis te neem, wil hulle hul steeds beroep op die “morele gewete” van die Suid-Afrikaanse regering terwyl hulle ook bewusmaking skep rondom die dekades lange Kasjmir-konflik.

“Suid-Afrika se ekonomiese kwessies is belangriker as sy morele gewete. Ek glo ons het genoegsame bewyse aan die NVG verskaf, maar hulle sê ons het nie. Ons sal nou verdere bewyse indien,” het hy gesê.

In die twee groepe se versoek aan die NVG word aangevoer dat die VN-verslag toon dat Indiese veiligheidsmagte “uitermatige geweld gebruik het wat tot onwettige sterftes en ʼn hoë getal beserings gelei het” gedurende die betogings tussen Julie 2016 en Maart 2018 waartydens daar na raming tussen 130 en 145 burgers dood is.

Die aansoek het ook genoem dat die VN-verslag bevind het daar was ʼn gebrek aan toegang tot geregtigheid, dat minderjariges in hegtenis geneem is, dat die regering kommunikasie geblokkeer het, dat seksuele aanrandings deur Indiese soldate aangemeld is en dat hierdie beweerde aanrandings nie ondersoek is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

jaco ·

Moslem regerings in Moslemlande is maar net so lelik en nog leliker met Christene. Soms duld hulle nie eens ander uitings van Islam nie. Behalwe vir die nonsens in Kashmir, is Indië se mate van godsdiensvryheid veel draagliker as die onderdrukking in Moslemlande.

Iemand ·

Verduidelik dit vir jong meisies wat deur hul familie gedwing word om te trou

Rupert Ashford ·

@Iemand: Verduidelik bietjie van wie praat jy? Indie of Moslemlande? Toegegee die Indiers onderdruk ook maar hulle Christene.

Koos de Meyer. ·

Hierdie mense weet nie wat ‘n morele gewete is nie.

Amanda Wait ·

Ek sê nou net hierdie mense het nie ‘n morele gewete nie.

Lana ·

Ek stem saam Koos en Amanda. As hulle by SA regering soek na “morele gewete” soek hulle op die verkeerde plek.

Rupert Ashford ·

Ai toggie. Pot? Kettle? Hierdie storie wys weereens hoe ver die VN al is op sy pad na die afgrond. Indie is sekerlik nie engeltjies in daardie konflik maar daar is baie provokasie . En dan begin ons nog nie eens praat oor die vervolging en verdrukking van minderhede wat nie ‘n sekere godsdiens aanhang in sommige lande nie.

Wanda ·

Iets wat ek glad nie verstaan, is dat alles maar alle kosprodukte die halaal teken op het. Ek as Christen kry nerens enige produk te koop sonder daai teken. Dit grief my waarom dan ook nie n christelike teken op ons produkte sit nie? Het ons dan geen reg om te kies wat ons wil koop nie??

Piet ·

Wanda, jy moet tog net passop as jy vra vir regte vir ‘n Christen, dan is jy ewe skierlik dalk n rassis. Dis sommer die ander “christenne” wat sal spring om jou te brandmerk.

JSG ·

Die hoofrede daarvoor is dat daardie groepe geweld toepas indien hulle nie hul sin kry. Ons as Christene kla net en doen nie veel verder. Geweld is algemeen vir hulle en nie vir ons. Dis die dat daar aan hulle eise toegegee word en nie wat ons vra.

Cherokee ·

Wanda, ek eet nie by ‘n plek met ‘n halaal-teken nie. En ek woon in Durban en dit beteken hope restaurante wat halaal adverteer. ‘n Hele paar moslems het al verbaas gelyk wanneer ek sê dat ek nie halaal eet nie. Ek besef dit is debatteerbaar maar my keuse is om nie in ‘n eksklusief halaal restaurant te eet, nie.

mot ·

wanda geen nproduk met onder andere varkvleis sal n halaal teken ophê nie. wat my niere herind is die arabieae skrif op sa prodiukye maar afr skitter in sy afwesigheid!

HPV ·

Ons woon in een van die siekste lande ter wêreld, ‘n land wat verval het tot ‘n gevaarlike helhool wat deur ‘n regime met uiterste dubbel standaarde ten opsigte van sy minderhede regeer word. ‘N regime wat self die internasionale hof vrees en solank vir hom amnestie wil koop by ander muishond lande.

Hanna Hoekom ·

Net soos met die oud president van Soedan! Hy kruip nou nog weg nadat RSA gevra is om hom uit te lewer. Ons land raak al by die dag al hoe meer n riool-gat tipe land net soos Trump aangedui het. En blykbaar het die regering geen intensies om ons land se reputasie te probeer red nie.

pieter ·

Nee wat. julle mors julle tyd. Die ANCircus het nog nooit morele gewetens gehad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.