SA wen bod vir wêreld se grootste sterrekunde-samekoms

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van wetenskap en tegnologie. Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency

Suid-Afrika het die bod gewen om die 2024 algemene vergadering van die Internasionale Astronomiese Unie (IAU), die grootste internasionale samekoms van die sterrekundegemeenskap, aan te bied.

Die besluit is deur Ewine van Dishoeck, die IAU se president, aangekondig by die vereniging se algemene vergadering wat tans in Wene aan die gang is. Dit sal die eerste keer wees dat hierdie vergadering in Afrika gehou word in wat die 105 jaar bestaan van die hierdie vooraanstaande globale vereniging vir professionele sterrekundiges sal wees.

Die IAU bevorder en beskerm die wetenskap van sterrekunde in al sy aspekte deur internasionale samewerking in 90 lande oor die wêreld heen.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die Suid-Afrikaanse minister van wetenskap en tegnologie, het die bodkomitee gelukgewens met hul werk en gesê die toekenning van die bod is bewys daarvan dat Afrika die volgende groot kern vir sterrekunde is.

Kubayi-Ngubane het reuseprojekte van hierdie aard as voorbeeld voorgehou, insluitend die MeerKAT, die Square Kilometre Array (SKA), die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop in Sutherland (Salt) en die HESS- en HIRAX-teleskope. Sy het gesê dat dié projekte die kontinent posisioneer as ʼn bestemming vir hipermoderne multi-golflengte sterrekunde.

“Die toekenning gee erkenning aan die ongelooflike vordering wat Afrika-sterrekunde in die afgelope paar jaar gemaak het. Die geleentheid sal ʼn stem aan Afrika gee in die globale sterrekunde-veld en sal die kollig vestig op die uitstekende wetenskap en onderrig wat op die kontinent plaasvind,” het Kubayi-Ngubane gesê.

“Die geleentheid vir talle Afrika-sterrekundiges om deel te neem aan een van die wêreld se grootste sterrekundevergaderings sal bydra toe ʼn volhoubare nalatenskap van sterrekunde op die kontinent.”

Die IAU se algemene vergadering, wat elke drie jaar gehou word, is die grootste internasionale samekoms van die sterrekundegemeenskap en relevante beleidmakers in hierdie sektor.

Die laaste algemene vergadering het in 2015 in Hawaii plaasgevind. Die volgende algemene vergadering sal in 2021 in Suid-Korea gehou word, gevolg deur Kaapstad in 2024.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Katerina ·

Laat weet tog vir die oorsese mense wat kom dat hulle elkeen hul eie Chuck Norris,Steven Seagal en Jackie Chan moet saambring vir beskerming.

Eish ·

Sit ek nou so in die stilligheid en dink aan die Bybelversie wat sê daar waar die aas is sal die aasvoëls bymekaarkom!

Nog n Koos ·

Dit gaan net so sukses wees soos die koor affere… Viva!

Elsa ·

@nog n koos :jy bedoel seker soos die 2010 wêreld beker sokker met al sy korrupsie…..

Sloet ·

Welgedaan SA!
Die buiteland word “ingelig” met halwe waarhede deur organisasies soos Afriforum, TLU en VF+ en individue soos Hofmeyr.
Maar….. weereens onsuksesvol met hulle pogings… soos die afgelope 20 jaar, wéét die buiteland dit is spookstories waaraan hulle nie byt nie.
Welkom!

zoom zoom ·

Ek hoop die samekoms skep ‘n geleentheid vir korrupsie. Anderste gaan dit nie die sous werd wees nie.

Basjan ·

Natuurlik gaan daar ‘n ou geldjie onrdeur die taffel van hande verwissel. Hoe dan nou anders?

susan ·

Sterrekunde meer vir die intellek dus sal bogenoemde instansies nie eens daarvan weet nie xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.