SA werkloosheidsyfer hoogste in 12 jaar

Argieffoto Foto: scottgulbransen.com

Argieffoto Foto: scottgulbransen.com

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer was in die eerste kwartaal van 2015 die hoogste wat dit in die afgelope 12 jaar was, het Statistieke SA Dinsdag gesê.

Stats SA het Dinsdag hul kwartaallikse arbeidsmagpeiling in Kaapstad bekendgestel. Die verslag het getoon dat SA se werkloosheidsyfer in die eerste kwartaal van 2015 tot 26.4% gestyg het, die hoogste vlak sedert 2003 toe die syfer 30% was. Volgens Stats SA was die werkloosheidsyfer stabiel op ongeveer 24% sedert 2003 en is hierdie toename ‘n nuwe verskynsel.

Kefiloe Masiteng, adjunk-direkteur-generaal van bevolking en sosiale statistiek, het gesê alhoewel die aantal werkendes toegeneem het, het indiensnemingvlakke in die formele sektor met 115 000 op ‘n kwartaallikse basis gedaal. Die grootste afname in indiensneming is in handelbedryf waargeneem.

Volgens die verslag is 35.8 miljoen Suid-Afrikaners op werkende ouderdom, waarvan slegs 15.5 miljoen wel werk, 5.5 miljoen werkloos is en 14.8 miljoen nie ekonomies aktief is nie. Die meeste werkendes (69.8%) is in die formele sektor in diens geneem, terwyl die kleinste getal (5.8%) in die landbousektor in diens geneem is.

Die hoofredes wat aangevoer is waarkom mense nie aktief werk soek nie, is moedeloosheid (6,7%), voltydese student (16,7%), tuisteskepper (7,2%) en siek of gestremd (4,6%).

Ilze Nieuwoudt, woordvoerder van die nie-winsgewende organisasie Solidariteit Helpende Hand, het gesê die nuutste werkloosheidsyfers is uiters kommerwekkend omdat die omvattende werkloosheidsyfer (36,1%) veel hoër is.

“Ons moet veel eerder [die omvattende werkloosheidsyfer] in berekening bring wanneer daar oor werkloosheid gepraat word omdat dit ’n meer betroubare prentjie van die vlakke van werkloosheid in Suid-Afrika skets,” het Nieuwoudt gesê. Volgens Nieuwoudt is dit te verwagte dat die toenemende druk op die ekonomie uiteindelik ook werksverliese tot gevolg sal hê.

“Helpende Hand glo vas dat gehalte opleiding die belangrikste manier is om werkloosheid – en dus ook armoede – te bekamp. Dit is as’t ware die fondament waarop die samelewing gebou moet word en totdat hierdie basis nie beter funksioneer nie, sal ons nie hoër op in die pyplyn van werkskepping suksesse kan hê nie. Daarom spits Helpende Hand hom tot ’n groot mate daarop toe om onderwys in Suid-Afrika te help verbeter en om kinders en onderwysers die nodige ondersteuning te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Peet Schabort ·

Hou ook vol met die minimumlone en werkreservering asook die invoer van kubane, dan is jul wat die regering is, op die regte spoor van groter werkloosheid.

Joe64 ·

Gehalte opleiding is beslis noodsaaklik vir enige maatskapy of land wat mededingend in die mark wil tree.
Die oorsaak van die land se ondergang ontglip selfs die deskundiges!
Handel met China!!! Ons handel nie op gelyke voet nie, die handel is dus eensydig, dus hoe armer die populasie word, hoe meer afhanklik raak ons, want hoe meer on opgelei raak die werks mag. Hoe meer on opgelei die werksmag raak, hoe meer afhanklik raak ons van die staat, sien die prentje?
China het 100 jaar plan vir afrika, ons het geen plan nie :)!
Toe Solidariteit wakker word, toe is die bier weg, en die koffie!

scalla ·

Baie beloftes van poste wat geskep gaan word voor elke verkiesing, kan hul nie sien daar word blatant gelieg nie en dan gee hulle nog die poste vir buitelanders, wanneer gaan jul oe oop gaan

Shannon ·

Ek is seker ‘ons leiers’ tesame met Solidariteit sal binnekort blanke werkloosheid met `n ofsaak of twee uit sorteer. Byt vas !

Rynhardt ·

Ek bevraagteken statistiek SA se omvattende werkloosheidsyfer van 36,1%.Sluit dit regstelkende aksie in?Die Anc skep vir 21jaar nie werk nie en verder word die vryheidsmanifes geimplementeer wat geen ekonomiese groei handgaaf!Sedert Desember 2013 tot Februarie 2014 was daar 2947 stakings en betogings in SA met geen einde insig nie.Alles in SA en wereld staan stil,want daar word gewag vir die grootbaas se besluit,die nuwe wereldorde,vir die pad vorentoe!Chaos in SA moet deel wees van wereldwye chaos vir een wereldregering.Statistiek SA verkondig leuens.Kyk op Burger se voorblad,dit wys hoe negatief Zuma se lyftaal is.Die land en ons wittes word gespeel!

Franscois ·

Ag Suid Afrika sluit jou deure en begin bak hand staan by jou buurman Zimbabwe,op die oomblik is die pragtige prentjie land wat ons as kind leer ken het ver teen die wal af,alles is ou Jan se skuld, vir die “fat cats” in die regering is die volgende dag maar net n dag vol opwinding van rond rits, lekker verblyf die beste kos en so uil knip tussen in, back in the jungle vergaan die handjie vol wat moet opdok vir die weelde ,en ons eie No1 loop so koes koes deur die lewe, want niks kan mos nou opgelos word nie,neeeeeee meeting na meeting ,hofsaak na hofsaak en miljoene later, n resep vir n ramp!

Eish! ·

Ek weet van 5 wit mans wat ambagte het in verskeie rigtings wat werkloos is. Die een het 5 ambagte. Soek aanmekaar werk en ek help om hul cv’s uit te stuur. Hul kry netnie werk nie. So ek weet nie………………….. hul het ordentlike opleiding en het geslaag.

Lappop ·

By die maatskappy waar my man werk mag geen mans aangestel word nie! Hierdie plek gaan toemaak agv regstellende aksie. ‘n Maatskappy wat al meer as 70 jaar bestaan. Process-controllers sit in die controllroom en slaap. Daarom word daar tonne produk vervaardig wat nie reg is nie. Want hulle is nie daar om betyds te sien nie. Waar is hul voorman? Net so useless as hulle, of bang vir hulle. Want dit is ook een van die probleme, voormanne wat nie reg is vir die pos nie. In die goeie ou dae, het die mense by die fabriek wanneer die swartes staak, almal ingespring. Langer ure gewerk, selfs skofte, en dan het hierdie fabriek rekord produksie gelewer! Hulle is onproduktief, lui en onbetroubaar.

Christo ·

Word wakker blankes van S A .Kan julle nie sien dat hier geen toekoms in hierdie land is vir jou en jou kinders nie .Kyk na die buiteland waar daar wel kanse is as jy gewillig is om te werk

Christo ·

Word wakker blankes van S A .Kan julle nie sien dat hier geen toekoms in hierdie land is vir jou en jou kinders nie .Kyk na die buiteland waar daar wel kanse is as jy gewillig is om te werk

Lappop ·

Hoekom moet ons vlug uit die land wat ons Vader vir ons gegee het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.