‘SA word al hoe warmer’ – studie

Argieffoto

As dit vir jou voel jy wil elke jaar die lugverkoeling nóg kouer stel; dis nie jou verbeelding nie.

’n PhD-student aan die Universiteit van Pretoria (UP) het na aanleiding van ’n studie bevind dat Suid-Afrika die afgelope 60 jaar al hoe warmer geword het en in die toekoms nóg temperatuurstygings sal ervaar.

Dit, bevind die studie, kan ʼn invloed op landbou, boubedrywighede én Suid-Afrikaners se gesondheid hê.

Volgens die studie ervaar Suid-Afrika jaarliks temperatuurstygings en boonop word rekordtemperature die afgelope dekade meer gereeld aangeteken.

Charlotte McBride – ’n PhD-student aan die UP se departement van geografie, geoïnformatika en meteorologie en ook verbonde aan die Suid -Afrikaanse Weerdiens (SAWD) – se artikel “Trends in probabilities of temperature records in the non-stationary climate of South Africa” is in die International Journal of Climatology gepubliseer.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur die UP, het McBride tydens die studie data rakende temperatuur wat op ’n daaglikse grondslag vir die tydperk tussen 1951 en 2019 aangeteken is, ingesamel. Sy het ook rekordbrekende temperatuurgebeurtenisse in Suid-Afrika ondersoek deur data by 25 verskillende weerstasies in die land in te samel.

Die studie bevind dat meer maksimum temperatuurrekords gebreek is, as wat in die gegewe tydperk verwag sou word. Dit het veral in die laaste dekade gebeur dat die temperatuurrekords meer gereeld gebreek is.

McBride kon uit die data aflei dat Suid-Afrika se klimaat teen ’n vinnige tempo besig is om warmer te word.

“Dit is kommerwekkend, aangesien hoër temperature oesopbrengste kan beïnvloed en ook kan bydra tot die verspreiding van plae en patogene. Hoër temperature kan ook hitteverwante siektes tot gevolg hê, wat ’n risiko vir bejaardes, babas en mense met sekere mediese toestande kan inhou,” sê McBride.

McBride se navorsing ondersteun ander navorsing wat daarop dui dat Suid-Afrika in die toekoms warmer gaan word.

“Daar is ’n werklike behoefte om aandag aan klimaatsverandering te gee en om die regering en publiek daarop attent te maak om hul koolstofvoetspoor te verminder.”

Met McBride se navorsing moedig sy beleidmakers, staatsdepartemente, nie-winsgewende organisasies, rampbestuurders, boere en die boubedryf aan om die gevolge en risiko’s van temperatuurstygings in ag te neem wanneer belangrike toekomsbesluite geneem word.

“Boere moet tipe gewasse oorweeg wat meer geskik is vir warmer weer. Stadsbeplanners en die boubedryf sal die warmer weer in ag moet neem wanneer hulle beplan en infrastruktuur oprig. Gesondheidsdienste moet hulle ook voorberei om in staat te wees om te reageer op verhoogde gevalle van hitteverwante siektes.”

McBride lê verder klem daarop dat belegging en finansiering meer gefokus moet wees oor hoe om temperatuurstygings aan te pas en nie net daarop te reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

VaalDonkie ·

Kaapstad raak al hoe kouer. Maar julle kannie almal hier kom bly nie. Ons is vol. sorry

Tipper ·

Sal nie help vir duim af, lol, dis waar,die beste plek,heerlik, yummy,lekker see, draai roomys,die gedruis van die branders,en n lekker warm 39 grade.

Anel ·

Dankie, maar nee dankie. Wil nooit in die Kaap gaan bly nie. Dis mooi, maar dis al.

Misky ·

Verduidelik nou vir die regering van aardsverhitting en ‘koolstofvoetspoor verminder’ en sien die reaksie op daai gesiggie…… hulle ken nie eens van vullisverwydering of opruiming aksies nie. ‘We are doomed’ soos die engelsman sou sê

Herman L ·

‘n Paar syfers kon die artikel baie meer insiggewend gemaak het.

Plaaskind ·

SA is dan die nuwe tuise van die duiwel, natuurlik sal dit al hoe warmer raak hier.

Elizabeth ·

Ek dink dis nonsens. Hierdie winter was kouer as verlede jaar en lente het nog nie eers kop opgetel nie.

annie ·

Ons weet mos wat ‘n hipotese is in navorsing: Jy kies ‘n tema waarin jy dit stel dat so en so waar of nie waar is nie. Deesdae werk ons binne die paradigma wat stel dat klimaatsverandering met aardverwarming gepaardgaan. En as aardverwarming na aan jou hart lê, soek jy net vir bewyse daarvoor wat reeds verdag is. Maar dan wil navorsers sommer ook sieners wees. Dis is waar die raaiwerk totaal oorvat. Die hemel en aarde staan lankal en het baie meer beleef as ons. Die aarde kan selfs kantel as die pole bo totaal smelt en dan lê SA dalk reg bo met die ANC die koning… Wow!

Bushy ·

Suid Afrika maak maar .8 persent van die wereld bevolking uit. (Punt agt persent)

Frank John ·

Waneer Jesus kom sal alles weer herstel word. Ek kannie wag nie. Ja, ek weet die verdrukking wat reeds begin het en die groot Verdrukking wat kom moet nog tot volle verwerking kom. Maar dis besig om te gebeur en Hy sal alles herstel na die oorspronklike glory. Ons moet intussen doen wat ons kan.

Dirk Mostert ·

Snert! Gedurende 1938-1977 het globale afkoeling aanleiding gegee tot bespiegeling deur wetenskaplikes (gepubliseer in koerante) dat die einde van die huidige interglasiaal op ‘n einde is en dat ‘n nuwe glasiaal (ystyd) op hande is. In die “Climategate” gelekte eposse het aardverwarming-belhamels soos Phil Jones in 2005 erken dat dit sedert 1998 afgekoel het. My eie temperatuur data wys korttermyn-siklusse van verwarming en afkoeling, beslis nie ‘n toename in temperatuur die afgelop 10 jaar nie. Tot 2

Dirk Mostert ·

Volgens my skerm is daar nou twee kommentare van my. Een is halfpad afgesny (gesensor?) en die volledige een wil nie stoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.