‘SA word deur drie krisisse lamgelê’

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het daarin misluk om die land se mense, ekonomie en demokrasie te beskerm.

“Dit was weer eens ʼn staatsrede van onwerkbare planne wat gewortel is in die mislukte ideologie van sentrale bevel en beheer,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

Suid-Afrika is diep in die moeilikheid – ʼn bus wat na ʼn afgrond versnel, het hy gesê. “Mense ly verskriklik en baie meer lyding is op hande. Lewens is op die spel. Die situasie is werklik dringend. Dit vra vir radikale optrede teen die kern van die probleem, naamlik ʼn onbekwaamde en onverantwoordbare staat wat oormatige beheer wil toepas.”

Steenhuisen voer aan Ramaphosa moes tydens sy staatsrede praktiese stappe aangekondig het wat gedoen word omtrent die entstofprogram, om die ekonomie te laat groei en die herstel van politieke aanspreeklikheid wat noodsaaklik is in ʼn demokrasie.

“Pres. Ramaphosa bly egter ʼn toeskouerpresident wat met ontsteltenis toekyk asof hy niks kan doen om die tragiese gang van sake in ons geliefde land te verander nie. Hy het pragtige woorde en strelende klanke gebruik om leë beloftes en onpraktiese planne te bied. Hy stuur nie die skip na kalmer waters nie. Dit is nie eens duidelik dat hy aan die stuur is nie.

“Suid-Afrika word deur drie krisisse lamgelê: die Covid-19-krisis, die ekonomiese krisis en die krisis van demokrasie.”

Volgens Steenhuisen het Ramaphosa daarin misluk om verbintenisse te maak wat die effektiewe implementering van ʼn entstofprogram sal verseker. Hy het nie die versekering gegee dat die regering ʼn deursigtige, omvattende entstofplan gaan publiseer nie of dat ʼn gedesentraliseerde verkryging- en verspreidingsproses gevolg sal word nie.

“Die gevolg is dat Suid-Afrika se inwerkingstelling van ʼn entstofprogram nie vinnig of doeltreffend sal wees nie. Lewens en lewensbestaan sal onnodig verlore gaan namate die virus steeds versprei en terwyl die regering allesomvattende beperkings gebruik om dit te probeer beheer.”

ʼn Ekonomie wat groei is die enigste manier om werk te skep en om belastinginkomste en geleenthede te laat groei. “Ramaphosa kon nie vordering en optrede aankondig om dit makliker te maak om sake in Suid-Afrika te doen nie. Hoewel die meeste van hierdie aksiestappe bloot behels dat sy regering uit die pad moet beweeg.”

Ramaphosa het daarin misluk om bekostigbare en betroubare energievoorsiening te verseker met beurtkrag wat voortduur en munisipaliteite en groot ondernemings wat steeds nie direk van onafhanklike kragprodusente krag kan koop nie, ondanks ʼn verbintenis hiertoe in verlede jaar se staatsrede.

“Hy het ook nie daarin geslaag om die ses goed wat beleggings verhinder te verwerp nie. Dit is die nasionale gesondheidsversekering, die mynbouhandves, swart ekonomiese bemagtiging, onteiening sonder vergoeding, voorskrifte (bate-allokasie) en die nasionalisering van die Reserwebank.”

Ramaphosa het volgens Steenhuisen ook nie die nodige verbintenisse aangegaan om politieke aanspreeklikheid in Suid-Afrika te verseker nie. “Hy het hom nie verbind tot verkiesingshervorming wat nodig is om die parlement regtig tande te gee om die uitvoerende gesag verantwoordelik te hou nie. Hy het hom nie daartoe verbind om die ANC se beleid van staatskaping te beëindig nie. Hy het nie genoeg vordering gemaak met korrupsie nie.”

Steenhuisen meen die drie krisisse sal nie opgelos word nie. “Die bus sal aanhou versnel na die afgrond. Die onnodige lyding sal voortduur en vererger. Ons skuld sal groei. Stede sal verbrokkel. Winkels sal sluit. Ongelykheid sal groter word. Die beskerming van ons demokrasie sal aanhou verweer. In plaas van ʼn nuwe dagbreek het ons ou nagmerries.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jack ·

DA julle mors julle tyd om te kla en neul.Die ANC luister vir niemand en briefies skryf is ook ‘n mors van tyd. Die ANC leer net deur voel.Begin deur hulle te laat voel.

Willem ·

Al hoe ons hul sal uitstem as hulle die stemproses maak dat net belastingbetalers mag stem

Anti-Verkramp ·

Almal is belastingbetalers. As jy iets koop by die winkel betaal jy belasting.

Werner ·

As jy dink hierdie land gaan deur n gestemmery regkom het jy n groot verassing wat vir jou wag.Dink jy die korupte lot sal mag oorgee as hulle verloor.Het jy nie gesien wat gebeur in Amerika nie hulle sal die verkiesing manipuleer en nie verloor nie.

Dirk Mostert ·

Dis nie nodig om die verkiesing te manipuleer nie. Die stemvee is oorweldigend aan hulle kant.

Anoniem ·

John Steenhuisen is reg. CR sit met baie nagmerries. Ongelukkig kleur CR hulle só in om jan alleman te bluf en oortuig dat die pad vorentoe beter sal word as almal saamwerk. Die land is vinnig op die afdraende pad. Ons is nie so dom as wat CR dink nie.

Deon ·

Ek stem saam met jou, dis eintlik baie hartseer wat hulle besig is om met ons land te doen

Deon ·

Die berig se opskrif dat drie krisisse SA lamle, ek wil verskil deur te se net een krisis, en dit is die regerende party

Tobie ·

Die enigste probeem in Suid Afrika is dat die ‘stemmers’ en die ‘belasting betalers’ nie dieselfde mense is nie. Dit betekn die lus van verantwoordbaarheid is nie gesluit nie…..

Werner ·

Deur vier krisisse.Die vierde een is die naiewes wat dink jy kan die gemors nog met hofsake en pitisies en n gestemmery regkry.

Werner ·

Wel kyk na selfbeskikking dis al op die staduim.Hierdie reenboog gemors duidelik nie die antwoord nie.

Tino ·

Hierdie is die kersie op die koek. Hulle speel lag en verkrag die regstelsel

Jakes ·

Dit was reeds in 1994 duidelik sigbaar dat die ANC nooit instaat sou wees om n nasie doeltreffend te regeer nie. SA het verval in n staat van agteruitgang en mislukking. Twee woorde omskryf dit naamlik onbevoegdheid en korrupsie. CR se visie is lagwekkend dog tragies want die eind resultaat gaan totale ondergang wees vir al die landsburgers.

Wim ·

Ag thanks captain obvious – klink soos ‘n laerskool opdraggie vinnige huiswerk – moet net nie enige tasbare oplossings verwag nie

Wim ·

Die eintlike probleem is dat daar geen ordentlike opposisie is nie en so kom die ANC weg met als

“The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.”

So hou maar aan lysies maak maar onthou dit als gebeur op jou/ons wag

Werner ·

Die Da kan duidelik nie tel nie.Hulle sal nooit n noemenswaardige opposisie wees nie.Demokrasie kan nooit werk tussen elf verskillende volke nie.Die een nasie sal altyd die ander onderdruk.Met ander woorde die DA en almal wat soos hulle glo ly aan dieselfde siekte as die regering wat glo hulle dagdrome gaan oplossings vir die land bring.

Anti-Verkramp ·

Die idee wat ek onmiddellik gekry het, is dat die rassistiese regering SEB ten alle koste wil versnel en tot nuwe vlakke verhef. Ons sal maar net vir onsself moet sorg. In gevalle waar SEB nie van toepassing is nie (soos klein besighede) moet ons net mense wat nou deur die regering uitgesluit word (soos blanke mans) aanstel. Ons besighede moet ook meer op die buiteland fokus vir uitvoere en besigheid doen want geen besigheid gaan voortspruit van regeringskant nie (wat net kontrakte vir Our People gee). Indien ons dit nie gaan doen nie gaan baie van ons verarm.

Dirk Mostert ·

Steenhuisen is reg tov ekonomiese aangeleenthede. Entstof-verkryging is irrelevant.

Anti-Verkramp ·

Ramaphosa is skatryk. Hy’t self geen probleme nie en is ver verwyder van die gemiddelde Suid-Afrikaner, so hoekom sou hy worry? Bietjie van sy persoonlike fortuin aanwend om sy beleid van SEB te versnel.

Rina ·

Ek sou liewer sê: die grootste 4 krisisse is:
1. Korrupsie
2. Ekonomie
3. Covid
4. Dubbele standaarde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.