Saak afgesluit ná tienerseun wat Rover se been glo breek spoorloos verdwyn

Al het hy net drie bene, baljaar Rover reeds heerlik. (Foto: Victor-gesin)

Die soektog na die persoon wat Rover, die hondjie van Bloemfontein wat talle harte aangegryp het, se been wreed gebreek het, is gestaak.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê geen verdagte kon opgespoor word nie.

ʼn 17-jarige amateurliggaamsbouer het glo die steekhaarbrakkie se been gebreek in ʼn poging om sy eie krag op die dier te toets.

Maroela Media het vroeër berig die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) is in Desember na ʼn huis in die stad waar ʼn hond onophoudelik getjank het. Daar het hulle Rover in ʼn plas bloed aangetref. Hy kon glad nie beweeg nie.

Die hond se jong eienaar het inspekteurs aanvanklik van Rover probeer weghou en het gesê hy het op sosiale media gesien hoe mense swaar voorwerpe optel om hul krag te toets. Hy het glo ook op die internet gesien watter mate van krag dit verg om ʼn been te breek. Hy het Rover nader geroep en op sy poot begin druk tot dit eindelik gebreek het. Dit het só sleg gebreek dat die been deur die vel gesteek het.

Rover (links) is reeds supertuis. By hom is Marno Victor en sy pa, Japie, en Rover se nuwe beste maat, Slowey. (Foto: Victor-gesin)

Rover is by die tiener weggeneem en sy poot is later noodgedwonge afgesit. Hy is by die DBV versorg en die aannemingsproses het begin nadat Rover genoegsaam herstel het.

Rover het intussen ʼn liefdevolle, nuwe tuiste by ʼn gesin in Bloemfontein gekry.

Volgens die polisie is die huis waar die seun glo gewoon het, verlate aangetref. Ten spyte van herhaalde poging om die verdagte te vind, was hy spoorloos, het Mbambo gesê.

Enige nuwe leidrade wat opduik, sal beslis opgevolg word, het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Strandloper ·

Ek het gister iemand op die water sien hol…toe wonder ek…

SomeOne ·

die “monster” , wreedaard , sommer “moordenaar”, kan nie net verdwyn nie, daar moet mense wees wat hom ken en sy bewegings ken, hy is ‘n amateur liggaamsbouer, sy vriende weet waar hy is, “soek en jy sal vind”
kom mike bolhuis, help kry die vent, jy is nie verniet ‘n diere liefhebber nie

Pieter ·

Klink vir my die seun is polities gekonnekteer. Die persoon wat vinniger as 300km/h ry word opgespoor, slegs op grond van ‘n video. Waarom is daar nie onmiddelik teen die seun opgetree toe die SAPS en DBV daar opdaag nie? Sterkte vir Rover en dankie vir sy nuwe eienaars.

Nico Strydom ·

Dagsê Hannelie
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete

Lizzy ·

..en mag hy later weer n dier aanskaf en moontlik weer wreedagtig wees teenoor die dier.

Kompas ·

Hoekom is die persoon nie dadelik in hegtenis geneem na die voorval nie?

Annelize ·

Oud genoeg om te wert wats reg en verkeerd
Moes dadelik toegesluit word, en die sleutel weg gegooi word
word!

Magda ·

Dis in elk geval dei manier hoe 97% van SA sake afgehandel word- Geen moeite want dit is te veel en harde werk. Is mos daar net om die stoel te vul. Maar KARMA o ja KARMA hy kom wees verseker

Oumie7 ·

So dankbaar die hond is gered en kuier heerlik by sy nuwe huis.

Fiefie ·

So, die “groot sterk” seun is nou nie so groot en sterk nie. Kruip seker agter mamma se rokspante weg. Kan nie sy man staan en verantwoordelikheid vat vir sy gruwel dade nie. En binne kort word die misdade van die knaap net erger, en dan?

Jeanne ·

Dankie vir mense soos julle wat vir Rover ingeneem het en hom liefhet soos ‘n dier behoort liefgehê te wees.

Sandra ·

Die belangrikste woorde in die berig “Rover het in die tussentyd ‘n nuwe liefdevolle tuiste gekry”. Die tiener sal nog sy comeuppance kry,soos die engelse se. Miskien nie hier op die aarde nie, maar wel by onse Liewe Vader.

Flippi ·

Hoekom word die vent se foto nie op sosiale media versprei nie om sodoende hom te probeer opspoor? Hoeveel ander honde gaan nou onder sy wreedheid deurloop??

Dries ·

Nou maar se dan vir ons wat die tienerseun se naam is, dan help almal gou soek.

Gawie ·

Hoe kan iemand in vandag se tyd sommer net ‘wegraak’? A nee a, ek ruik ‘n slang in die gras!!! Of is die polisie in Bloemfontein net te lui om verder te soek?

VanAfrika ·

Wat n flou verskoning dat die lat nêrens te vinde is nie. Die diertjie het deur onnodige pyn gegaan en sy been is onnodig afgesit. Gaan soek verder julle sal hom kry. Dis net pure luigeit dat die saak gesluit word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.