Saak duur voort teen pastoor oor miljoene rand se Ponzi-skema

Colin Davids (Foto: Skermgreep uit YouTube-video)

Die Kaapstadse hooggeregshof het uitspraak gelewer in die saak van Colin Davids, ʼn pastoor wat ʼn forex-handelaar geword het en daarvan beskuldig is dat hy ʼn multimiljoen rand se Ponzi-skema in Kaapstad bedryf het.

Die regter het in sy uitspraak sy simpatie betuig met die beleggers wat net ʼn goeie opbrengs wou kry op hul swaarverdiende geld. Hy het hulle ook bedank vir hul geduld en het die publiek gewaarsku om versigtig te wees vir soortgelyke skemas. Die regter het ook gesê die batebeslagleggingseenheid moet geloof word vir hul optrede in hierdie saak.

“Daar is bepaal dat daar ongeveer R100 miljoen oorgebly het van die meer as R300 miljoen wat oorspronklik in Platinum Forex belê is,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê. Die hof het ʼn kurator aangestel om die proses te monitor waar die fondse aan beleggers versprei word.

“Die kriminele ondersoek teen Davids deur die ernstigehandelsmisdaadeenheid van die Valke duur voort en die ondersoek is in ʼn gevorderde stadium. Hy bly uit op borgtog van R100 000 nadat hy op 22 Junie 2016 in hegtenis geneem is op aanklag dat hy die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (FAIS) oortree het.”

Davids moet weer op 27 September in die Bellville-landdroshof verskyn.

“Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die publiek te maan om nie deel te neem aan enige beleggingskemas wat ʼn hoër as gewone opbrengs aanbied nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tc ·

Wonder wanneer word Johan Malherbe van Amatenda ook aan die bek geruk waar 280 miljoen omtrent weg is van honderde pensioenarrise?

Bekommerd ·

Ja hoeeveel gaan oorbly van die R100 miljoen na die kurator hiermee klaar is en hul fooie vir hul dienste betaal is. Sal graag wil weet wat die koste van die kurator gaan wees

Magsa ·

As ek hierdie raad net 6 jaar gelede gekry het. Ek het n miljoen Rand verloor, ek moes op 60 gaan werk nadat ek 40 jaar by die huis was. Maar weet julke wat Jesus het my deur die moielike tyd gehelp. Ek het heel ander kant uit gekom. Alke eer aan God

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.