Saak hervat van polisiehoës oor Marikana-sterfte

Voormalige adjunkpolisiekommissaris van Noordwes genl.maj. William Mpembe, brig. Gideon van Zyl, kol. Dingaan Madoda en kapt. Oupa Pule in die Noordwes-hooggeregshof (Foto: ANA)

Die saak van die voormalige adjunkpolisiekommissaris van Noordwes, genl.maj. William Mpembe, en drie ander senior polisiebeamptes hervat Maandag in die hooggeregshofsitting in Mogwase, Noordwes.

Mpembe, brig. Gideon van Zyl, kol. Dingaan Madoda en kapt. Oupa Pule staan tereg op aanklag dat hulle die Kommissiewet en die Wet op die Polisieondersoekdirektoraat (Opod) oortree het en dwarsboming van die gereg.

Hulle is in Maart 2018 in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek deur Opod aan die lig gebring het dat ʼn mynwerker, Modisaotsile van Wyk Sagalala, in polisieaanhouding gesterf het en nie in die hospitaal of by die toneel nie, toe polisiebeamptes 34 mynwerkers doodgeskiet het tydens ʼn gewelddadige staking by Lonmin se platinummyn in Marikana naby Rustenburg op 16 Augustus 2012.

Die staat voer aan hulle het die omstandighede rondom Sagalala se afsterwe verbloem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Maljan ·

Hoeveel verwoesting en moord het die myners in die aanloop gepleeg?

HPV ·

Waar is die oorspronklike video van die stormloop op die polisie wat oneenseglik bewys dat die polisie in noodweer opgetree het? Wys weer daardie video en laat die mense self besluit.

Geregtigheid ·

As die polisie hulle werk doen, is hulle in die moeilikeid?

CallieL ·

Onthou dat indien die polisie nie hier skuldig bevind word nie kan dit weer in toekoms gebeur. Dit sal stakers keer om geweld te pleeg. Dit is die laaste ding wat die regering soek want dan weet hulle dat die anargie wat daar heers nie meer deur hulle beheer word nie. Die regering wil geweldadige stakings laat gebeur op tye wat hulle kies en waarvoor hulle dit wil laat gebeur. Dit laat die moontlikhede oor wat die regering wil doen altyd oop soos vir wanneer hulle finaal die grond wil vat en van die setlaars ontslae wil raak

J ·

Jy “peaceful protest” met wapens, gewere en pangas?? Maar dan wil julle nou huil as die polisie hulle werk doen? Nee wat.

Zorro ·

Daar moet ‘n scapegoat wees. Die tweede een lyk asof hy in daardie rol kan pas.

Christa ·

EK voel alles word uit verband geruk. Die mense was nie onskuldig nie. Die polisie het net hul plig gedoen.

Fanie ·

Hierdie is ‘n daadwerklike proses om die Polisie te marginaliseer en neutraliseer!

Pampoen ·

Ja Hul like die violence – dis reg
Maar onthou Jy hoe die swart vrydag protes Van Boere was dit was stil rustig en geen geweld en sonder wapen S – Maar toe Kla Hulle oor dit. Ek voel jammer Vir die mense, God slaap nie en Oom Nick wag Vir Sy kinders, Hulle gaan jive op die kole

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.