Saak om godsdiens in skole te hou dán in hof

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Die saak waarin ses landwye skole oor hul Christelike godsdiensbeleid voor die hof gedaag is, is vir 15 tot 17 Mei op die Suid-Gautengse hooggeregshof se rol geplaas.

“AfriForum se regspan is gereed vir deelname as vriend van die hof aan die regsaak om die beoefening van godsdiens in skole te beskerm,” het Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

“Antichristelike fundamentaliste het al in Oktober 2009 gedreig dat skole met ’n Christelike etos voor die hof gedaag sal word. Tóé reeds het AfriForum sterk standpunt daarteen ingeneem en gesê dat die organisasie skole teen sulke regsaksies sal ondersteun.”

Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) het in 2014 ses skole, naamlik Laerskool Randhart, Laerskool Baanbreker, Laerskool Garsfontein, Hoërskool Linden, Hoërskool Oudtshoorn en Oudtshoorn Gimnasium, voor die hof gedaag vanweë hul Christelike godsdiensbeleid.

Die Federasie vir Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame (Fedsas) verteenwoordig hierdie ses skole in die saak, met AfriForum wat as vriend van die hof by die saak betrokke is en die skole met regskoste steun.

In 2015 het AfriForum ’n veldtog van stapel gestuur vir die behoud van godsdiens in skole en ter ondersteuning en bewusmaking vir hierdie hofsaak. Ds. Henk Stavast en Derick Francis het 6 000 km per fiets oor die hele land afgelê as deel van dié veldtog om geld in te samel vir die saak, maar ook om mense in te lig oor die situasie en die moontlik negatiewe gevolge indien godsdiens uit skole geneem word. Hykie Berg, AfriForum en Laerskool Jacobsdal het ook ’n staptoer in die Drakensberg om dieselfde rede onderneem.

“Die ondersteuning vir die projekte was uiters positief en het opnuut bewys hoe belangrik godsdiens oor die algemeen en Christenskap in besonder in en vir skole asook leerders en ouers is,” het sy gesê.

Mense wat AfriForum wil ondersteun met ’n bydrae tot die hofsaak, kan R10 skenk deur hul naam na 38313 te SMS (SMS’e kos R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

66 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elsabe

WAT GAAN AAN IN ONS LAND. EEN VAN DIE DAE GAAN HULLE JOU NOG PROBEER BOICOTT OM TOT GOD TE BID

Knuffel

Indien teen die skole bevind word gaan die repurkussies erg wees. Onder die grondwet het publieke (staatsbefondsde) skole die reg om godsdiens van die keuse van die meerderheid leerlinge te beoefen. Daardie reg word bv in die strengtse sin opge-eis en gebruik deur publieke skole waar bv oorgrote meerderheid vd leerlinge Moslem is. Sulke skole volg dan 100% Moslemdradisies en godsdiens deur skooldrag, rituele, deurlopende gebede ens. ‘n Uitspraak teen godsdiensvryheid sal dan outomaties beteken dat publieke Moslemskole OOK sal moet afsien van hul godsdiensgebruik en tradisies in die skool. Wonder hoe maklik hulle dit sal aanvaar of watter dubbelstandaarde… Lees meer »

johan hennig

Bja dankie Afriforum, GOD sal julle seen, en ek sal julle ondersteun tot my dood, staan op vir ons GOD en Godsdiens

Bloues

Ek wonder tog hieroor. Ek is baie lief vir God en is Sy kind. Maar ek wonder tog. Wie gee hierdie Christelikke “lesse” in die skool. Die skoolhoof wat so dronk raak langs n dam dat die kinders hom in die water gooi? Die onderwyser wat die volgende periode vloek en onder die dogters se rokke probeer inloer of miskien die getroude jufrou wat ‘n verhouding het met n skoolseun? Is dit nie miskien die louheid waarvan God praat wat hy verafsku, wat aan die kinders oorgedra word nie.

Sjoe ek weet nie moet nog meer hieroor dink

John

Al word alle Christelike godsdiensonderrig verbied sal die Nuwe-Orde-ateiste steeds aandring op die verkondiging van evolusie-teoriee as waarhede en gode-diens onder die dekmantel van filosofiee of wat ookal inwerk. As die duiwel die pinkie kry dan… Ons sal soos die Jode ons luiheid moet los en na skool ons kinders Bybelonderrig moet laat kry. Die prez praat uit die Bybel as dit hom pas, maar sy dade spreek die teendeel. Baie regters is deesdae vreeslik liberaal, dalk ateiste en tel selfs onder diegene wat dele in die Bybel bevraagteken.