Saak oor Engelssprekende leerders: ‘Plek nie die probleem’

Foto: ANA

Die Gautengse onderwysdepartement se regsverteenwoordiger het aan die hooggeregshof in Pretoria gesê dat kapasiteit nie die rede is waarom Hoërskool Overvaal in Vereeniging weier om 55 Engelssprekende leerders in te neem nie.

Adv. Kumbirai Toma het aangevoer die skool gebruik Afrikaans om teen die kinders te diskrimineer. Volgens Toma het die skool 20 Afrikaanssprekende leerders tot die skool toegelaat nadat die departement opdrag gegee het dat daar vir die 55 Engelssprekende leerders plek gemaak word.

“Indien kapasiteit die probleem was sou die skool nie plek gehad het vir die 20 leerders nie.” Hy het gesê die skool het 23 klaskamers maar dat net 17 gebruik word om klas te gee terwyl die ander in gespesialiseerde sentrums omskep is sonder die departement se toestemming. Volgens hom het die skool net goedkeuring gehad om twee van die klaskamers te omskep.

“In wese is kapasiteit nie die kwessie nie aangesien daar vyf klaskamers is wat gebruik kan word om leerders in Engels te onderrig.” Toma het verder aangevoer dat die demografie van die gemeenskap verander het en dat dit net sal sin maak vir die skool om daarvolgens aan te pas.

“Volgens die toelatingsvereistes kan leerders wat binne ʼn 5 km-radius van die skool woon toelating kry ondanks die skool se taalbeleid.” Toma het gesê die skool moet nie bekommerd wees oor hulpbronne nie aangesien dit die departement se verantwoordelikheid is.

Regter Bill Prinsloo het reeds vroeër Vrydag aangedui dat hy nie vandag sal kan uitspraak lewer nie, maar wel Maandag om 14:00. Die saak duur voort.

Hoërskool Overvaal, ʼn Afrikaanse skool, het die hof genader nadat die departement opdrag gegee het dat 55 bykomende Engelssprekende leerders in 2018 by die skool toegelaat moet word. Die leerders is toegang geweier en die skool voer aan hy is vol en het nie die nodige hulpbronne om vir Engelssprekende leerders voorsiening te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

PJC ·

Hierdie hou net aan en aan en hierdie klomp gemors gaan nie ophou voordat elke skool in hierdie land verengels is en die standaarde in die grond in is nie. Die enigste uitweg sal iets soos CVO skole wees. Die skoolgeld by sommige voormalige model C skole is in elk geval al reeds so hoog dat iets soos ń CVO skool heel bekostigbaar behoort te wees.

Oupa D ·

Ek is reeds jare betrokke by CVO-skole. Benewens puik onderrig, uitstaande buitemuurse programme en doeltreffende geheel-ontwikkeling van leerlinge, is die skoolfooie lankal byna dieselfde as in voormalige Model C-skole. Die verskil is egter dit: Die skole behoort aan die ouers, nie aan die staat nie. Dit vereis DEELNAME en BETROKKENHEID van ouers. My aanbeveling: Doen net een keer moeite en besoek BCVO se webwerf. Jou kind KAN onderrig ontvang wat hy/sy verdien. Doen net een internet-soek. Dit kan alles verbeter!

Lolla ·

Adv. Toma, jy verstaan duidelik nie dat Afrikaners se standaarde nog nooit was soos van waar jy vandaan kom nie! Dis oor besluite en argumente met mense soos jou mentaliteit, dat ALLES verval! Julle kla en val aan en baklei heeltyd, speel julle rasse kaartjie wat al holrug gery is, maar bly bietjie stil, observeer, en begin leer van die Afrikaners af????

Pieter van Niekerk ·

Die hele proses van vermetele aandrang is maar ‘n Russies aangeleerde irritasie taktiek. Dit vorm deel van die koggeldanse waarin hulle so uitblink.

Basjan ·

Pieter van Niekerk, jy som die saak in pragtige, keurige Afrikaans op. Tien uit tien vir jou, baie dankie!

snoefie ·

soos ek die storie sien, is taal die groot probleem. dit was mos duidelik gemaak dat die skool nie onderwysers hernom Engelse klasse aan te bied nie. die twintig leerders wat sederdien toegelaat is, is Afrikaans magtig. waatter deel verstaan die klaers nie? verdomp! daar is skole wat Engelse klasse sowel as moedertaal onderrig aan die leerders kan bied. hoekom bly pik die anc op Adrikaanse skole?

Ronel ·

Snoefie. Die groot probleem is dat Overvaal een van die top skole n Vereeniging is. En nee ek sê dit nie net omdat dit my alma mater is nie. Dis ‘n feit. 100% slaagsyfer vir jare in ‘n ry vertel mos die hele storie. Nou wil hulle standaarde doodeenvoudig net kom staan en optoffie. PUNT. Dis al wat hulle wil doen. Anderskleuriges word daar toegelaat ook al van voor ek matriek gek\skryf het in ’97. Maar ja. Die issue is taal. En daar is skaars 5minute se ry ander hoërskole wat dubbel en parallelmedium is! Soos bv Drieriviere hoër. En ander Engelse hoërskole soos Riverside en Genl. Smuts

V ·

Ok iemand help my verstaan…
1ste… Ouers moet hul kinders op die internet regestreer…… Hkm moes die staat hul nou plaas..?
2de…. Hkm die 55 kinders weerhou van onderrig in hul eie taal?
3de… As ek Google… Sien ek daar is taamlik baie Engelse hoërskole in Vereeniging… (Met vervoer.) hkm het die staat daai arme 55 kinders in ‘n Afrikaanse skool geplaas en nie by ‘n Engelse skool nie…
Alle kinders het mos die reg op onderrig in hul eie taal??

Boerseun ·

As die swart onderwyshoofde se argument gebruik word, beteken dit omgekeerd dat daar ook teen my gediskrimineer word indien ek nie in Afrikaans kan studeer nie. Skaakmat?

Trots Afrikaans ·

Gee die staat skole aan die staat. Maak privaat skole, maar hou hulle tog net Afrikaans. ‘n Taal is gekoppel aan ‘n kultuur. As jy die taal verander van ‘n skool dan verander die kultuur. Laat ander nasies hul kultuur aan die wêreld taal Engels verkoop. Moenie julle taal en kultuur uitverkoop nie asseblief. Staan vas. Kyk, ons voorouers het geveg vir die reg van ons kerk, taal en kultuur. Kom ons staan vas soos wat ons trots in Die Stem bely het.

Die Stem, vierde vers:
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Mara ·

Baie goed gestel. Stem 100% saam. Hoekom kan dinge wat regtig werk nie maar net in vrede gelaat word nie?

Chrisjan ·

Dis algemene kennis dat die Engelse iemand Bill of Billy noem as sy naam William is.

John ·

Privaatskole/-kolleges/-universiteite kos geld… baie meer as staatskole. Hoekom betaal Afrikaners belasting? Ok, dis ‘n dom vraag. As Afrikaners hul werk of eiendom kwyt is, is hul beursies ook leeg. Gaan Afrikaanse private opleidingsinstansies hul afgestudeerdes van werk voorsien? Gaan die ANC wit Afrikaanse opgeleide werkers in poste aanstel? Hoe sluit ons daai kring? Mens kan nie die hele dag boereplaas speel nie…

Sam ·

Ons Afrikaanse skole het al lankal die stryd verloor. Dis lank nie meer ‘n kwessie van taal nie en diegene wat glo in ‘ons Afrikaanse skole, ons kultuur’, sit lankal die pot mis.

Jul hys al jare die vyand se vlag bo jul kinders se koppe, hul staan op aandag daarvoor en besing die afgodsvoorvaderlike geeste in ‘n volksvreemde taal. Selfs die CVO skole …

Jul Afrikaanse skole se Afrikaanse boeke is deel van die vernietigingsproses en werk mee om jul kinders te breinspoel. Die waarheid word verdraai, liberalisme en kultuurvernietiging en godsdiensgelykheid, verval van sedelike en Bybelse norme, is die wapens van die tyd binne ons Arikaanse instellings.

Ek pak hierdie jaar my 22ste jaar van tuisskool aan en my grootste struikelblok is ‘n totale gebrek aan Afrikaanse leermateriaal wat nie afbreek doen nie. Daar is soveel pragtige Amerikaanse taalonderrig-en vakrigtingboeke beskikbaar met pragtige, Bybels-gefundeerde inhoud, wat ek gedwonge gebruik.

Ek sal my kinders slegs uit die Bybel Afrikaanse taalonderrig gee, eerder as om hulle aan die staatsboeke van die tyd se inhoud bloot te stel.

Die stryd is groter as Afrikaans!

Jul vyand is baie groter as die huidige aanslag teen Afrikaanse breinspoelings-instansies. Dis die aanslag teen die blanke Westerse nasies as Godvresende volk wat Sy woord en ordes handhaaf, wat vir ons voorop behoort te wees.

Sam Booysen ·

Dan moet die kwaliteit van onderrig net weereens afneem as daar weg gedoen moet word met die gespesialiseerde sentrums. Die mentaliteit onstaan seker as mense aanstuur is wat nog nooit n dag skool gehou het in hul lewe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.