Saak oor huishulp-rassisme uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Andre van Deventer van Kaapstad, sal binnekort weet of hy skadevergoeding van R100 000 aan sy huishulp moet betaal op aanklag dat hy haar mishandel en aangerand het.

Gloria Kente voer aan Van Deventer het haar jare lank rassistiese woorde toegesnou en mishandel.

Mariechen Pienaar, Kente se vorige werkgewer, het Vrydag in die gelykheidshof getuig dat Van Deventer, haar ekskêrel, Kente op 28 Junie 2013 ʼn paar keer die k-woord genoem het. Sy kan egter nie onthou wat hy presies gesê het nie.

Volgens Peter Williams, vir Kente, het Van Deventer sy kliënt “ʼn lui k*****” genoem. Pienaar het gesê sy kan onthou hy het die f-woord en die k-woord gebruik, maar nie presies wat hy gesê het nie.

Pienaar het ook nie gesien hoe Van Deventer glo Kent aan haar pajamas se kraag gegryp het, op haar gespoeg of herhaaldelik die k-woord genoem het nie.

Kente het nege jaar lank by Pienaar gewerk as ʼn huishulp en kinderoppasser. Sy eis skadevergoeding van R100 000 en ʼn onvoorwaardelike om verskoning van Van Deventer.

Die saak hervat op 24 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Grassie ·

Miskien is jy reg, Angie. As ‘n ou se eks so saam met die huishulp planne smee laat dit ‘n mens wonder.

SNEL ·

Vir wat jare vir hom werk as sy so sleg behandel was? Ek ruik ook n rot, hulle moet die eks en huishulp bietjie bekyk, ek dink hulle werk hier met n plan.

MartinLJ ·

Nonsens! Geen mens werk 9 jaar onder sulke omstandighede nie.

Pajamas? Waaroor gaan dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.