Saak oor Motsoeneng-aanstelling kom

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Die DA se hofaansoek om Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as die SAUK se bedryfshoof ter syde te stel, is nie dringend nie en moet nie toegestaan word nie, voer die SAUK in hofdokumente aan.

“Daar is eenvoudig geen dringendheid nie. Enige beweerde dringendheid is self geskep en ongegrond,” voer Zinhle Tshabalala, voorsitter van die SAUK-raad, aan. Die saak sal op 19 Augustus in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Thuli Madonsela, die openbare beskermer, het in Februarie ‘n verslag uitgereik, waarin sy bevind het dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ‘n salarisverhoging van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies.

Sy het destyds ook beveel dat daar binne 90 dae ‘n nuwe bedryfshoof aangestel word.

Tshabalala sê die raad het die dienste van Mchunu Prokureurs verkry om “die geloofwaardigheid van die bevindinge en Madonsela se aanbevelings” te ondersoek en te oorweeg.

“Mchunu Prokureurs het die openbare beskermer se verslag nagegaan en die bevindinge ondersoek. Mchunu Prokureurs het ‘n verslag opgestel en advies aan die raad gegee.”

Tshabalala sê die prokureurs se verslag is op 5 Junie ontvang en dat die raad dié verslag sowel as Madonsela se verslag oorweeg het voor daar besluit is om Motsoeneng permanent aan te stel.

“Die SAUK is tevrede dat mnr Motsoeneng nie die openbare uitsaaier bedrieg of mislei het nie. Die openbare beskermer se bevindinge rakende oneerlikheid en bedrog is strydig met objektiewe feite,” het Tshabalala gesê.

Lees ook:
SAUK verwerp OB se bevindinge oor Motsoeneng
OB dagvaar minister oor Motsoeneng
‘Zuma nie betrokke by Motsoeneng-aanstelling nie’
OB gaan Motsoeneng-aanstelling ondersoek
Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste
‘OB-verslag hou nie verband met Motsoeneng-aanstelling’
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie
Ondersoek ingestel na SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

Hierdie sê alles oor die regsfirma:
“Mchunu Attorneys is a 100% black owned and managed law firm, located in Rosebank, Johannesburg. Our practice focuses on corporate and commercial law and commercial litigation.

Mchunu Attorneys is one of the most influential and highly skilled law firms in the abovementioned areas of law. Through our experience and expertise, we guide clients through some of the toughest decision making processes. Our clients include mainly private companies, government departments, municipalities, SETAs and state owned companies.

Being in practice since 2001 has taught us that the understanding of our clients’ businesses is key to our practice and its relevance to the business world. This helps our clients rest assured that with us, they are always in good hands – we protect and advance their interests at all times.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.