Saak oor ou landsvlag in appèlhof aangehoor   

Ernst Roets.

Die burgerregteorganisasie AfriForum sal Woensdag in die appèlhof in Bloemfontein wees om te appelleer teen ʼn vroeëre beslissing wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag in die meeste omstandighede, ook privaat, verbied het.

Die gelykheidshof het in 2019 beslis dat die vertoon van die 1928-vlag (die ou Suid-Afrikaanse vlag) haatspraak is. AfriForum het in die gelykheidshof aansoek om appèl gedoen maar dit is van die hand gewys.

AfriForum het egter in Mei 2020 verlof tot appèl bekom om die gelykheidshof se uitspraak rakende die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag as haatspraak in die appèlhof te beveg.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het vroeër gesê die burgerregte-organisasie is sterk ten gunste van vryheid van spraak, maar glo terselfdertyd dat daadwerklike haatspraak beveg moet word.

“Die feit dat die ou Suid-Afrikaanse vlag vir sommige mense aanstoot gee, is ingevolge die bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet nie ’n geldige rede om dit tot haatspraak te verklaar nie,” het Roets gesê.

“Ons is bekommerd dat dit verreikende gevolge vir vryheid van spraak, een van die hoekstene van ’n demokratiese samelewing, kan hê as die vertoon van die vlag tot haatspraak verklaar word. Daarom sal ons hierdie saak tot in die hoogste hof beveg.”

Die gelykheidshof het destyds in sy uitspraak gesê die ongegronde vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag word nie beskerm onder vryheid van uitdrukking nie. Daar is bevind dat die swaai van die vlag verdelend en pynvol is en dat die swaai van die vlag nie net haatspraak is nie maar ook teistering.

AfriForum het gesê hy gee erkenning aan die feit dat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag aan ’n deel van die bevolking aanstoot gee. Dit is ook die rede waarom AfriForum nie die vlag vertoon nie.

AfriForum is van mening dat ’n verbod op die vlag die teenoorgestelde effek sal hê as wat daarmee beoog word, naamlik dat dit die vlag meer gewild maak juis omdat die onderdrukking van vryheid van spraak ’n teenreaksie skep.

Roets is in 2019 van minagting van die hof aangekla nadat die Nelson Mandela-stigting ʼn klagte teen hom aanhangig gemaak het nadat hy ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het, kort ná die gelykheidshof se uitspraak. Hy is onskuldig bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Nette ·

Ek moet dringend teruggaan skool toe, want toe ek in die skool was het ons geleer spraak is iets wat jy sê, woorde wat uit jou mond kom, het iemand daar buite dalk ‘n vlag wat praat wat dit met ons kan deel, sou graag wil hoor wat hy te sê het…

Marius ·

Siestog , our people sal enige snert uitdink om wit mense se geskiedenis te laat verdwyn . Hulle vergeet egter dat hulle beter krag , skole , hospitale , ens gehad het onder daai vlag .

Sobymykoolkop ·

Die ANC vlag gee ook vir sekere deel van die volk aanstoot, onder daai kommie vlag is landmyne op plaaspaaie geplant, bomme by restaurante, Kerkstraat ens ens.

Sarel ·

Maar…die sing van ” Kill The Boer” word todgelaat omdat dit glo ” Struggle” lied is. Nou so moet die Landsvlag ook gesien word as simbool vzn die Stryd teen Britse Oorheersing..

Flip ·

Wie wil nou die ou vlag waai waar alles ineen stort. Dis hoekom ek ook nie omgee wanneer hulle die dorpe en strate se name verander nie. DF Malan rylaan het nie slaggate gehad nie en die riool aanleg het gewerk toe dit nog Piet Retief was. Vandag loop die riool deur winnie mandela en nelson mandela rylaan is vol slaggate……

Nie Verbaas ·

Wel die huidige vlag verteenwoordig diskriminasie, haatspraak, totale onbevoegdheid, korrupsie, diefstal en n dubbel standaard regstelsel.

Marius ·

Die anc, eff en sakp se vlae gee ook vir baie mense aanstoot. Gaan dit ook verbied word ?

Andries ·

Te midde van tragiese onreg verteenwoordig die OBB-Vlag ‘n tydperk van Opbou, Wet en Orde en >R2/Dollar. Die Nuwe vlag (wat aanvanklik vir my mooi was) het die simbool geword van verwaarlosing, agteruitgang verval wetteloosheid korrupsie en staatsbankrotskap en les bes agterlikheid.

‘m Duisend wette sal nooit die huidige vlag myne maak nie – dit het die simbool van stryd teen omgekeerde onreg geword.

Merlin ·

Daar is andere wat haatspraak toepas….. hulle vlag word rondswaai en vertoon maar, dit word toegelaat en aangemoedig……

Manie ·

Dit herinner hulle seker aan die dae toe alles nog piekfyn gewerk het.

henndrik ·

Ek moet eerlik wees, die nuwe vlag gee my aanstoot want dit word gekoppel aan korrupsie en diefstal en die algehele verval van die land

Di ·

Wat hierdie spul nie besef nie is dat GEEN vlag, Straatnaam of Beeld mens se geskiedenis kan uitvee nie! Hulle mors net ons geld en tyd met al hierdie onbenullihede waaraan hulle so hammer. Ons vir jou SA!

Johann101 ·

Dis die anc government wat bang is vir wat die ou vlag verteenwoordig… dit wat hulle nie kan regkry met die nuwe vlag nie…
Trots… eenheid…

Henry ·

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:

Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?

Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg

vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;

die pand van ons erf’nis, geslag op geslag,

om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;

ons nasie se grondbrief van eiendomsland,

uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.

Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,

die vlag van ons eie Suid-Afrika.
Dit was die ou vlag se volkslied

Watsenaam ·

En toe gee dieselfde mense ons land en sy trots sommer net so weg. Hulle het mos geweet het dit gaan gebeur. Vandag is hierdie eens trotse nasie met al sy trots en grootpraat en sy eens trotse land ISM. Lyk my ons het n klomp praters geword wat bang is vir n stuk lap?

piet ·

Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg

vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;

Net jammer die kneg het geen vryheid en regte gehad nie…….

Boer ·

Daai ou Flag hang met trots in my kroeg en niemand sal vir my sê ek moet hom afhaal nie.

Frank ·

Malema se bakkies op plakkate en in koerante is ook haatspraak volgens dieselfde maatstawe

Windhond ·

Ek het n eed gesweer voor die oranje blanje blou – nie die nuwe vlag nie – ons vir jou SA

Papsak ·

Ek sien geen probleem met ou SA vlag nie nuwe vlag lyk pateties ek sal my ou vlag laat wapper laat almal hom sien dankie vir die mense wat baklei vir ou vlag nice van julle kom onsstaan op en wys ons kan

Heinrich ·

Die huidige onderbroekvlag gee ook aanstoot en verdeeldheid; en dit teister my elke keer wanneer ek aansoek doen vir werk of die president noodfondse uitdeel.

annie ·

In 19’84’ het Afrikaners afgesien van hul menswees. Diegene wat ja gestem het, het mos goed nagedink oor die toekoms en dit goedgedink om De Klerk & M te ondersteun en hul eie grafopskrifte aan die ANC oor te laat. Wat staan op joune! Nie eers die ANC-vlag sal kwartstok hang as een van die ja-ers sterf nie. Waar is ‘n standbeeld vir dapper-De Klerk opgerig?

Johann ·

Ja wel die huidige weergawe van die terroris bevrydings organisasie se oorwinning oor die RSA se bestaan, met geweld en verwoesting, is vir my onstellend en bewys van die ANC se diefstal en vermorsing en korrupsie en verval….

Herman ·

Maar julius en sy maaitjies kan van die more tot die aand loop en haat spraak verkondig en dis heel okay .

Piet ·

As die vlae getakseer gaan word op die optredes van regerings, is die nuwe vlag besig om die ou vlag verby te steek.

Wondermaarnet ·

Ongelukkig kan ek nie op hierdie platvorm sê wat ek wil nie.

Lian ·

Die ou landsvlag is die eerste keer in 1928 gehys en is dus 20 jaar voor apartheid . Hulle moet hulle geskiedenis gaan lees.

Jakes ·

Die ANC moet minder aandag aan die ou vlag gee en eerder aan die hele volk verduidelik hoe dit moontlik is dat hulle n land op n skinkbord gegee is en dit oor die afgrond in regeer het soos n spul morone. N laerskool klas sou n beter job gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.