Saak oor ou SA vlag dán in hof

Die ou Suid-Afrikaanse vlag.

Die Nelson Mandela-stigting het Maandag aangekondig dat sy saak om die ou Suid-Afrikaanse vlag tot haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering te verklaar in April in die gelykheidshof aangehoor sal word.

Dié saak sal op 29 en 30 April aangehoor word. Dít volg nadat die stigting die gelykheidshof in Maart verlede jaar versoek het om die tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse vlag tot haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering op grond van ras te verklaar.

Die stigting het in ʼn verklaring gesê die tyd het aangebreek om te erken dat die ou vlag ʼn simbool van ʼn misdaad teen die mensdom was en dat die tentoonstelling daarvan dié misdaad vier en swart Suid-Afrikaners verneder.

“Dit is belangrik dat die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie gebruik word as ʼn instrument om sulke gedrag te ontmoedig,” lui die verklaring.

Volgens die stigting is die burgerregte-organisasie AfriForum egter gekant teen hul versoek op grond daarvan dat dit inbreuk sal maak op Suid-Afrikaners se reg op vryheid van uitdrukking.

Die Menseregtekommissie ondersteun wel die versoek. “Die stigting sluit die Grondwet se reg op vryheid van uitdrukking in. Dit is ook van mening dat Suid-Afrikaners die grondwetlike perke op dié reg moet respekteer en mekaar se reg op waardigheid moet beskerm,” het die stigting gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

107 Kommentare

Tino ·

Waneer jy nie ‘n minderheid kan uitoorle met onderdrukking nie, probeer jy om die minderheid verder to onderdruk.

Soos Eleanor Roosevelt gese het van minderwaardigheid.

christine ·

kan ons dan nie as n land saam staan teen die ANC vlag nie dis presies waarvoor hy staan….ons kort n nuwe vlag nuwe lied en nuwe leuse wat almal kan baat

Jeandre ·

So ons was die naweek by die military museum in Johannesburg en weet jy Ek was geskok hulle het Sommer die nuwe suid African vlag in die plek van die ou een in gedruk by n display van ons soldate wat geveg het in die 1900s en 1965s Sommer n hellicopter se ou suid Africa vlag uit gesny en die nuwe een op geweld dit is mos nie reg nie hulle was nie daar nie ?

Blaarman ·

Die plant van bomme wat burgerlikes teiken en in flarde blaas behoort ook as ‘n misdaad teen die mensfom verklaar te word, en daarmee saam die vlae en regalia van die ANC, SAKP en Umkhonto we Sizwe.

Niek ·

Ek is seker daar is negatiewe assosiasie. Is daar iets sinistêr? Ek twyfel. Dalk nie verteenwoordigend. Al word dit verbied, gaan dit niks verander. Harde werk gaan verandering bring. Verskonings vir nonprestasie gaan niks help nie.

wow ·

in die geval: die vlag van UK, die Duitse vlag, vlag van Rusland, China val dan ook onder hierdie kategorie. ironies ne?

Swartwolf ·

Mooiste vlag ooit. Onder die vlag op aandag gestaan. Die vlag gesalueer. Die vlag se lied gesing. Daar is nie ‘n ander vlag nie.

Paul ·

Wonderlik. Toe was ek nog ‘n trotse Suid Afrikaner. Die nuwe vlag doen dit nie vir my nie

Toek ·

Verstaan alles het verander dis ‘n nuwe SA alhoewel hy baie korrup is moet ons dit aanvaar,hulle moes die landsvlag verander want dit was apartsjare se vlag.Baie dankie

J ·

Kan ons dieselfde doen met die nuwe vlag? Onder wie daar 100 000de meer mense vermoor word, die nuwe vlag wat blankes helemal uitsluit? onregverdige diskriminasie? Ek sal dié vlag dra met trots. As dit jou pla, moenie vir my kyk nie, as die vlag geoutlaw word lol, mag ons dan nie meer die kleure oranje, wit en blou gebruik nie?

ac ·

Die ou vlag sal nie weer terugkom nie hang hom maar daar iewers in jou huis rond.

Hoe dan nou ·

Maar die huidige vlag dui vir my net op diefstal van triljoene rande, plaasmoorde wat openlik goedgekeur word deur die staat en swak tot geen dienslewering asook uitermate hoë werkloosheid getalle. Waar is dit NIE teisterend, of diskriminerend of hatig nie?!

waarheid1 ·

O die vlag is mooi!!!!
Ek sal dit nooit kan wegsteek nie~!!

Donderstorm ·

N vlag wat van ons kultuur en verlede bv vrystaat vlag eni 4 kleur eni britse vlag het wat deel is van ons verlede is haatspraak maar “strugle” liedjies ss kill the boer kill the farmer en kill the children and also the dog dit is nie haat spraak nie watse snert is dit as hul ons ou vlag wil verban dan moet hul die “strugle ” liedjies ook verban die ou vlag is deel van ons mense en geskiedenis

James ·

Net so ek voel ook so. Verban struggle songs ook. Is haatspraak

Boet Fasie ·

My trots ook, nldie nuwe vlag word gekenmerk deur korrupsie, diefstal, plaasmoorde en stastskaping nie.

leser ·

Ek gaan dit gebruik vir gordyne en tafeldoeke en rokke ens.
Dan vertoon ek dit nog steeds!!

Bossie ·

Ek het na 1994 baie subtiel die kleure en kleurkombinasies orals in my huis ingewerk! So dink ek heeldag aan die pragtige vlag.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek nodig hulp om onmiddelik dieselfde klag by die gelykheidshof in te dien teen die nuwe vlag………wat vir my nog net ‘n simbool van onderdrukking, diskriminasie, openlike haat en verkleinering van die minderheidsgroepe in die land is. As daai vlag ‘n simbool van “misdaad teen die mensdom” voorstel, wat stel die nuwe vlag voor? Korrupsie, onderdrukking, diefstal, swak regering, finansiële uitbuiting, belasting op belasting, diskriminasie, diefstal sonder vergoeding? Hierdie klompie het nie mooi gedink nie….

SjN ·

Verban dan alle vlae in die openbaar, die ou landsvlag vertoon mooi in my lapa.

Hennie ·

Ek stem saam dit wapper in my lapa ook dis my ons trots ons vir jou Suid Afrika . Ten minste het ons n gerespekteerde lands vlag gehad en n opregte Volkslied wat betekenis gehad het .Maar vandag ????????? sal my nie uitlaat nie.

Boet Fasie ·

Wat van die ANC en sy bondgenote se vlae en Malema en sy vriende se rassistiese en haatspraak teenoor ander rasse groepe en gelowe – hoekom aanvaar Suid Afrikaners en die Mandela stigting hulle gedrag en uitsprake gelate.

Koos ·

Die feit dat die gelykheids”hof” enigsins die saak aanhoor, dui op die vlak van bevooroordeeldheid in hierdie land.
Geen straf wat ek opgelê word kan my minagting vir hierdie stelsel weerspieël nie

Tiaan ·

Daardie vlag is saamgestel uit ‘n geskiedenis wat terugsterk to die begin van Suid Afrika, eerstens die Prinse vlag, die vlae van die boere republieke, die britse vlag. Lank voor die apartheid beleid in plek was het hierdie vlae oor Suid Afrika gewapper. Plaas dit op ‘n tydskaal en apartheid is ‘n klein gedeelte van die land se totale geskiedenis. Nou wil die stert die hond swaai.

Leana ·

Kon dit nie beter stel nie. en Holland het nog die rooi wit en blou vlag

Johan ·

As onderwyser het ek jare gelede die Suid-Afrikaanse vlag in ‘n les met ‘n klas skoolkinders behandel. Toe vra die (swart) kinders hoe die ou vlag gelyk het. Beteken dit dat ek dit nie eers ter wille van die Geskiedenis dit vir hulle mag wys nie?

GRIET ·

GELUKKIG…lê mý identiteit, sekuriteit en waarde in my Hemelse Vader ALLEEN en nié in ñ stukkie lap,taal of kultuur nie!
So kry maar vir julle, JULLE vat ABSOLUUT NIKS wég van mý nié

Chris Ws ·

Tant Ralie ek stem! Die Union Jack skend net ons pragtige oranje blanje blou!Hy verdien geen plek op die vlag nie.Kyk net wat het die Britte aan ons volk gedoen in die Anglo Boere Oorlog.
Die anc se reenboog vlag kom nie in my huis nie.Hy is niks van my nie.

Christine ·

Die Oranje Blanje Blou Vlag is uitbeelding van ons geskiedenis, die Union Jack is ñ groot deel daarvan. Ons was ñ jong trotse nasie met groot respek vir ons landsvlag en ons vlaglied …
“Nooit hoef jul kinders wat trou is te vra wat beteken jou vlag dan Suid Afrika” Al doen hulle wat, hulle kan nie geskiedenis uitwis nie.

Tant Ralie ·

Nee my kind, die Britte was boos. Hulle het ons vrouens en kinders vermoor in konsentrasie kampe en ons wag nou nog vir’n verskoning.

Louese ·

Ek is baie trots op daai vlag en sal altyd wees dit is my lands vlag en die stem in Afrikaans sal in my hart bly vir altyd

HPV ·

Die eerste paragraaf is 100% beskrywend wat tans in Suid Afrika gebeur onder die anc regime. Nou wat van die nuwe se vlag?
Die land brand maar hulle is bekommerd oor ‘n vlag!

Adam ·

Absoluut belaglik. Die ou vlag vertoon die Union Jack en ons almal ken die Britte se geskiedenis. Geen Suid-Afrikaner het ooit volgens my kennis gekla oor die Union Jack op die vlag nie. Dit is net ‘n volslae idioot wat dink jy kan die geskiedenis verander deur die verwydering van ‘n vlag.

bolla ·

Brand die rubbish en gooi enige oorblyfsels op die apartheids-ashoop.

bolla ·

Sal nie nodig wees nie want die hof gaan jou dwing om dit self te doen. Ha, ha

Anni ·

Nuus vir hulle, vd ou landsvlae het ek vir my n mooi hemp gemaak. En ek sing ni en staan ook ni op aandag as anc volkslied gesing word ni. My landsvlae is my landsvlae, ek het vir niks nuuts gestem ni.

Jax ·

Hoe op aarde kan n vlag dit doen? Die vlag is net n stuk lap. Dis mense se harte wat met haat gevul is, wat die werklike probleem is!
Ek kan in dieselfde asem sê dat die huidige vlag n teken kan wees van die hoop op verandering en verbetering vir almal maar nooit gebeur het nie.
As jy n negatiewe mens is, Sal als gebruik word om jou gif te word
Harte moet verander!!!

Jana ·

Presies Jax ek stem 200% saam met jou. Dit help nie mens probeer uiterlike goed verander nie. Die probleem is, soos jy sê ons harte. Harde harte. Ons moet bid vir sagte harte in Suid Afrika.

Driesie ·

Jax ek stem saam met jou daardie wat so huil oor vlae sal hartaanvalle kry dan lewe die mense van die landsvlag nog,en hulle weet ook nie van hulle gekerm nir.

In my hart sal ek dra ·

Oor my hoof sal ek hys, In my hart sal ek dra. Op aandag sal ek staan. My vlag sal ek salueer — die Oranje, Wit en Blou

Alco ·

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
Vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
Die pand van ons erfnis, geslag op geslag,
Om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
Uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
Die vlag van ons eie Suid-Afrika!

Mmmm ·

Nes jy daar sê. Nou die dag op my ou SAWM Sangboek afgekom. Toe lees ek weer die vlaglied en n paar van die ander. Verlang ek darem toe na goeie ou dae as dienspligtige.

George in Bloem ·

Die oranje blanje blou is nog steeds,was nog altyd en sal altyd my vlag bly,nie die gemors wat nou wapper wat diskriminasie teen my mense simboliseer nie. Vir hom kan hulle druk waar die son nie skyn nie.

Baardman ·

Net soos die ou landsvlag mense laat onthou in die swaar wat hulle gekry in apartheidsjare so aanvaar pappa dis jou beurt voel hoe voel dit/Proe van jou eie medisyne die wiel het gedraai.

Afrikaner ·

As ek die nuwe vlag sien, hoor ek ‘siekielie afrika’.

Ben ·

Die nuwe landsvlag is rassisties en kommunistiese.
Flag en n klad vir ons land verkies ou vlag Bo

Johann Holtzhausen ·

Die nuwe vlag herinner my aan ‘n Jockey onderbroek.

Johann Holtzhausen ·

Die nuwe vlag herinner my aan ‘n Jockey onderbroek en die ou vlag lyk soos’ n Mercedes Benz teen ‘n draadkar vergelyk.

Avra ·

‘n Land sonder ‘ n geskiedenis, is ‘n land sonder ‘ n toekoms… Hierdie land, die Republiek van Suid Afrika het nie in 1994 ontstaan nie.

Magriet ·

Ons gaan so aan oor ‘n vlag. Waar pas ons Hemelse Vader in. Dis sinneloos om oor wereldse vlag te baklei en nie ons knieg te buig voor God. Plaas dat ons opreg begin bid en lewe, dan sal dit beter gaan met ons. Ons land het net toekoms as ons God eerste stel en Sy aangesig soek.

Roeks Griessel ·

Wanneer jy wette moet maak om jouself te regverdig dan is dit maar so dat jy minderwaardig is en sal bly vir die res van jou lewe.

ANA ·

GISTER IS VIR EWIG VERBY…
EN SO OOK DIE VERLEDE…
NET Ñ VAE HERHINNERING VAN NOSTALGIE…

Vissie ·

So hulle het probleempie met oranje blanje blou vlaggie? Ek het ‘n oplossinkie . Kom ons druk die ANC vlaggie op “single ply” en dan sal die nuwe SA se vlaggie pragtig lyk op “double ply” Toiletpapier. Dit sal absolute wenner wees sodat die publiek ook darem die geleentheid kry hoe dit voel as jy geen respek vir jou land het nie, en sy beeld elke dag deur jou stert kan trek soos die ANC doen

James ·

Nou hoe kan die Britse vlag nog aanvaar word? Hulle het die meeste crimes against humanity. Hulle het konsentrasiekampe en segregation (apartheid) begin. Ander lande het net hulle aaklige sisteme gevat en “verbeter” daarop.

Amanda ·

Ek sien hier is een kommentaar wat sê die vlag moet verbrand word, weet jy nie, daardie vuur sal net die trots in ons harte verder aan die brand steek nie? Besef jy nie, daardie vlag beteken nie vir ons apartheid nie, maar ‘n hele geskiedenis van ‘n volk se ontwaking ten spyte van enorme teenslae en aanslae, van aanhou ten spyte van ontbering en swaarkry en van ‘n liefde vir dié land en ons taal nie? Dit is wat ons sien in die oranje, wit en blou.
Staan onder die nuwe vlag as dit jou behaag, net die tyd sal leer wat die nuwe vlag verteenwoordig; die geskiedenisboeke sal moet toelig watter groteske ellende SA se mense nou en vorentoe moet verduur onder dié nuwe een; tans waai hy oor die ondergang en van die hele SA…..
Hy kyk koud en gevoelloos toe oor die ellende wat oor almal spoel, onmagtig om die harte van dié wat hom uitgedink het, só te roer in vaderlandsliefde dat hulle ‘n einde wil bring aan die korruptes wat nou regeer.
Die nuwe een is vir my net ‘n gekleurde stuk lap, verteenwoordigend van die selfvoldaanheid van ‘n meerderheid wat ‘n minderheid met afguns kan onderdruk …

rollie ·

Behalwe vir ‘n paar verregses wat steeds aan apartheid wil vasklou, wil niemand iets met die ou vlag te doen hê nie. Verban die ding, dis duidelik dat dit minstens 90% van die bevolking aanstoot gee en nasiebou rem. Die wat wil kan dit in ‘n museum gaan besigtig.

siestog ·

asb meneer, bly liewer net stil. Jy is sonder twyfel een van die wat jou mense uitverkoop het, doen tien teen een besigheid met hierdie korrupte regering of kry een of ander vorm van bevoordeling en daarom jou blatante neersien op die ou vlag. Wat ‘n grap. Siestog inderdaad.

rollie ·

“My mense” is AL my landsgenote. Ek het geen respek vir die ou vlag nie omdat dit gesien word as simbool van ergerlike menseregte skendings gedurende ‘n periode waartydens miljoene van “my mense” verneder is. Verban die ding asb. gou.

@rollie ·

Jip, die 90% wat plunder, verbrand, verwoes en alles verniet kry!

Francois Joubert ·

Hulle kan maak wat hulle wil, maar voor my huis sal die OBB, die Vierkleur, die Konfederasievlag van die VSA permanent wapper. Ek sal vir die MRK ‘n video ook stuur.

Anoniem ·

Dit bly maar die mooiste vlag waarvoor ek respek gehad het. Met trots op aandag gestaan wanneer hierdie vlag gewapper het.

Dit is jammer dat mense die probleem by die vlag soek, maar nie by hulle hart nie want dit is waar die eintlike probleem le. Dit moet seker vreeslik afbrekend wees om aan so ‘n verskriflike minderwaardigheidskompleks te ly.

Nuwe landsvlag – Suid-Afrika = Rommel Land

Arno ·

N stuk lap is haatspraak, maar “Kill the farmer, Kill the Boer” “One settler, One bullet” is aanvaarbaar!!!!!

ACJ ·

Amanda die een wat gese het die vlag moet verbrand word is die een wat gister gekerm oor die predikant van Gysie se dogter se begrafnis genoem het die kinders is dappermuise.(Sekere Bolla of Bollie sy maak my siek)

bollie ·

ACJ – Ek weet nie waarvan jy praat nie. Kry jou feite reg asseblief.

Jakes Jacobs ·

Wat is reg in die oë van die ANC, niks is reg nie, alles moet vernietig word. Lukas Mangope was ‘n man so na aan my hart. Toe sy mense die skole afbrand, het hy gesê, dat die staat nie weer daardie skole gaan her bou nie, die ouers en leerders het self daai skole herbou en dit was die laaste dat daar ‘n skool afgebrand was.

Kraai Hartzenberg ·

Ek vra die dieselfde vrae as almal en sekondeer alle kommentaar oor ons ou vlag. Kyk net na die helder kleure van die vlag, dit het n helder toekoms voorspel, maar kyk nou na die nuwe een, hoe donker lyk die toekoms nou. Hoeveel van hulle was nie eens gebore toe die ou vlag bestaan het nie? Wake up blindes!!!!!julle kyk in kleur vas maar weet nie waaroor dit gegaan het nie. Dit is die ” one and only” vlag wat ooit in my lewe iets sal beteken en so ook vir my kinders.

Eugene ·

Ek is n trotse Suid Afrikaner wat baklei het vir hierdie land saam met swart mense, wat ook hulle lewens verloor het op die grens. Die vlag is my trots en het n plek in my huis en sal altyd daar wees, ek sal hom nie verwyder nie. Die woord apartheid het vir die ANC n probleem geword, plaas konsentreer hulle om die land op te bou en los die verlede uit.

Duppie ·

Daai vlag is ‘n simbool. Dit staan vir geregtigheid, dissipline, orde. Alles wat die ANC en hulle gespuis verag. Dit is hoekom hulle ‘n kwessi het met dit.

rollie ·

Geregtigheid, soos om die meerderheid van die bevolking se menseregte te vertrap?

Dorita ·

Dis n klugspul. Hulle sal nooit ons boere harte en boere bloed kan vernietig nie. Sal op aandag staan vir ons ou vlag en ons ou volkslied wat deel vorm van ons geboortereg en erfenis.

D B ·

Dis my probleem met die mense, hulle is altyd so behep met die verlede. Wel, die vlag is my geskiedenis, ek is daar onder gebore, en ek sal dit met trots vertoon by my huis!

Koos ·

Kyk na die datum van die saak en dit is net om die emosies op te jag vir die verkiesing. Die ANC kan nie bestaan as daar nie twee spalk is nie.

Baardman ·

Net soos die ou landsvlag mense laat onthou in die swaar wat hulle gekry in apartheidsjare so aanvaar pappa dis jou beurt voel hoe voel dit/Proe van jou eie medisyne die wiel het gedraai.

@Baardman ·

En die wiel trap op almal Pappa, nie net die wittes nie…..ek het sonder ‘n vlag nog integriteit.
SA en sy nuwe vlag struikel van een mislukking tot die volgende, op pad na dieselfde afgrond waarin die res van Afrika gestort het, ná alles suksesvol gedekolonialiseer is deur die slim bevrydingbewegings. Zim en Zanu PF is lekker naby vir ‘n voorbeeld om na te kyk terwyl jy swymel oor die wiel wat vir die wittes gedraai het…. ‘n Zim wag v jou en jou nasate…

Androclus ·

Let Wel-Die nuwe landsvlag se mense gee net terug dit wat ou landsvlag se mense aan hulle gedoen het..dis 50/50.Of jy daarvan hou of nie is jou probleem.

Slim Jan ·

Watter redenasie gaan wen?
Demokrasie is mos 2 wolwe en 1 skaap besluit oor aand ete.
Met ‘n na-draai, wat gebeur dan daarna as die ou skapie geeeit is?

Willie ·

Beheptheid het nie einde nie… Ek kan dit nog in my lewe verstaan dat die meerheid so bang is vir die minderheid! Dat die meerheid so afgunstig is teenoor die meerderheid! Get n life!

Anoniem ·

@ Baardman, ken jy die Blanke se geskiedenis? Jy sal dan tot die besef kom dat die Afrikaner baie swaar gekry het onder die Britse regering. Is jy bewus daarvan dat die Britte kinders en vroue laat sterf het in konsentrasiekampe.? Is dit volgens jou om ook swaar te kry of nie.?

Skybird ·

My Oranje Wit en Blou – tesame met die VierKleur – Vlae hang met trots in ons kuier plek. Ek het ń 1973 opvou sleepwa karavaan tent, ten volle opgeslaan neem dit 8m x 8m spasie, en die canvas materiaal van Oranje Wit en Blou kleur staan met trots in ons kamp plekke.

Magda ·

Ja ne, die vlag kan praat vandaar “haatspraak”. Hulle het al alles in die land, werksgeleenthede, die huise, besighede, wil nou die grond vat en dan nou die vlag – ai hulle is so onseker en minderwaardig en dit sal altyd so wees. Die dag as daar geen blankes in SA oor is nie kan hulle ophou om hulleself met ander te vergelyk. Wit broeders en susters – julle moet wakker word! Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer ne?

christa ·

nog nooit het ‘n stukkie lap my bang gemaak nie, maar daardie stukkie lap is my trots.

Amanda ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat daar so ‘n ophef oor die ou vlag gemaak word maar NIKS word gedoen aan ons mense wat soos vliee af gemaai word nie. Niks word gedoen aan die haatspraak, moorde, roof, verkragting wat ons daagliks moet aanskou en van lees, nie. Niks word aan hulle wat so TEEN die ou vlag is, gedoen wat “Kill the Boer, Kill the Farmer” sing nie. Niks word gedoen deur die Kommisie om ONS te beskerm nie maar daar word baklei om die ou vlag te verban. Ons Toi Toi, brand alles af, plunder dit wat ons more MILJARE rande gaan kos om te herbou, nie, as ons nie ons sin kry nie. Ons sit om ‘n tafel en bespreek dit wat krap, los die probleem op en gaan aan.
Bou aan ‘n TOEKOMS nie aan die verlede nie. Net my beskeie opinie.

aj ·

Elke mens GEE betekenis aan dinge (vlae ens.) op sy /haar eie unieke manier.

D.w.s. die konnotasies (pyn, haat, trots ens) word deur die ‘kyker’ sélf aan die objek (vlag) toegeken. Die objek (vlag) self is onbetrokke (‘dood’ en ‘onskuldig’) oor hoe mense dit ‘sien’.

Die ‘gepynigde’ ‘slagoffers’ pynig hulle dus sélf in hulle breine!

Of in ander woorde gestel ” beauty is in the eye of the beholder”. Daar bestaan nie iets ‘moois’ in die realiteit nie.

Die mooiheid is in die oog van die ‘kyker’ … in sy / haar brein. ‘n Mens ‘gee’ mooiheid aan dinge in die wêreld … elkeen volgens sy / haar unieke ervaringswêreld.

As SWARTES deur ‘n “bril” van haat, jaloesie en minderwaardigheid kyk na die wêreld rondom hulle dan ‘sien hulle oral ‘haatlike’ of vernederende dinge raak.

Slegs masochiste pynig hulle self voortdurend deur te ‘soek’ na kwetsende aspekte in alles rondom hulle.

Paranoia is ‘n siekte wat gekenmerk word daardeur dat die ‘pasient’ bedreigings waarneem … waar daar geen bedreigings bestaan nie.

Kom ons hoop dat GESONDE VERSTAND sal seevier in hierdie ‘heksejag’ teen ‘n onskuldige vlag.

Miskien is die mense SIEK!

barend ·

dit is vir my so snaaks dat die hammer en sekel vlag op al wat n komminus se hemp is en almal dra rooi ,daai simbole het lande en miljoene mense vermoor en onderdruk .nou is die mense bang vir n simboolvan vooruitgang en vrede .DIT IS DIE MOOISTE VLAG TER WERELD .TROTS OP DIE VLAG

Schalk ·

Fantasties gestel aj. Jy sien in die lewe wat is soos jy dit wil sien. Simbole is monumente van kultuur en elke mens het sy eie kultuur. Om die vlag te wil verban is ‘n bewys van minderwaardigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.