Saak oor plundery van luukse motors eers teruggetrek

Vandale takel die luukse motors (Foto: Skermskoot)

Die saak teen die tien mans wat glo deel was van die plundering van spogmotors verlede maand by The Toy Shop, ʼn motorhandelonderneming in Kaapstad, is vir eers teruggetrek.

Simon Stanfield (42), Jeffrey Pitolo (45), Keith September (47), Anzio Arnolds (41), Adiel Paul (27), Luke Pretorius (22), Kevin Kiddo (27), John Fernandez (26), Mogamat Stellenboom (25) en Jonathan Peterson (43) het Maandag weer vlugtig in die landdroshof in Kaapstad verskyn. Hulle staan elk tereg op twee aanklagte van roof, poging tot roof en kwaadwillige saakbeskadiging.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het bevestig dat die staat die aanklagte teen al dié beskuldigdes voorlopig teruggetrek het om verder ondersoek in te stel voordat hy dit weer voor die hof sal laat dien.

Maroela Media het vroeër berig ongeveer 40 mans het op 17 Februarie by The Toy Shop in Brooklyn opgedaag en die werknemers met vuurwapens gedreig. Hulle het twee van die voertuie geëis. Toe hulle nie hul sin kry nie, het hulle die luukse voertuie op die vertoonvloer met voorwerpe getakel.

Altesaam agt van die voertuie is in die proses beskadig. Van die werknemers se selfone is ook gesteel. Die tien beskuldigdes is sowat twee weke gelede vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Sjoe en so baie moontlikhede wat nou deur my kop gaan van wat moontlik hier aangaan. Hoop Toy Shop het baie wagte aangestel intussen

Mariana

Hmmm ek ruik ‘n rot. Iets klink en voel net nie reg.

Anel

Sake is nie veronderstel om terug getrek te word. Daar word uitstel gevra vir verdere ondersoek. Die staat kan ook nie ‘n saak wat ek gemaak het terug trek nie. Dit beteken dat daar dan nie aan gegaan wird met die ondersoek nie.

Roedolf Johannes

Hoop nie die versekering betaal vd herstel vd voertuie as die saak terug getrek word nie.Hoekom word n saak deur iemand gemaak en dan terug getrek.Slang innie gras

john

EN ..POEF… al die beskuldigdes het verdwyn