Saak oor SA se onttrekking aan Strafhof aangehoor

nternasionale-strafhof

Die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland. Foto: En.wikipedia.org.

Die hooggeregshof in Pretoria sal Maandag die saak aanhoor oor die regering se besluit om hom aan die Internasionale Strafhof te onttrek.

Die DA het verlede maand ʼn aansoek ingedien om regstreeks toegang tot die konstitusionele hof te kry om die saak aan te hoor. Die aansoek is egter van die hand gewys. Die DA wou die grondwetlike geldigheid toets van Suid-Afrika se kennisgewing om te begin met sy onttrekking aan die Roomse Verdrag van die Internasionale Strafhof. Die DA meen die kennisgewing is strydig met die Grondwet.

Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in Oktober ʼn kennisgewing van onttrekking onderteken.

Suid-Afrika voer aan “sy verpligtinge in terme van die vreedsame oplossing van konflik stem nie ooreen met die interpretasie van die Internasionale Strafhof en die verpligtinge vervat in die Roomse Verdrag” wat deur die hof gevestig is nie. Volgens die Roomse Verdrag is Suid-Afrika, as lid van die Internasionale Strafhof, verplig om enigiemand in hegtenis te neem wat deur die Strafhof gesoek word.

ʼn Dispuut het verlede jaar ontstaan oor ʼn besoek van die Soedannese president, Omar al-Basjir, wat deur die hof van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord aangekla word.

Al-Basjir het in Junie 2015 die Afrika-unie se beraad in Johannesburg bygewoon, toe die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) ʼn hofaansoek ingedien het om Al-Basjir in hegtenis te laat neem op grond van die Internasionale Strafhof se lasbrief vir sy inhegtenisneming. Die regering het hom egter nie in hegtenis geneem nie en ʼn hof het hom opdrag gegee om in die land te bly totdat oor sy inhegtenisneming besluit kan word. Nadat die hof beveel het Al-Basjir moet in hegtenis geneem word, is vasgestel hy het reeds die land verlaat.

Die appèlhof het later die Suid-Afrikaanse regering se versuim om Al-Basjir in hegtenis te neem as “skandelike gedrag” beskryf. Die Suid-Afrikaanse regering het einde Junie 2015 gesê hy sal oorweeg om hom aan die internasionale strafhof te onttrek as ʼn “laaste opsie” oor die Al-Basjir-dispuut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Piper ·

Wat anders dompel die ANC ons in RSA in……….net in Skandes en Skades en korrupsie en bedrog en tweedrag en diefstal en stropery van die staatskas…………die mense van Suid Afrika se geld word gestroop deur Zuma en sy Kadres……sies, mnr die President.

bokmakierie ·

sekere mense is bang hulle name kom ook voor due international straf hof.

Jef ·

Die Internasionale strafhof weet van alles wat in SA gebeur en hulle weet alles wat Zuma en Malema aangevang het en nog steeds doen maar die strafhof onderneem niks doen net mooi niks, ek wonder hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.