Saak oor sportkwotas in arbeidshof aangehoor

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in die hof. (Foto: Reint Dykema)

Solidariteit se regspan het Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg verskyn om te argumenteer dat die ministerie van sport en ontspanning se transformasiehandves tersyde gestel moet.

Die onderskeie partye se argumente kon egter nie aangehoor word nie, aangesien die respondente meen dat die saak op grond van tegniese punte uit die hof gegooi moet word.

Die respondente in die saak is die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Krieket Suid-Afrika (KSA), Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Netbal Suid-Afrika (NSA) en die minister van sport. Die groep se regspan het aangevoer dat Solidariteit hom eers tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) moes wend voordat hy na die hof kon keer vir uitsluitsel oor dié kwessie.

Daar is ook verder aangevoer dat Solidariteit nie by magte is om namens die publiek op te tree nie en dat die vakbond slegs sy onderskeie lede kan verteenwoordig.

Solidariteit se regspan het hierop geantwoord dat die saak op grondwetlike aspekte soos gelykheid en waardigheid steun en dat hy daarom nie deur die KVBA hoef te werk nie, maar hom direk tot die hof kan wend. Die vakbond meen ook die kwessie oor transformasieteikens in sport is in openbare belang en dit is daarom noodsaaklik dat die publiek antwoorde oor die saak kry.

Die hof het vandag uitspraak voorbehou oor of die saak verder aangehoor sal word of nie. Die saak sal dus eers ná die uitspraak kan voortgaan indien daar so beslis word.

Betogers buite die hof. (Foto: Reint Dykema)

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het ná die hofverrigtinge aan Maroela Media gesê dit is interessant dat die respondente verkies om op grond van tegniese punte die saak te betwis eerder as om die meriete van die transformasiehandves in die hof te argumenteer.

“Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar daar benewens ʼn gewone skeidsregter op die veld ook ʼn rasseskeidsregter is en hierdie rasseskeidsregter gee nie vir mense ʼn rooi kaart op grond van hoe jy speel nie, maar op grond van hoe jy lyk. Transformasieteikens sluit mense uit wat op grond van meriete gekies behoort te word en daarom is dit ʼn skending van die reg op menswaardigheid en gelykheid,” sê Hermann.

Hy sê die transformasieteikens is ironies genoeg ook nadelig teenoor die bevolkingsgroep wat dié teikens veronderstel is om te bevorder. “Die hang ʼn permanente bordjie om swart spelers se nek wat lees ‘Ek is ʼn kwotaspeler’, selfs al is daardie speler eintlik volgens meriete goed genoeg om gekies te word. Iemand soos die Springbok-rugbykaptein moes onlangs sy eie meriete verdedig en sê dat hy nie as ʼn kwotaspeler beskou wil word nie.”

Hermann sê transformasieteikens in sport is eintlik die gevolg van die staat se volslae mislukking om die nodige ontwikkeling in die verskillende sportdissiplines te bewerkstellig. “Daar word na die verkeerde kant van die pyp gekyk. Hulle kyk na die uitkomskant, na dit wat uitvloei, terwyl die antwoord lê by die invloeikant van die pyp, die ontwikkeling van spelers, skole en sportgeriewe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wesley ·

Solidariteit se posisie en argument is een wat ek ten volle kan ondersteun. Party mense in publieke forums sal argumenteer dat quotas moet sumier gestaak word en dat dit benadeel swart spelers ook, maar in dieselfde asem daai selfde swart spelers onder die bus gooi enige kans wat hul kan kry. Die publiek moet ook na hulself kyk en vra of dit van pas is om almal met n ander velkleur uit te kryt as een of die ander iets. Daar moet natuurlik gekyk word na die “invloei kant” van die pyp, nie net vir die vordering van sporte as sulks nie, maar vir die samelewing ook om kinders n goeie fondasie te gee vir die lewe daar buite. Sport het n groter rol om te speel as net om “sekere gesigte” te sien op televisie en diegene ryker te maak.

Liza ·

Doen jul bes Solidariteit, maar ek het nie veel hoop nie. Ek sê weer, geografiese selfbeskikking is die enigste uitweg vir Afrikaners. Los SA of Azania vir die meerderheid om mekaar te haat.

Liza ·

Die noord weskus, met die Khoisan as bure. Indien jy nie saamstem nie, bou vir jou ‘n toekoms in die RSA, hou op kla en verduur maar dit wat na jou toe gegooi word. Gaan lees vorige MM artikels oor die onderwerp waar heelwat kommentaar al gelewer is.

Joe ·

Dit wys jou 84% is swart is onder 18… en nogsteeds moet julle kwotas he om in n span te kom. Pateties.

Wesley ·

Meerderheid van die 84% leef in relatiewe armoede, word ondervoed en nie geondersteun om aan sport deel te neem nie, n versuiming van die regering, vandaar Solidariteit se posisie om te kyk na die “invloei pyp”. Jy is reg dit is pateties, maar nie van die teiken waarvoor jy mik in jou kommentaar nie. Dink voor jy tik…

hansie ·

Tom, die antwoord op jou vraag is die Wes Kaap. As Afrikaners kan ons ons selfbeskikking hier uitleef.

Johannes ·

Hi Wesley, na die Boereoorlog het ‘n brandarm Boerevolk sonder enige kwotas en regstellende aksies en hulp van ander nasies en volke hulleself uit die as uit opgewerk om een van die mees suksesvolste volke te word, op die sportveld ook. Na 25 jaar se bewind moet die swart volke steeds kwotas, swart bevoordeling, regstellende aksie en wie weet wat nog gebruik om die mas op te kom. Hoe dan nou?

Wesley ·

Nie heeltemal waar nie Johannes, daar was direkte invloed vanaf wit arm Afrikaners wat gewerk het op die mynvelde wat in 1922 gestaak het vir hul regverdige deel op die myne teen die Britte wat hul ekonomies uitgesluit het met goedkoop swart arbeid, en DF Malan wat sodoende teen hul, asook die “swart gevaar” wat hul werke bedreig het, geveg het vir Afrikaner nationalisme, en sodoende die hoekstene vir apartheid gele, wat toe gelei het dat nog verder die Afrikaner nasie bevorder word. Daar was direkte ekonomiese en sosiale steun van die regering af, sommer nie van self gebeur nie. Ek se nie sleg of goed van een kant of die ander nie, dit is net die historiese feite.

Deon ·

Joe, daardie 84% gaan nog groot probleme veroorsaak en die ANC weet nie weet hoe om armoede te verlig nie.

Liza ·

Ek stem saam Hansie. Ons kan nie van een geveg na die volgende beweeg nie. Dit moet stop en nuwe planne moet gemaak word.

Lizl ·

Jy kan nie as jy op skool is aandring dat jy voorheen benadeel was… Demokrasie is dan al 25 jaar aan die gang. Enige kind wat daarop aandring dat hy of sy voorheen benadeel was moet nie meer op skool wees. Weereens ons regering wat sommer net `n ding onwettig wil deurdruk.

Thinus ·

Mooi so Solidariteit, ons stem 100% saam met julle. Soos regstellende aksie moet hulle kwotas en wette opstel om vir hulle plek te maak oor iets wat hulle nie op meriete kan regkry nie. Is hulle dan so swak dat hulle wette en kwotas moet gebruik om iewers te kom?

Andre ·

Neem die diskriminasie internasionaal soos die ANC destyds.

Meneer ·

Nie een van die betogers is juis atletiek materiaal nie? Hoe voel die werklike atlete? Word die hele ding nie dalk gedryf deur die rooi party nie?

mills ·

Internasionale sportbeheerliggame is die grootste klomp huigelaars. SA destyds geboikot oor apartheid…nou staar hul hulself blind teen wat steeds in SA gebeur.

lewies ·

Dr. Dirk jou slot paragraaf se alles en behoort as verdere argument gebruik te word, want hierdie saak kan nagevors word tengunste van die meriete stelsel. Jou wit en swart leerling wat in privaatskole en openbare ou model C skole is en aan kwaliteit afrigting blootgestel word is meetbaar en kan jou argument oor kwotas vs meriete bevorder.

Emile ·

Niks kan meer diskriminerend wees as om te verwag dat n persoon op grond van sy velkleur by n span ingesluit moet word nie. Dit is presies wat hulle met kwotas probeer bewerkstellig. Ons het reeds 25 jaar lank n demokratiese bestel en ten spyte daarvan word dit afgedwing ten koste van goeie sportlui wat op meriete veronderstel om in spanne te wees. Dit is baie interessant dat hierdie kwotas slegs op hoofsaaklik blanke sportsoorte afgedwing word maar dat dit nie met sokker toegepas word nie. Dubbele standaarde!!!!!!

Garath ·

Persoonlik sou ek nie in ‘n span wil speel met die wete dat ek die 7de uit 11 spelers is en die kwota net-net gemaak het nie. Meriete sal gou uitwys wie is eerste en wie is 7de.
Dan wonder mens ook hoeveel kwota spelers is daar in sokker? Miskien moes die sokker vereniging ook in die saak betrek geword het.

lewies ·

Garath, het nie eers aan die sokker gedink nie, maar dit kan ‘n baie goeie aanknopingspunt word. om hulle skaamteloosheid oor hierdie saak te ontbloot

Wdp ·

Die regering gee die swartes n minderwaardigheids kompleks en veroorsaak dat hulle alles met n lepel gevoer moet word. Hulle gaan nog hulle eie nasie se ondergang beteken.

Winx ·

Kwotas is ANC regering se meganisme om weg te kruip agter hul omvermoeë om gesonde leer en sportomgewings te skep (of te kon skep) waar ALLE kinders opgehef kon word en hul talente ontgin en uitgebou kon word. Dis 25 jaar te laat, want hulle kon nie eers die basiese grondslae lê nie wat nog te sê die sosio-ekonomiese omstandighede positief verbeter. Inteendeel… alles het vergaan en die armste van arm kripeer. Dis onaanvaarbaar dat mense in vandag se lewe nog op grond van vel kleur ‘n werk of plek in ‘n sportspan moet kry sonder die nodige vaardighede of ondervinding… en ons hoef net rondom ons te kyk elke dag om die effek daarvan te sien. Daar heers ‘n gees van “die lewe skuld my iets”. En verniet. Die ANC het Suid-Afrika op ‘n skinkbord gekry. ‘n Eens pragtige land met ryk hulpbronne, natuur en wild, sterk weermag en gerespekteerde polisiemag… en goeie funksionerende staatsdepartemente. Daar is niks meer oor nie… alles is geplunder en verwronge gelaat… hoe is dit wit mense se skuld en hoekom word tot onskuldige wit kinders gepenaliseer?

LHS ·

Eintlik moet n mens hulle jammer kry, huidige leerders wat nie afrigting kry nir omrede hulle onderwysers dit nie as deel van hulle werk sien nie. Hierin lê die hele kruks van die saak.

Haan ·

“Football and beer filled up the horizon of their minds. To keep them under control was not difficult” – George Orwell (1984)

Hoewel ek met solidariteit se inisiatief saamstem, dink ek daar is tans veel belangriker dinge as rugby.

Johanna Botha ·

Kotas bee …die meeste mense is WEG ….LANDUIT ! !

Net ekke ·

Die kruks van die saak is die daarstel van n stembasis wanneer die jonges oud genoem word om te kan stem. Alles maar alles wat nou gedoen of gese word is gerig daarop om te sorg dat die anc nog vir lank sal regeer. Daarom is hulle bereid om die enkele begaafde gekleurde sportman/vrou onder die bus te gooi. Dink ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.